Die vraag wat in hierdie week tydens die Noordelike Sinode se byeenkoms by Weesgerus in my hart begin leef het is: “Kan verskillende generasies in die kerk van die Here Jesus mekaar se hande vat en saam die koninkryk van God in Suid Afrika en in die wêreld bou?”
Die verskillende mense wat telkens saam met my aan die tafel gesit het, het hierdie vraag by my laat ontstaan. Daar is eers diegene wat in die tyd voor 1994 reeds ‘n betekenisvolle rol in die kerk gespeel het; daar was ook diegene (soos ek self) wat eers na 1994 daarin kon begin slaag om enigsins ‘n rol in die kerk te speel; dan was daar ook die jonger groep wat so pas begin het om hierdie rol te speel of in die nabye toekoms ‘n rol sal begin speel.
Ek hoor in die eerste plek die stemme van die jonger garde wat opgaan en pleit dat daar meer en beter na hulle geluister moet word indien ons regtig ernstig is daaroor dat die kerk die “post-moderne” tyd moet oorleef.
Ek hoor ook die groep wat veral in die wandelgange (Uit vrees vir onverdraagsame reaksie teen hulle) pleit dat ons nie moet vergeet dat die oorgrote meerderheid van die kerk nog nie herstel het van die reuse veranderings waaraan hulle na 1994 gewoond moes raak nie, en dat die kerk baie keer die enigste behoudende faktor was waaraan lidmate in ‘n onstuimige tyd kon (selfs kan) vashou.
Ek hoor ook die stem van die derde groep, die groep wat wel besef dat mense van die post-moderne era ‘n unieke vorm van bediening van die kerk gaan vra en dat die kerk sekere aanpassing sal moet maak. ‘n Groep mense wat besef dat hulle nie heeltemal toegerus is om dit te doen nie, en daarom hulle bes probeer om soveel as moontlik van hierdie generasies te wete te kom. Dit is ook duidelik dat hierdie nuwe bedieningstyl nie ten koste van die huidige geslagte geïmplemnteer kan en moet word nie.
Die vraag waarmee ek worstel is of die kerk suksesvol daarin sou wees om tog hierdie drie generasies by mekaar te hou. Aan my tafels (Elke keer ongeveer 12 mense) waar ek gesit het, was al drie hierdie generasies elke keer teenwoordig. Daar was die ouer geslag wat geskop het teen enige vorm van verandering ter wille van die nuwe geslag (Dalk sou iemand hulle hardkoppig wou noem), maar daar was ook in hierdie geslag die wat geweet het dit is nodig maar nie weet hoe dit gedoen moet word nie.
Daar was ook die middelgeslag wat bereid is om by mekaar en by ander te leer, maar die hele tyd sukkel om sin te maak uit dit wat hulle hoor. Daar was in hierdie groep natuurlik ook die wat baie gerieflik was in waar hulle was en is, en nie die bootjie wil skud nie, omdat hulle iets van hulle gemaklikheid sou verloor.(Sommige sou hulle dalk as selfsugtig en sonder passie beskryf.)
Dan was daar ook die jonger geslag – ook in twee kampe. Die een kamp wat passievol en entoesiasties is oor die kerk waarvan hulle deel mag wees en deel wil wees en in die proses heeltemal bereid is om te sê wat hulle dink en wat hulle voel en soms ook bereid is om te luister na wat die “ooms” en “tannies” sê. Maar, daar was ongelukkig ook die wat daarop aangedring het dat hulle stem die enigste stem is en dat die bestaande leiers en strukture vir hulle moet plek maak en net na hulle moet luister. (Sommige sou hulle dalk arrogant wou noem.)
Op die ou end is daar na my mening in al drie hierdie groepe diegene wat die potensiaal het om die kerk ernstig te laat ontspoor. Maar, die oorgrote meerderheid is nederig biddend bereid om te erken en te bely dat hulle ten dele ken en dat hulle bereid is om by mekaar te leer en na mekaar te luister. In hierdie groep hoor ek ‘n stem wat sê: “Ek dink dit is moontlik dat jy in staat is om die wil van die Here soms beter te verstaan as wat ek dit verstaan en dat ek ander kere weer die wil van die Here beter gaan verstaan as jy, maar dat ons saam waarskynlik die wil van die Here die beste gaan verstaan.”
Die hartseer is dat persone wat op enige een van hierdie uiterstes nie bereid sal wees om te erken dat hulle daar finskioneer nie, maar eerder sal voortgaan om die kerk van die Here Jesus te verdeel. Genadiglik is die kerk van die Here Jesus nie in enige van hierdie verskeidenheid van mense en generasies se hande nie, maar in die hand van die Here wat deur al die eeue die kerk in stand gehou het.
Vraag: Hoe dink jy behoort hierdie drie generasies saam te werk ter wille van die koninkryk van God?
of
Vraag: Wat dink jy behoort elke generasie te doen om die koninkryk van God te bevorder?
Ek is deel van die middelste groep en ook betrokke in die kerk. Ek onthou toe ek begin het, het ek gedink die “oues” was hardkoppig en die jongeres was sonder passie en vuur en ek het ook gedink die antwoord lê by ons. Ten spyte van ons verskille het die kerk die tyd oorleef, want die oorlewing van die kerk is nie afhanklik van mense nie, maar is afhanklik van God wat werk deur brose en onvolmaakte mense.
Ek is ‘n lidmaat. Ek het die behoefte om in die kerk die Here te aanbid en in die wêreld die Here te dien. Dit is vir my hartseer dat die “gevegte” meer te make het met wat in die kerk gebeur as wat deur die kerk gebeur. Kan ek dit anders stel: Die “geveg” gaan meer oor dit wat gelowiges in die erediens vir God doen (Hom loof en prys) en nie op dit wat God deur die gelowiges in die wêreld doen (Uitleef van sy liefde) nie.
Ek dink hierdie drie groepe het die verantwoordelikheid om ter wille van die kerk en die Koninkryk in nederigheid en liefde vir die naaste die een hoër te ag as die ander en aan elkeen die ruimte te gee wat hulle graag vir hulleself wil hê.
Eintlik mag ek nie hier kommentaar lewer nie, maar ek hoop nie ek doen skade deur dit wel te doen nie, eintlik behoort ek nie my neus hier in te steek nie, maar ek voel tog ek wil antwoord. Dit is waarskynlik nie so eenvoudig in die praktyk nie, maar: ek dink as ‘n gemeente (jonk en oud), want in God behoort elkeen dieselfde te ervaar, aangemoedig en gelei word om werklik na God te soek in sy grootheid en hom te leer ken, behoort die ander dinge net byvoegsels te wees, en behoort ‘n hele spektrum van jubel in en leer van God en sy liefde te bestaan waarin almal sommige kere gemaklik kan voel, en ander kere ruimte moet maak, want maak dit regtig saak? Deurentyd moet ‘n mens ook in opregtheid ‘n openbaring van sy wil vra. Dit is God en God alleen, is dit nie? En ek se dit nie as ‘n christen nie, maar iemand wat na God soek en nie ‘n godsdiens nie.
Is dit nie maar so dat daar in enige gemeenskap die meer konserwatiewe ouer generasie is en die meer liberale jonger generasie is nie? ‘n Gesonde gemeenskap is waar hierdie twee elemente in balans is. Wanneer omstandighede dit vereis gee die konserwatiewe element die standvastigheid, terwyl op ander stadiums gee die liberale element weer die vermoe om te kan verander as omstandighede dit vereis. Dit bly maar die leiers se verantwoordelikheid om die verskillende elemente met mekaar te laat saamwerk. Hoe om dit reg te kry? Daar is waarskynlik nie enige klinklare resepte daarvoor nie. Dit hang van die omstandighede en die spesifieke mense af wat sal werk … dink ek.
Die vraag is,
‘hoe is dit moontlik dat in een groep/kerkgroep soveel of drie tipes generasies voorkom?Dit klink amper soos die tog deur die woestyn van die israeliete wat veertig jaar geduur het,in plaas van elf dae,maar omdat daar soveel verskillende generasies en idees en menings ens…
was,moes hulle eers “ontslae” van geraak word,sodat die eie ek uit die pad moes kom en eie vleeslike planne,en dat die grootste geheim tot werking kon kom,en dit is eenheid in bestuur,eenheid in besluite,een rigting,een weg ,God se plan vir die kerk,en nie my plan nie.So kan almal dan een in Christus wees.
waar daar nie eenheid is nie,is daar verwarring.die oomblik dat ek minder word,(my redes,my planne,ens)en God word meer,Sy visie,Sy idees,val als in plek,en kan almal in die beloofde land aankom.Die antwoord le nie opgesluit in teksboeke,lesings,dokumente of enige menslike planne nie,maar die antwoord le by die Heilige Gees,die Gees van God wat weet wat God beplan vir sy liggaam.Eenheid.die oplossing is maklik,maar die skoonmaak proses gaan lank vat.Al die jare en jare se oprigting van eie gode moet platgeslaan word en God moet deur Sy Heilige Gees Sy plek vind in sy kerk.Die oombloik dat dit gebeur,is julle in die beloofde land.Dan het almal een Gees,een gedagte,een plan.Dan is God in beheer en het ons teruggestaan.
Een Gees,een volk,een taal,een nasie,een God.
Ek is regtig van mening dat die verskillende generasies in een kerk ook die Here se manier is om sy kerk te bewaar. Die werkwyse van die ouer generasie sal nie vir altyd effektief bly nie en moet vervang word met ‘n nuwe werkswyse deur ‘n jonger generasie. Die generasie tussen die twee maak dat die oorgang “sagter” is. Maar elke generasie kom op die punt waar hulle die ouer generasie is wat met hulle “hardkoppigheid” nie die “arrogante” jonger geslag se werkswyse wil aanvaar of toelaat nie.
Een Here, een geloof een doop, een God en Vader van ons almal … Ek sien nie my weg oop om volk en taal en nasie daarby in te reken nie.
kerkganger:met wedergeboorte het jy ‘n nuwe lewe.dan het kultuur,taal,ras,geslag niks meer te doen met jou nie.die nuwe Gees wat jy ontvang met wedergeboorte,verwyder alle onmin,rusie,rasseverskille,ens uit die weg.dit is dan die heilige gees in jou wat leef en nie meer jy nie.dan het jy in christus ‘n nuwe taal,’n nuwe geestelike geslag,’n nuwe geestelike liefde waar jy vir almal lief is.almal het dan een vader,een geloof,een taal,een visie ens.dit is geestelik,nie vleeslik nie.god het almal geskape,en op die einde van die dag is almal wat wedergebore is,jou broer in christus,en moet jy met hom gesels,sonder gevoelens in jou hart………..
annerkant, merkwaardige dinge wat jy daar se^ en ek stem heeltemal saam met jou. As die mense se fokus reg is sal die ander dinge ook regkom.
Kerkganger ek stem ook saam: ek is lief vir Afrikaans maar daar is baie Christene in die wereld wat nie Afrikaans kan praat nie. Die eiendomsvolk van God ken geen aardse grense nie.
Attie, dalk weerspreek ek myself nou, dalk het my eie bydraes by die sinode geklink asof ek generasie-verskille probeer onderstreep, maar dan moet ek beter verwoord in die toekoms. Ek dink wel dat ons ‘n veranderende wêreldbeeld by jonger generasies vind, maar nie noodwendig net by hulle nie, en by almal nie. Ek’t hier ‘n paar gedagtes neergepen oor dinge wat ek dink dieper as generasies lê.
Doug Pagitt se three categories of emerging ministry sluit dalk baie nou aan by wat jy geskryf het. Hy praat van ministry to postmoderns, with postmoderns, en as postmoderns. In beide Gen X en Y glo ek vind jy al drie hierdie groepe. Die wat glo dat die veranderinge in ‘n wêreldbeeld ‘n nuwe evangelisasieveld geskep het, en dat die wat sogenaamd “postmodern” is, bekeer moet word, die wat besef dat dinge verander, en graag wil luister en saamwerk met mense wat se wêreldbeeld geskuif het, en die wat net besef dat: “ons kan nie anders nie, ons kan nie teruggaan nie, ons is aan die ander kant”.
Dankie vir jou post, dit het my eie gedagtes help verskerp… ek hoop.