Liturgie vir stilwees (3)

TOETREDE

“Wees stil en weet Ek is die Heer.” Here, God, U woorde en U nabyheid lei my ook in hierdie oggend na waters van rus en vrede, die heerlikheid van U nabyheid.

VRYHEID

U het my geskep om in vryheid te lewe. Vry om die vreugdes van die lewe te geniet soos U dit geskep het. Here God, gee dat ek in hierdie vryheid sal lewe soos U dit bedoel het, in besonder met volledige vertroue in U liefdevolle versorging.

TEENWOORDIGHEID

Ek wil U bewus wees van U teenwoordigheid sodat ek vandag wanneer ek lewe bewwus kan wees van U teenwoordigheid. Leer om U teenwoordigheid raak te sien in ander. Vul my hart met dankbaarheid vir die tye wat ek U liefde deur die sorg en omgee van ander kon beleef.

DIE WOORD

Matteus 4:1-11 Die versoeking in die woestyn

(Mark. 1:12-13;Luk. 4:1-13)
Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.
Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.”
Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe:
 “’n Mens leef nie net van brood nie
maar van elke woord wat uit die mond van God kom.
Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe:
 “Hy sal sy engele oor jou opdrag gee
 “en:
 “Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip sal stamp nie.
 Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.
Toe neem die duiwel Hom na ‘n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.”
10 Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe:
 “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
11 Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.

 

NADINK (MEDITASIE)
  • Ek dink dikwels aan die versoeking in die woestyn as Jesus se nadenke oor die roeping en die taak wat Hy met sy doop ontvang het. Menslike versoekings, soos die wat ons daagliks beleef is deel van Jesus se lewe.
  • Hoe hanteer ek die versoekings om selfsugtig te lewe en net aan myself te dink en altyd my eie behoeftes eerste te stel?
  • Is ek dalk in die versoeking om raakgesien te word of mense se aandag te trek of gewild te wees?
  • Hoe hanteer ek die versoekings van mag en invloed en om beheer te hê oor ander, in plaas daarvan om ander te dien, vriendelike te wees en alle mense met respek te behandel?

JOERNAAL

Jy kan jou gedagtes van nadink/meditasie in ‘n geestelike dagboek of joernaal skryf.

GEBED/GESPREK

(Gebruik hierdie gebede om jou gesprek met God verder te neem deur daarop uit te brei.) 

Terwyl ek onthou dat ek steeds in die teenwoordigheid van die lewende Here is, verbeel ek my dat Hy self langs my sit of voor my staan. Hy nooi my uit om alles vir Hom te sê waaroor ek dink en wonder en dalk bekommerd of opgewonde is. Ek praat met Hom soos ek met ‘n vriend sou praat.

LEEF

Ek neem nou my kruis op en volg U die wêreld in met ‘n dankbare hart, vol verwagting dat U reeds voor my uitgegaan het en my in die alledaagse gaan ontmoet.

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s