Don Everts en Doug Schaupp het ‘n boekie geskryf met die titel “I Once was Lost.” In die boekie beskryf hulle die roete waarvolgens ‘n “post-moderne” mens tot geloof in die Here Jesus Christus kom. In plaas van die beeld “verlore” (Wie wil as ‘n verlore mens bestempel word?) gebruik hy die woord verdwaal. Die mens het verdwaal oppad na die bestemming wat God vir hom/haar bepaal het.
Gelukkig is daar weer bakens (padtekens) wat die persoon wat verdwaal is help om weer die regte paaie en afdraaie te neem om by sy/haar bestemming uit te kom.
Ek het tot bekering gekom in reaksie op die vraag: “As jy vanaand doodgaan, waarheen gaan jy?” Ek het gedink ek gaan hemel toe, maar toe kom die tweede vraag: “Sê nou jy kom in die hemel en die Here vra vir jou ‘Hoekom moet Ek jou in die hemel toelaat?’ wat gaan jy antwoord?” Daarop het ek blykbaar nie ‘n geoeie antwoord gehad het nie, en die Here het daardie gesprek gebruik om my lewe om te draai tot waar ek vandag is. Uit my ervaring met tieners en ander jongmense, weet ek dat hierdie “tegniek” nie meer effektief is nie.
Vir die mens van vandag is die pad na geloof baie meer ‘n proses as ‘n enekel gebeurtenis.
Die Bybel gebruik die beeld van ‘n plantjie wat deur verskilende fases van groei gaan, maar die groei bly steeds vir almal ‘n misterie – ‘n gehemenis. So is die pad na geloof ook meestal ‘n misterie, maar tog is dit ook moontlik om naastenby ‘n idee te hê van die verskillende bakens (padtekens) langs die pad. Hierdie bakens lyk natuurlik anders vir elke persoon en elke mens beweeg teen sy of haar eie pas deur hierdie vyf bakens.
1. ‘n Beweging van wantroue na vertroue. ‘n Groot deel van die mense van ons tyd vertrou Christene nie en omdat hulle Christene nie vertrou nie, is hulle nie bereid om saam met hulle na te dink oor Jesus nie. Die eerste baken waarby mense verby beweeg is die baken waar jy wegdraai van wantroue en ‘n Christen begin vertrou.
2. ‘n Beweging van belangeloos na belangstellend. Selfs mense wat Christene vertrou, stel nog nie noodwendig belang om meer van Jesus te weet nie en daarom is die volgende afdraai wat geneem behoort te word die afdraai na belangstellend waar die persoon vrae oor Jesus Christus en oor God begin vra.
3. ‘n Beweging van weerstand teen verandering na oop vir verandering in sy/haar lewe. Hierdie is dikwels die moelikste afdraai om te neem. Alhoewel mense Christene vertrou en baie oor Jesus Christus gesels, is hulle nog nie gereed om hulle eie persoonlike lewens te ondersoek en in die proses oop te wees vir moontlike verandering in sy/haar lewe nie.
4. ‘n Beweging weg van ronddwaal na eerlik soekend. DInk aan “window-shopping”. In plaas van net rondstap en kyk na al die interessante dinge in die winkelvensters, is hierdie persoon besig om te kyk omdat hy/sy op soek is na iets – na God self.
5. ‘n Beweging tot in die koninkryk van God. Hierdie is die laaste afdraai na die bestemming, ‘n bestemming wat God reg van die begin af vir ons bedoel het – ‘n lewe binne die koninkryk van God gebou op geloof in die Here Jesus Christus en sy sterwe aan die kruis.
Die “tegniek” waarmee ek tot bekering gekom het, het my lewe dramaties verander, maar soms wonder ek of daardie “tegniek” mense nie dalk so gereed maak vir die hemel dat hulle vir niks op aarde goed is nie. ‘n Tegniek waar ons baie bekeerlinge het, maar bitter min getroue volgelinge van die Here Jesus.
Ek wonder of jy ook dalk iets van hierdie roete beleef het?
Ek wonder of jy dalk ‘n idee het van waar jy jou op hierdie roete bevind?
Doom
Jy is verseker reg, dis nie net een enkele gebeurtenis vir almal nie. My proses het meer as drie jaar geneem, daar was met tye dat ek geestelik so sterk gestaan het, dat ek die hele wêreld wou aanpak, verkeer stop en die mensdom RUK uit hul slaap. Ander weer waar ek net hartseer kon toekyk oor dit wat om ons afspeel. Nou is ek meer rustig oor die GROOT begrip, maar verlang na daardie ongelooflike borrelende opwelling van “MENSE, HOOR!” Die vlees sal maar altyd eenkant toe probeer neuk, selfs wanneer die siel gered is. Ai.
Ds Attie
Die pad van verdwaal het vir my begin nadat ek van my vertroue in God self verloor het. Amper in dieselfde volgorde het dit my belangstelling en entoesiasme gedemp. Ek het geweet ek is verkeerd, maar kon myself net nie terug draai nie. Hoe dieper ek in die gat geval het, hoe meer het ek verlang na God. Ek veronderstel dit is tussen die soek na God en waar geloof en volharding inskop om weer die koninkryks pad te stap. Soms wonder ek net, hoekom maak God dit nie makliker vir n mens as jy dan so graag weer die regte pad wil loop nie?
Ek dink ek is op daardie punt wat ek soek en ek weet waarna soek ek, maar ek sal nie weet as ek kry wat ek soen nie.
Doom Attie ek kan uit ervaring getuig dat die 5de trappie op die leer dalk die moeilikste een is om op staande te bly, want hier word geloof gelouter en dikwels tot die uiterste beproef, want die Bose weet sy tyd is min.