Die gebruik van kerkskaartjies het in ‘n groot mate uitgesterf.
Toe ons kinders was, was dit nogal ‘n redelike groot aktiwiteit. ‘n Groot aantal kerskaartjies is gekoop en dan het ons ‘n lys gemaak van al die mense vir wie ons kerskaartjies wou stuur. Die gesin, of die individu wat die kaartjie stuur, se naam is in die kaartjie geskryf en soms met nog ‘n persoonlike boodskappie, dan is die koevert geadresseer en gepos. In daardie tyd het die poskantoor ook aan die begin van Desember begin waarsku dat mense hulle kerskaartjies vroeg moet pos as hulle wil hê die kaartjies moet voor kersfees hulle bestemming bereik.
In ons huis is die kerskaartjies wat ons gekry het, op ‘n plek uitgestal waar enige iemand, selfs besoekers die kaartjies kon lees. Elke keer as die pos uitgehaal is, het ons vir mekaar gesê watter nuwe kerskaartjies gekom het. Op die manier is ons herinner aan kersfees wat aan die kom was.
Die Here het vir ons ook ‘n kerskaartjie gestuur – inteendeel, ‘n hele paar. Voordat “kersfees” – die geboorte van die Messias, die Verlosser daar was het God reeds sy seën wense vir ons gestuur. Lees voort “GOD SE KERSKAARTJIE”