VERDWAAL (2)

Don Everts en Doug Schaupp het ‘n boekie geskryf met die titel “I Once was Lost.” In die boekie beskryf hulle die roete waarvolgens ‘n “post-moderne” mens tot geloof in die Here Jesus Christus kom. In plaas van die beeld “verlore” (Wie wil as ‘n verlore mens bestempel word?) gebruik hy die woord verdwaal. Die mens het verdwaal oppad na die bestemming wat God vir hom/haar bepaal het.

Gelukkig is daar weer bakens (padtekens) wat die persoon wat verdwaal is help om weer die regte paaie en afdraaie te neem om by sy/haar bestemming uit te kom.

Ek het tot bekering gekom in reaksie op die vraag: “As jy vanaand doodgaan, waarheen gaan jy?” Ek het gedink ek gaan hemel toe, maar toe kom die tweede vraag: “SĂȘ nou jy kom in die hemel en die Here vra vir jou ‘Hoekom moet Ek jou in die hemel toelaat?’ wat gaan jy antwoord?” Daarop het ek blykbaar nie ‘n geoeie antwoord gehad het nie, en die Here het daardie gesprek gebruik om my lewe om te draai tot waar ek vandag is. Uit my ervaring met tieners en ander jongmense, weet ek dat hierdie “tegniek” nie meer effektief is nie.

Vir die mens van vandag is die pad na geloof baie meer ‘n proses as ‘n enekel gebeurtenis. Lees voort “VERDWAAL (2)”

Blog at WordPress.com.

Up ↑