Ongeveer 900 jaar na God se tweede kerskaartjie (Gen 12:14 en 15) maak God weer ‘n belofte, hierdie keer gebruik die Here die profeet Natan om die kerskaartjie te skryf in ‘n belofte aan koning Dawid dat die Messias uit sy nageslag gebore sal word. Ons lees die seënwens van die kerskaartjie in 2 Samuel 7:16-17.
“Wanneer jy te sterwe kom en jy by jou voorvaders rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun koning maak en aan hom ‘n bestendige koningskap gee. Hy sal vir my Naam ‘n huis bou, en Ek sal sy koningskap vir altyd laat voortbestaan. Ek sal vir hom ‘n Vader wees en hy sal vir My ‘n seun wees. As hy ontrou is, sal Ek mense gebruik om hom te straf, hom te kasty. Maar my trou sal Ek nie aan hom onttrek nie soos ek dit aan Saul onttrek het om vir jou plek te maak nie. Jou koningshuis en jou koningskap sal vir altyd vas staan; jou troon sal altyd voortbestaan.”
In hierdie verse is daar twee beloftes. Die eerste belofte gaan oor Dawid se seun Salomo wat die tempel sou bou wat Dawid graag wou bou. Die tweede belofte is dat die koningshuis van Dawid en sy koningskap vir altyd vas sal staan en vir altyd sal voortbestaan.
En so het die Joodse volk gewag op die Messias wat uit die nageslag van Dawid gebore sou word en die skrywers van die Nuwe Testament het op verskillende plekke die koms van die Here Jesus gesien as die vervulling van daardie belofte aan Dawid. Bv. in Lukas 1:32-33 word dieselfde taal gebruik:
“Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”
En vandag is ons as gelowiges die nageslag van Jakob wat leef onder die heerskappy van die Koning van die konings, Jesus Christus gebore in Betlehem wie se geboorte ons elke jaar met Kersfees vier.
God se kerskaartjie…
Sing saam: Hy is die Koning van konings, Hy is die Here oor almal…
Amen, is ons darem nie erg geseënd nie???
Doom Attie, ek het nou al drie Kerskaartjies gelees. Wonderlike boodskap in elkeen. Dankie.
Mag hierdie Christusfees vol liefde wees vir julle Doom. ‘n Baie geseënde Kersfees vir jou en jou familie.
Baie geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwe jaar vir jou en jou geliefdes!
Kersgroete
Doom Attie – ‘n wonderlike Geseënde Kersfees vir jou en jou mense. Ek wens julle vreugde, blydskap en vrede toe! ♥♥♥
Hi Doom
Dankie vir die kaartjies. ‘n baie Geseënde Kersfees vir jou, Renate en gesin hier vanuit ‘n koue, nat Dunedin(NZ). Ek verlang nie nie net na die warm weer van Rustenburg nie maar ook die warm harte van ons mense in Suid-Afrika. Ek hoop Doom gaan bietjie vir ons blog oor wat vandag daar in Rustenburg gebeur het.
Groete tot ons mekaar weer sien.
help my met net n bietjie kos
Vir almal wat hier kommentaar gelewer het, wil ek verskoning vradat ek nou eers reagee, maar die paar dae voor kersfees was ‘n bietjie rof en ons kom vandag (Sondag 28 November) terug van Pietersburg – bietjie by familie gekuier.
Dankie vir al die goeie wense, en Etienne – ons mis julle ook. Ons kan ook nie wag om te hoor wat alles daar by julle gebeur het nie.
sydney… ek weet nie presies wat jy bedoel nie, maar jy kan gerus by kontak my persoonlik ‘n boodskap stuur.