GOD SE KERSKAARTJIE (2)

Gister het ek ‘n paar woorde geskryf oor God se kerskaartjies en ons lees God se eerste kerskaartjie in Genesis 3:14 en 15 lees.

Die volgende kerskaartjie is in Genesis 12:1-3 waar God ‘n belofte aan Abraham maak:

“Ek sal jou ‘n groot nasie maak, Ek sal jou seën en en jou ‘n man maak en jy moet tot ‘n seën wees. Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek.  In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”

My eie verduideliking van die woorde “God se seën” is: God maak sy beloftes waar. As ‘n mens nou in gedagte hou dat God in Genesis 3:14-15 Iemand belowe wat die werk van die sonde ongedaan sal maak, dan beteken “seën” dat God daardie belofte gaan waar maak.

As die Bybel dan deurlopend die geslagsregisters in stand hou en terugvoer na Adam en Eva dan kan ‘n mens tog nie anders as om te daaraan te dink dat die Bybel ons aandag daarop wil vestig dat God nie sy belofte aan  Adam en Eva vergeet het nie, en dat Hy besig is om daardie belofte waar te maak.

Die belofte aan Adam en Eva en ook aan Abraham het gedeeltelik in vervulling gegaan toe die Messias, Jesus die Christus in Betlehem gebore is, maar in besonder toe Hy aan die kruis sterf en deur sy sterwe en opstanding die mag van die sonde gebreek het en daardeur God se belofte aan Adam en Eva en Abraham vervul het. God seën die mense van hierdie wêreld wanneer Hy  deur die opstanding van Jesus Christus die slang van Genesis 3 se kop vermorsel en deur sy sterwe die vrede tussen God en mens en mens en mens en mens en skepping weer moontlik te maak.

Maria het dit ook nie anders verstaan nie. In haar loflied in Lukas 1:54-55 sing sy hierdie woorde:

“Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom deur te dink aan sy beloftes van ontferming soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.”

Sal ons nie ook hierdie kersfees ‘n Christusfees maak en saam met Maria hierdie loflied sing nie?

Sing saam: Prys die Heer alle volke en nasies…

17 thoughts on “GOD SE KERSKAARTJIE (2)

Add yours

  1. Hi Attie

    En wat so great is, is dat God vir ons elkeen die keuse gee om deel van hierdie belofte te word. Jesus het klaar vir elkeen gesterf, al wat ons moet doen is om Hom (Jesus) aan te neem en dan is hierdie geskenk ook vir ons bedoel.

  2. Ons het net gisteraand weer Maria se loflied gelees. Ek kan dit myself nie indink nie, as ek sy was het ek moontlik in ‘n hoekie gaan sit en bewe van vrees, want sover ek kan aflei was sy bitter jonk en ongeletterd. Wat sy geweet het moes sy maar by ander gehoor het. (soos die meeste mense van daardie tyd). En tog het sy die geloof en vertroue gehad om ‘n lied te sing! Amazing! Maar ja Attie, hierdie Kersfees is vir my en myne nie net ‘n Christusfees nie, maar ook ‘n dankfees… Hy is so goed en so getrou! Prys die Heer alle volke en nasies

  3. Liewe Doom

    Ek vra om verskoning vir my neerhalende aanmerkins op hierdie site, as jy die nie wil post nie sal ek verstaan, en jou nie kwaalik neem nie, maar ek sal baie ondankbaar wees as ek nie vertel wat die Here vir my gedoen het nie

    Na amper 6 maande van ateisme, het ek alles verloor, van more toe staan ek op en vat die bybel wat oorle pa vir my gegee het en maak dit net oop op soek na ‘n antwoord, “toevallig” maak ek oop op Joel 2:12-14 wat my pa destyds gemerk het toe hy geleef het, toe weet ek die Here het my weer gevind, ek is dankbaar vir die liefde en straf van die Here, hy so my nie gestraf het as hy my nie lief gehad het nie.

    Ek het 3 en ‘n half maande terug my werk verloor in Dubai, ons het al ons meubels verloor, al wat ons oor gehad het was ons klere en ‘n paar goetjies, steeds het hy ons gedra, en teen alle odds het die Here by ons gestaan en ons nie eenkeer versaak nie, ons het nie geweet waar ons gaan bly nie, maar Hy het voorsien, ons het elke dag kos gehad, ons kinders kon skool toe en ons kon ‘n kar kry vir my vrou om werk toe en terug te gaan, 3 en ‘n half maande lank.

    Vandag toe soebat ek die Here vir ‘n werk, want ons is op ons laaste ons geld is amper klaar en my en die kinders se visums verval ‘n week van vandag af, ek bel my broer toe en vra hom toe vir geld om terug te kom SA toe, toe hy vir my se dat hy ‘n groot kontrak gekry het en dat hy vir my ‘n werk het.

    As ek rasioneel sou handel so niks van die bogenoemde moontlik gewees het nie, Ek besef vandag hoe afhanklik ek van die Heer is en al het ek my rug op hom gedraai en al was ek hoe arrogant, het Hy nie sy rug op my gedraai nie, nie eenkeer nie, my ook nie versaak nie.

    Die Here sal ons nooit versaak nie!!

    Tiens

  4. Tiens, miskien was hierdie ‘site’ ook daar vir jou vir n rede. Wie weet. Geluk dat jy kan skuus vra! En sterkte! Mens kan nie alleen loop nie!

  5. Tiens – welkom terug!
    Andries – dan help Hy ons nog om daardie keuse te maak.
    Pikkleik – Ek het nou die dag ‘n boek gelees oor die lewe van Maria soos ons haar in die Evangelies leer ken – al wat ek kan sê, is sy was nie ‘n lammetjie nie.
    Twyfelaar – ons sing saam.
    ou vriendin – altyd lekker as jy hier inloer, stem saam met jou oor ons vriend Tiens.

  6. Ice: EK dink ook dit is dapper van Tiens om te reageer. Hy kon maar net stilgebly het en aangegaan het met sy lewe, en niemand sou geweet het nie.

  7. Nee niemand sou geweet het nie, maar dis baie beter om goeie nuus met andere te deel. Ek laaik dit om saam met ander bly te wees. En deur Tiens se getuienis kan andere ook geraak word, sodat hulle tot aksie kan oorgaan.

  8. Baie dankie vir die ondersteuning Doom en vriende, vandag het ek die werk waarvoor ek 3 en ‘n half maande gewag het gekry ek sien die bestuur van die nuwe maatskappy sondag( ons maandag) 10:30, nogmaals baie dankie

  9. Ag weet jul Pikkie & ICE, ek het altyd gedink ek moet my God uitkom, ek het gesoek en gesoek, was al in baie verskillende kerke, ek het orals gesoek en niks gekry nie, maar toe ek down en out was toe kry God my, ek verstaan vir eerste keer om ‘n verhouding met die Here te he. dat die Here my werklikheid is, dat Hy nie petty en onverdraagsaam is nie, Sy liefde deurdring alles.

    Vir die eerste keer kan ek saamgesels met mede gelowiges en uit eie ervaring getuig, dis nie meer hoorse of boeke kennis nie, Die Heer self het na my adres gekom en my opgetel.

    Dis die beste gevoel wat ek nog belewe het.

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.

Up ↑