Ek het Dinsdag verdwaal – ernstig verdwaal. So erg verdwaal dat ek nie eers kans sien om dit hier te noem nie.
Ek het ‘n GPS, maar die ding se kop het deurmekaar geraak en my net nog meer laat verdwaal. Ek het instruksies gehad oor hoe ek moes ry, maar ek het eerder die GPS vertrou – dit is waarskynlik die belangrikste rede waarom ek verdwaal het. Ervaring het my geleer dat die GPS gewoonlik vertrou kan word, hierdie keer was dit nie so nie. Op die ou end het ek besluit om op my intuïsie staat te maak. Ek het naastenby ‘n idee gehad waar die snelweg is, want dit is waar ek moes wees, , maar nog steeds het dit my lank gevat om daar uit te kom. Op die ou end het ek in Sandton gaan draai.
Ek het ook twee stelle aanwysing gehad. Die een het die pad aangedui waar ons die nag sou slaap en die ander een het die pad aangedui waar die byeenkoms gehou is. Nodeloos om te sê dat ek eerste by die plek opgedaag het waar ons moes oornag.
Mense hanteer verdwaal op verskillende maniere. As my vrou daar was, sou sy lankal gestop het en gevra het watter kant toe nou. ‘n Vriendin van my raak gewoonlik so vasgevang in die mooi omgewing, of in die gesprek, dat sy nie eers agterkom sy is verdwaal nie.
Ander mense raak weer verdwaal en vra rigting en sien dan nie kans om die inligting wat die persoon gegee het te vertrou nie en volg dan baie kere sy/haar eie kop – met die gevolg dat die verwaal net erger raak.
Hoe maak jy as jy verdwaal?
Dagse Attie
Nee ek is seker maar ‘n slegte voorbeeld vir die stereotipe man, maar ek vra eerder voor ek te veel tyd mors met verder verdwaal. Natuurlik maak ek dubbel seker van die aanwysings en gaan google die area se kaarte, voor ek ry, as ek nie seker is nie. 😳
Groete
Hi Doom
Ek raak kwaad, vir my self maar ook as die “aanwysing” verkeerd is – wat gewoonlik is, dit kan mos nie EK wees nie. Dan sit ek die radio sagter(weet nie hoekom nie). En dan probeer ek ook eers op my eie in die regte rigting ry(as jy verdwaal is, hoe weet jy wat is die regte rigting?). As niks werk nie en my brandstof begin op raak sal ek vra.
Ds Attie
Gewoonlik het ek n goeie idee van die algemene rigting en indien ek dan nie regkom nie sal ek vra. Ongelukkig doen ek nie dieselfde wanneer ek weet ek is op die verkeerde lewenspad nie.
Ek maak 100 keer seker ek het die regte kaarte en goeters, want ek freak bietjie uit as ek verdwaal. Dit hang ook natuurlik af waar ek verdwaal en watter tyd van die dag dit is…Ek haat verdwaal en sal baie vinnig iemand soek om te vra!
Verdwaal is nie lekker nie. Hier in die vreemde kan dit mens nogal ontsenu…totdat jy besef dat jy hier kan verdwaal nes jy wil – dis nooit onveilig nie. Daarom verdwaal ek maar eerder in Korea as in SA.