NOORDELIKE SINODE EN ZIMBABWE

Die gemeentes in Rustenburg is deel van die Noordelike Sinode. Ons het van Dinsdag tot Donderdag by Weesgerus naby Nylstroom bymekaar gekom. Ek was deel van die taakspan wat die Sinode help beplan het, en dit was een van die redes warom ek so lank laas kans gekry het om te “blog”.

Die drie NG gemeentes in Zimbabwe (Daar was voorheen baie meer), is ook deel van die Noordelike Sinode. Een van die dinge wat vir my uitgestaan het, was toe die predikant in Harare, Piet van Vuuren, se vrou Grieta vertel het van hoe dit in Zimbabwe gaan. Sy was in Suid Afrika om inkopies te doen vir die mense in Zimbabwe terwyl Piet, die Sinode bygewoon het.

Die hele Sinode was doodstil terwyl ons na Crieta se getuienis geluister het. Sy het vertel hoe die blankes in ZImbabwe al hoe minder raak en hoe moeilik die situasie in Zimbabawe regtig is. Sy het ook vertel hoe die gemeenstes en gemeenskap besig is om voor te berei vir die “na-Mugabe” tyd en hoe taal en kultuur verskille feitlik geen rol speel in die kerk in Zimbabwe nie. Sy het onder andere vertel van ‘n vroue konferensie wat hulle vir 140 vroue gereël het. Uit die aard van die saak kon die vroue nie self vir die konferensie betaal nie, maar op een of ander manier het hulle dit reggekry om deur ‘n borg vir die konferensie te betaal en vir elke een van die vrouens wat daar was drie maaltye per dag te gee.Meeste van die vroue kon onthou wanneer laas hulle drie maaltye op ‘n dag geëet het nie.

Die Noordelike Sinode stuur van tyd tot ‘n “container” met kos en ander noodsaaklikhede (bv. mediese voorraad) na Zimbabwe toe en het reeds met ‘n noodfonds begin vir die “na-Mugabe” tyd. Sy het vertel hoe die kos wat in die “container” daar aankom uitgedeel word aan enige iemand in die gemeenskap wat kos en mediese middele nodig het, maar dit is nooit genoeg nie.

Ons het ‘n dankoffer opgeneem vir die mense in Zimbawe en die sinode-gangers het met kos-vooraad Sinode toe gekom wat saam met Piet en Grieta terug is Zimbabwe toe. Sommige van die Sinode-gangers het hulle reistoelaag net so aan die noodfaons gegee. Die dankoffer was R23 000 rand, die reistoelae wat geskenk is uitgesluit.

Terwyl sy dit vertel het, het daar in die sinode-gangers se harte ‘n onbeskryflike empatie vir die mense in Zimbabwe ontstaan. Toe sy klaar was het ons vir die kerk en die mense in Zimbabwe gebid en mense het met groot passie en hartseer vir die mense van ZImbabwe gebid. Ons vertrou dat die Here die kerk in ZImbabwe sal gebruik om hoop te bring en ‘n verskil te maak.

Ek is trots daarop om deel te wees van Christene wie se harte oopgaan vir mense wat so swaarkry. Mag die “na-Mugabe” tyd vinnig aanbreek.Mag ons as Christene meer en meer hoop bring en ‘n verskil maak.

Advertisements

3 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

3 responses to “NOORDELIKE SINODE EN ZIMBABWE

  1. eilandkind

    Ai, dankie vir die deel. Dit is regtig ‘n vreeslike tyd. Mag die Here gou vir hulle uitkoms gee.

  2. Alec

    Ek het saam ‘n man van zim. my kamer gedeel by die sinode. Sy reaksie die eerste dag was “sjoe maar hier is baie kos!” Dit het my getref want ons sien elke dag kos en dink nie eers meer daaraan nie. Hy het vir ons vertel van die groot proses om ‘n brood te koop en dan het jy nog niks om op die brood te sit of saam die brood te eet nie. Die mooi was toe hy vertel van ALLE Christene wat saam aanbid en saam mekaar versorg op ‘n manier wat my skaam gemaak het vir ons gestry oor onbelangrike dinge.

  3. Riesa

    Onsse mense in die land van heuning besef nie aldag hoeveel seeninge ons het nie, en kla met witbrood onder die arm. Kom ons bid en dank ons Vader vir wat ons elke dag as vanselfsprekend aanvaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s