Liturgie vir stilwees (2).

TOETREDE

Here God, U is my God en my Skepper. U is hier. Wees naby my. Ek verlang om by U te wees.

VRYHEID

Lei my deur U Gees om altyd my vryheid so te gebruik dat ek sal kies om U heilige wil te doen en nooit vergeet dat U die Een is vat vra wat U wil en dan dan gee wat ek nodig het. Ek kies opnuut weer vir gehoorsaamheid aan U.

TEENWOORDIGHEID

In U teenwoordigheid vra ek vir myself:

Wat is voorop in my gedagtes vanoggend?

Is ek moeg? Waaroor is ek bekommerd? Wat tap my energie?

Here, hierdie ….. is my gedagtes en bekommernisse. Ek laat elkeen van die dinge met vertroue by U.

DIE WOORD

Lukas 9:22-25

“want,” het Hy gesê, “die Seun van die mens moet baie ly, deur die familiehoofde, priesterhoofde en skrifgeleerdes verwerp word, en Hy moet doodgemaak word, en op die derde dag opgewek word.”
Om Jesus te volg
(Matt. 16:24-28; Mark. 8:34 – 9:1)
23 Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, 24 want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou. 25 “Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan?
NADINK (MEDITASIE)
  • Op die tweede dag in Lydenstyd raak ons bewus van die lyding wat vir Jesus voorlê.
  • Ons weet van die kruis wat Jesus gedra het. In hierdie verse word die volgelinge van Jesus daaraan herinner dat hulle lewe ook kruisdra gaan behels. Kruisdra behels dikwles dat ek die keuse sal maak om die regte ding te doen en nie die maklike nie. Watter keuse(s) lê vir jou voor?
  • Sukses, of ware vervulling, word vir ‘n dissipel van Jesus Christus nuut gedefinieer. Nie die “wins” waarna die wêreld jaag nie, maar sukses is ‘n lewe waar ek daarin slaag om telkens weer die regte ding te kies en nie die maklike nie. Byvoorbeeld: gasvryheid, vrygewigheid, mededeelsaamheid, respek, liefde.

JOERNAAL

Jy kan jou gedagtes van nadink/meditasie in ‘n geestelike dagboek of joernaal skryf.

GEBED/GESPREK

(Gebruik hierdie gebede om jou gesprek met God verder te neem deur daarop uit te brei.) 

Open my oë sodat ek in hierdie dag in U voetstappe kan volg.

Leer my om U te vertrou. Vanoggend vertrou ek U vir…

Dankie dat U my onvoorwaardelik liefhet en altyd in my lewe aan die werk is.

LEEF

Vader, Seun, Heilige Gees, aan U al die eer.

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

2 responses to “Liturgie vir stilwees (2).

  1. Christelle van der Walt

    Ek kan nie glo wat ek sien nie? Hier uit die bloute nuus van jou. Ek probeer jou goed oopmaak, netwerk probleme.

    Christelle vander Walt

  2. Christelle van der Walt

    Ek sal graag alles deur lees, sodra ons krag en water net eers weer reg is hier waar ons bly. Eending ek gaan nie sommer weer my kommentaar lewer want soos in die verlede word mense kwaad vir my ophalings plaas van om dieper te kyk want baie verstaan nie wat ek se en dan is daar onmin en dit verstreur my. Jy weet Attie ons het nog nooit ontmoet en om ‘n mens se diepste hartsgeheime met iemand vreemd te deel so op die net is ook nie goed nie. Hierdie terrein is heilig, om die waarheid te se ek beskou dit as hoog heilig nie vir enige oog en ore te bedoel nie.

    Christelle vander Walt On Mar 2, 2017 9:09 AM, “Christelle van der Walt” wrote:

    > Ek kan nie glo wat ek sien nie? Hier uit die bloute nuus van jou. Ek > probeer jou goed oopmaak, netwerk probleme. > > Christelle vander Walt > On Mar 2, 2017 7:57 AM, “Attie se koffietafel.” comment-reply@wordpress.com> wrote: > >> attie posted: “TOETREDE Here God, U is my God en my Skepper. U is >> hier. Wees naby my. Ek verlang om by U te wees. VRYHEID Lei my deur U Gees >> om altyd my vryheid so te gebruik dat ek sal kies om U heilige wil te doen >> en nooit vergeet dat U die Een is vat vra wat U wil” >>

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s