SATAN SÊ EK MOET MOOR!

Hierdie uiters tragiese berig was vandag op die voorblad van Beeld. Jy kan ook ‘n video kyk van een sy maats wat by was toe Jacques Pretorius dood gesteek is.

‘Wil jy iets cool sien?”

Met dié woorde het ’n “besete” en gemaskerde gr. 12-leerling van ’n Krugersdorpse skool voor sy skoolmaats ’n medeleerling met ’n Oosterse swaard doodgekap.

“Pasop, hy’t sy kop verloor!” het matriekleerlinge glo geskree oomblikke voordat Morné Harmse van die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs in Krugersdorp-Wes ’n samoerai-swaard uitgeruk en Jacques Pretorius (16) in die nek gekap het.

Leerlinge het vertel Harmse was “van die duiwel besete” toe hy omstreeks 07:20 sy gewelddadige aanval begin het.

“Wil jy iets cool sien?” het Harmse glo aan ’n matriekmeisie gesê oomblikke voordat hy Jacques se hoofslagaar deurgekap het.

Jacques se beste vriend, J.C. Welman (16), het langs hom gestaan toe dit gebeur het. “Ek het nog gewonder of dit nie ’n joke is nie, maar toe sien ek hoe begin die bloed so by Jacques se nek uitborrel,” het J.C. in trane vertel.

Jacques is op die toneel dood, het mnr. Mark Stokoe, woordvoerder van Netcare 911, gesê.”

Later in die berig staan hierdie woorde:

“Volgens ’n betroubare bron het Harmse die oggend vier maskers, soortgelyk aan dié van die heavy metal-groep Slipknot, in sy skoolsak saamgebring. Hy het glo drie samoerai-swaarde by hom gehad.

Die bron het vertel die een masker was wit (soortgelyk aan dié van Slipknot se tromspeler Joey). Die ander een was ’n narmasker (soortgelyk aan dié van Shawn) en die derde ’n gasmasker wat die DJ, Sid, dra. Morné het glo die hoofsanger, Corey, se masker opgehad tydens die aanval.”

Wat is jou mening en gedagtes hieroor?

30 thoughts on “SATAN SÊ EK MOET MOOR!

Add yours

  1. Ds. Attie, is daar ‘n verskil tussen besete en sielsiek? Is die een ‘n siekte en die ander bonatuurlik of is dit dieselfde? Wat glo Ds.? Dis tragies wat gebeur het. Dit was ‘n wrede moord deur ‘n kind gepleeg ‘no less’. Ondenkbaar.

  2. Ds. Attie, ek weet deedae nie meer of mens totaal en al die blaam op die invloede van kinders kan plaas nie. Dan moet mens mos jouself heeltemal van die wereld verwyder. Ek stem nie saam met wat gebeur het nie en ek dink dis rerig n tragedie, maar nou word die blaam totaal en al op die “slipnot” geplaas. Ek is persoonlik nie n aanhanger van hulle nie en ek dink hulle musiek en voorkoms is nie opbouend nie. Waar trek mens die lyn met die vinger wys. In die geval wie is die skuldige een ( Die leerling het die moord gepleeg) maar wie gaan die blaam hiervoor kry.

  3. dit maak my naar. dis al wat ek kan se. Maak nie saak wie die blaam moet kry nie sulke wreede dinge moenie gebeur nie veral nie in skole nie.

  4. As mens die naam van die “band”intek en ingaan op die internet,kom daar ‘n foto van die “band”Almal is swart aangetrek en het demoniese maskers op.daar is ook ‘n tekening van ‘n pentagram op die voorgrond.Die sataniste weet presies wat dit beteken en dit word onder andere ook gebruik om demoniese “krag” te trek.alles omtrent die “band ” is satanisties en het ook vriendskapsbande met ander heavy metal “bands”As mens jouself gaan beskikbaar stel om na sulke musiek te luister en jouself daarmee te vul,speel jy aan die donkerkant van die lewe.Jy kan nie verwag om met die okkulte deurmekaar te raak en verwag dat jy skotvry daarvan gaan afkom nie.Mens stel jouself oop vir demoniese magte wat huule intrek in jou neem.Die wword se dat ons stryd is nie teen vlees en bloed nie,maar teen die bose geeste,owerhede,magte ens in die lug.Dit is hulle wat hulle intrek in jou neem,en dan is jy in hulle beheer.Slegs vrymaking in die naam van Jesus Christus kan sulkes die pad laat vat.Julle moet mooi oplet waarmee julle kinders besig is. As jy nie bewus is van sulke goed nie,sal iets skadeliks baie onskadelik vir jou lyk.Geen wonder daar gebeur ewe skielik snaakse dinge in mense se huise en hulle kan nie verstaan wat aangaan nie.Oppas,die satan loop rond soos ‘n brullende leeu en kyk wie hy kan verslind.

  5. Beste Attie,
    Net eers dankie vir jou bloggs oor die Historiese Jesus – mens hoop dat meer gewone Christene (en predikante!) daarvan kennis sal neem en met integriteit en geloofwaardigheid in die 21ste eeu gereed mag wees om aan almal wat ‘n antwoord vra oor die hoop wat in hulle leef te kan gee.

    Oor die hartseer gebeure in Krugersdorp – mens het nie woorde nie! Gegewe hierdie gebeure [en natuurlik ander soortgelyke gebeure]wonder mens hoe dit moontlik is vir sommige bekende teoloe om aan te voer dat ‘n Panenteistiese verstaan van God [Alles is in God en God is in alles] die mees geloofwaardige manier is om oor God te dink in die postmoderne tyd?

  6. My mening: Die bose is ‘n werklikheid. Satanisme en sataniste het bose bedoelings en bose aktiwiteite. Sataniste kan mekaar aanspoor tot iets soos hierdie geweldige hartseer en tragiese ding wat gebeur het.
    Ek weet nie genoeg van hard metal af om ‘n mening uit te spreek nie. Wat ek wel sien uit my werk met tieners is dat die wat hoofsaaklik die hard-metal musiek luister nogal die geneigdheid het om meer rebels te wees – Let wel: Nie almal nie.
    Maar… die mens moet verantwoordelikheid aanvaar vir die keuses wat hy maak. Selfs om by iets soos Satanisme betrokke te raak.
    Ek is ook van mening dat ons as Christene nie uitgelewer is aan ‘n bose mag teen wie ons geen weerstand of teenstand kan bied nie. Hy wat in ons is is sterker as hy wat in die wêreld is. Ons moet altyd baie versigtig wees om die indruk te skep dat die bose almagtig is en God magtig – die teenoorgestelde is tog waar.
    Ek bid elke oggend van my lewe die “Ons Vader” gebed vir my en vir my gesin. Daarin bid ek: “…en verlos ons van die bose…”. Ek glo daardie gebed is genoeg om die bose se invloed op my en my gesin af te weer. As een van my kinders die bose of die duiwel skuld gee vir iets wat hulle aangevang het, het hulle en die duiwel moeilikheid.
    In hierdie geval… ek dink ons moet ‘n bietjie wag. Op die oog af wil dit vir my lyk asof hier een of ander vorm van versteurdheid is, maar onder die invloed van dwelms kan ook nie uitgeskakel word nie.
    Net soos die Waterkloof 4 verdien hierdie seun en sy ouers ons gebede. Meer nog, die ouers en die vriende van hierdie kind wat so wreedaardig doodgemaak is.

  7. Dankie Attie,
    Stem met jou saam dat ons verantwoordelikheid moet neem vir ons keuses en dat dit verkeerd is om ‘n duiweltjie agter elke bos te soek en dit te blameer vir verkeerde keuses (onthou jy die Hasnie Cronje storie waar hygese het die Duiwel het hom dit laat doen?). Maar moet ons in die proses ontken dat daar bose geeste bestaan? Dat Jesus nie regtig bose geeste uit mense gedryf het nie? Is daar ook ‘n ander dimensie genaamd die geesteswereld (Hennie Stander het ook gister daarna verwys). Verseker het Jesus reeds die oorwinning behaal en ons wag in spanning vir die finale voltrekking van Sy oorwinning! Ons hoef dus nooit in vrees te leef en bang te wees vir bose geeste en die geesteswereld nie en moet gewis verantwoordelikheid neem vir ons keuses. DIe vraag is of ons die bose net kan beperk tot ons eie geneigtheid tot die kwade, en of daar wel buite ons so ‘n dimensie bestaan wat in opstand is teen Jesus en Sy koninkryk? NT Wright se boekie Simply Christian het my nogal gehelp om hierdie dinge beter te verstaan. DIe moeite werd om te lees!
    Groete
    Willem

  8. Willem en duskant: Nee, ek sal nie die bestaan van die bose ontken of onderskat nie. Ek dink bv. aan Snodgrass se kommentaar op die gelykenis van die koninkryk en die onkruid. Sy mening is: “God is not the only one at work, and not all actions in this world can be attributed to God. Evil happens that only can be identified as the work of an enemy.” Dit lyk egter vir my julle het ook gesien dat ek ‘n probleem het om die duiwel en/of die bose te veel erkenning te gee.

  9. Ek kan maar net bylas dat ek saam stem dat ‘n mens verantwoordelikheid moet neem vir jou dade, en dat buite invloede miskien dinge aan kan wakker, maar dat jy reeds hierdie “neigings” moet he vir dit om wortel te skiet. Dit pla my baie dat veral die media die rol van die swaar metaal band en die duiwel so oordryf en nie die seun se verantwoordelikheid in die daad erken nie. Natuurlik sal dwelms en ‘n versteurde brein seker ook saam blaam moet vat. Ek moet egter bieg dat ek nie eintlik koerante lees nie, en praat maar oor wat ek op die radio raak geluister het. Iets waaroor ek wonder: is sekere mense inherent grootliks “sleg” en ander inherent grootliks “goed”? Wat van ‘n jong kind wat bv. diertjies se nekke omdraai en hulle martel en dit geniet? Jammer, ek het nie die inskrywings oor die Waterkloof skermunkels gelees nie, en mag nou hier herhaal wat al bespreek is. Verwys my dan maar na die ander inskrywings.

  10. Bietjie meer lig op die omderwerp uit God se woord.Jakobus 1 vers 13.
    Ek haal aan.”Laat niemand as hy in versoeking kom,se:Ek word deur God versoek nie.Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie,en self versoek Hy niemand nie.
    So,dit verwyder alle blaam van God af.

    Vers 14 se,”maar elkeen word versoek as hy deur sy EIE begeerlikhede
    weggesleep en verlok word.”(hierdie is die begeerlikhede van die vlees,die begeertes van die liggaam,jou werelds denke,en alles wat die vlees begeer om tevrede gestel te kan word.)Onthou ,die skrif se,beklee jou dan nou self met Jesus Christus en maak GEEN voorsiening vir die vlees en sy begeerlikhede nie.

    So,as jy dan nou beklee is met Jesus Christus,en dit beteken wedergeboorte,’n kind van God en gevul is met die Heilige gees,het jy die mag om op slange en skerpioene te trap en oor al die krag van die vyand:en niks sal julle ooit skade aan doen nie.(Lukas 10 vers 19)
    Maar,as jy nie wedergebore is nie,en nie aan God se familie behoort nie,is daar nie beskerming vir jou nie,want daar ontbreek 1)wedergeboorte 2)die krag van die Heilige Gees,so,waar is jou bekerming dan.As mens wel wedergebore is is daar nie ‘n kans dat mens sal saamslaap nie,voor jy getroud is nie,sal jy net geestelike liedjies luister wat jou geestelik voed,sal jy nie die hustler,of penthouse of pornografie na kyk nie,sal jy nie okkultiese musiek luister nie,want die heilige gees sal jou daarvan weglei en laat verstaan dat dit verkeerd is.Jy sal ook nie neigings he,om jouself so te bevuil met wereldse gemors nie,want jy kan nie God en mammon dien nie.Daar is slegs Lig en duisternis in hierdie wereld,daar is nie ‘n middeweg nie.Let Wel:Hierdie kommentaar is nie gemik op ‘n spesifieke situasie of persoon nie,maar is slegs feite uit God se woord.Die vyand het net soveel krag as wat jy hom loelaat in jou lewe.Kyk ‘n slag na al die oop deure in jou lewe wat hom toegang gee en hoe hy reg het om in jou lewe in te kom.Sonde is die oorsaak daarvan,en hy het reg in jou lewe totdat jy bely of jou hart vir Jesus Christus gee.Jy kan nie tot bekering kom en voortgaan met jou ou lewe nie,dan is daar iets drasties verkeerd met jou bekering.
    Jesus het juis in die vlees na die aarde toe gekom ,sodat hy ook beproef kon word en verlei kon word in die vlees soos ons in die vlees is,en hy het die vlees oorwin,en IN hom (bekering) kan ons ook die vlees oorwin.As daar nie mense op die aarde is nie,sal daar ook nie sonde wees nie.Mense op die aarde en daar is sonde.Onthou,die vyand gebruik jou liggaam om sonde mee te doen.Hy het nie ‘n liggaam nie,maar ons het.dit is hoekom jesus die vlees oorwin het.
    Ek geniet dit vreeslik om oor hierdie dinge te praat en raak partykeer weggevoer deur hierdir dinge>Dit is waar.GOD is almagtig.daar is niemand soos Hy nie.Alle mag en gesag behoort aan Hom.Hy is die Alfa en Omega.God is ten volle in beheer.Daarom is bekering noodsaaklik om ‘n ten volle geestelike oorwinnende lewe te lei,in Hom en Hom alleenlik.As jy nie aan God behoort nie,wedergeboorte,is jy nie deel van Hom nie,en het die vyand alle gesag oor jou.Jy het niks om op terug te val om die vyand die hoof te bied nie.Slegs die bloed van Jesus en wedergeboorte is jou antwoord.

  11. Wel, ek vir een is versigtig om sommer dadelik na die bose te spring. Die ergste boosheid (vir my in elk geval) is nie in ‘n duiwel wat iewers ronddool en bevele skree nie, maar in mense wat kil genoeg is om dit self te doen. DIT is skrikwekkend. En dit gee my chills.

    Nodeloos om te sê, dis tragies 😦

  12. Ek is verantwoordelik vir elke keuse wat ek maak. Vir alles wat ek sê. Maar my keuse en my woorde word gevorm met dit wat binne my is. Keuses is “maklik”. Ja/nee, goed/sleg, swart/wit, ens. Maar die een groot keuse/besluit wat ons moet maak is tussen God of die Satan, tussen die Goeie en die bose. Ons kan nie tussen keuses maak nie. Of jy glo in God of jy glo nie in God nie.
    Ons lewens word mos tog oorheers deur die Heilige Gees en as dit nie so is nie word dit deur die bose oorheers. Of die seun satanisme net gebruik het as “verskoning” sê dit net dat hy het gekies. Maar ons as Christene gebruik ook soms christenskap as “verskoning” en moet ons onthou dat jy die keuse gemaak het vir Christus. Tree so op !!

    Johan: Soms weet ek ook nie, maar die dag toe dit na aan my was het Hy my getroos met Sy liefde en genade. As ek vandag terug kyk sien hoe Hy my gedra het(al het dit nie so gevoel het nie, en wou dit nie hoor nie) en gebruik Hy dit ook ten goede soos die Woord ons leer.
    Daar is baie hartseer by die families(en my gebede en hartseer is saam met hulle) hier betrokke maar ek is seker daar word ander families hierdeur gewaarsku en lewens word deur die geval gered. Ons lewe maar in ‘n stukkende, gebroke, verganklike en ook ‘n wêreld waar die bose teenwoordig is.

  13. Johan,ek kan nie namens God antwoord nie,maar ek kan soos volg verduidelik.As ons van God verwag dat Hy orals moes vure doodslaan,sodat daar nerens misdaad moes gewees het nie,wat dan is ons doel op aarde.Die skrif se duidelik dat ons stryd hier op aarde is nie teen vlees en bloed nie,maw.jou lyf en jou postuur nie,maar die gees wat binne in my is,is teen die gees wat binne in iemand anders is.Die skrif se self dat as jy nie die Gees van God binne in jou het nie,het jy die gees van die antichris.Let op die volgende voorbeeld.Kom ons kyk na ‘n getroude paartjie.Se bv.die man is wedergebore,en die vrou is nie,dan sal die vrou bv.se,kom ons gaan braai vanaand by die bure,maar die man sal se,nee wat kom ons gaan biduur toe.Dan sal daar moontlik ‘n gestryery wees,en al wat dit is ,is die een gees wat opstaan teen die ander gees,maw.die heilige gees teen die gees van die wereld(Gees teen vlees)
    Daarom is dit waarom ons tot bekering moet kom en ons lewe toewy aan Jesus Christus,en gevul word met die Heilige Gees.God se plan op aarde is dat ons moet wandel in die koninkryk van God op aarde,met die krag van die Heilige Gees tot ons beskikking,sodat ons kan se.
    ‘Gaan uit in die naam vam Jesus,en dit gebeur” of Word genees in die naam van Jesus Christus en dit gebeur”Het Jesus nie gese dat ons groter werke op aarde sal doen as Hy nie?God gaan nie alles doen en ons gaan net stilsit nie.Nee,Hy het klaar alles gedoen wat gedoen mos word deur Sy seun Jesus Christus na die aarde te stuur en te sterf sodat ons in Hom elke weerstand en aanval kan weerle.Kerk is nie net oor Sondae jou Bybel te vat,geld in ‘n sakkie of bord te gooi en ‘n paar liedjies te sing nie.Dan mis ons die bal heeltemal,en sal jy nie tot volle Geestelike volwassenheid groei in God nie.Ons moet die werk doen,nie God nie.Ons moet die vyand ‘n voete stoel vir Jesus se voete maak.Ons moet Geestelik wakker wees en oplet na die gedrag van ons kinders,waarna hulle luister.watter films hulle kyk,godsdiens saam met hulle hou,saam aanbid,saam God verheerlik,kyk met wie hulle maats is,en ten volle ouerskap toepas oor hulle,en as daar probleme is,Bid deur die krag van die Heilige Gees en die Satan.God het vir Jesus gestuur om te sterf vir alle sonde en vir ons om oorwinning daroor te kry.As daar dan ‘n voorval gebeur, is ons gou om te vra,waarom laat God dit toe,maar die eitlike vraag moet wees,waar was ons? satan en Jesus is nie metafories nie,maar is ‘n werklikheid soos ek en jy.Die enigste verskil,is hulle is gees en ek en jy is ‘n gees met ‘n liggaam.satan gebruik jou liggaam om te sondig,want hy het nie ‘n liggaam nie.Jy is in God se beeld en gelykenis geskape,en dit is vir jou wat hy wil vernietig,alles wat soos God se beeld en gelykenis lyk.Dit is waarom al hierdie dinge gebeur.
    ‘n mens moet sorg dat jy nie tot satan se beskikking is vir sy bose werke nie.As jy God soek,sal Hy Hom deur jou laat vind.Dan begin die veranderinge.

  14. verskoon my dat ek my kommentaar beperk tot die oorspronklike vraag, menende wat my opinie sou wees oor die Slipknot maskers wat die kind9ers) gedra het. om bloot Slipknot en spesifiek heavy metal musiek vir die versteurde individu se gedrag te blameer is absurd. Dalk moet daar meer aandag gegee word aan die oorsaak van die probleem eerder as die simptome. Waarom het die kind gevoel soos hy voel? As musiek regtig so ‘n uitwerking op mense gehad het sou ons meer van die gevalle gesien het. Ek vind dit altyd vreemd dat in ‘n christelik gedomineerde gemeenskap sulke insidente vreeslik gou aan die groot klok gehang word en die musiek gestereotipeer word as die wortel van alle kwaad, en gereiflikheidshalwe die mat word waaronder die werklike oorsaak gevee word. Niks word egter gesê van kinders wat moord of selfmnoord pleeg in die naam van die christelike geloof nie, , om maar een geval te noem waar ‘n kind uit stellenbosch ‘n paar jaar gelede ‘n tou om sy nek gebind het en van die parkade in Kaapstad afgespring het, homself onthoof het in die proses en in twee stukke in Waalstraat geval het…sy rede? Hy wou na liewe jesus toe gaan..aldus die selfmoordbrief wat hy agter gelaat het. Kan mens die christelike geloof hiervoor verantwoordelik hou? Nee jy kan nie, nes jy nie musiek kan blameer nie. Ek dink dis belangriker dat ouers begin leer om met hul kinders te komminukeer, sodat ‘n kind nooit bang hoef te wees om met sy ouers te praat oor dit wat hom of haar pla nie, maak nie saak hoe erg die probleem is nie. Ons is te streng en die hele “maak soos ek sê nie soos ek maak nie” beginsel is ietwat te prominent.

  15. Neil:As jy die heeltyd God se woord bestudeer en jy soek God,sal God Hom aan jou openbaar en jy sal tot bekering kom.Dit is ‘n geestelike gebeurtenis.As jy jouself die hele tyd met heavy metal en OKKULTIESE MUSIEK en LITERATUUR vul sal daar ook ‘n geesteloke gebeurtenis met jou gebeur.Gaan stel dit op proef en dan kom vertel jy vir ons wat jy ondervind het.
    Jy is reg,om te se dat daar moet gekyk word wat die oorsaak was dat ‘n persoon hom wend na ‘n ander bron van aandag,en wat so ‘n persoon na so ‘n rigting dryf.Is dit verwerping,minderwaardigheids kompleks,trauma in die familie,ens…..
    Onthou ,Die musiek word nie daarvoor geblameer nie,maar wel die okkulte,wat bestaan.As jy jouself daarvoor blootstel,sal daar nagevolge wees.Musiek is maar net een van die
    ‘apparate”as ek dit so kan stel wat satan gebruik.Was dit dan nie waarvoor God hom geskape het nie.Om in beheer te wees van die aanbidding,totdat hy gerebelleer het en uitgeskop is uit die Hemel.

    Vandag is satan besig om dmv.musiek die kerk in te kom,en hip hop,rap ens te setel in die kerk en ons dink dit is cool.
    verkeerd,hip hop,rap is nie praise en worship nie.Praise en worship kom uit jou hart.God se Hy moet aanbid word in Gees en Waarheid.
    Gaan bietjie in die musiek winkels en doen ‘n ondersoek na die okkultiese tekens op die CD covers en gaan sit en luister na die woorde.Jy sal geskok wees wat jy hoor.

    Dit is waar dat kommunikasie ‘n groot en belangrike faktor is,maae wanneer ‘n demoon van ‘n persoon besit geneem het,gaan ‘n sielkundige en ‘n inspuiting nie die truuk doen nie.Net in die naam van Jesus Christus sal hy die wyk neem.Het jy al gehoor hoe dit klink wanneer ‘n demoon deur ‘n persoon praat?Jou hare sal rys ……
    Ons moet wakker slaap

  16. Ek het nie verstaan dat die oorspronklike vraag was oor slipknot nie, maar oor die gebeure. Ongelukkig was slipknot ‘n wesenlike deel van die hele debat.
    Gister se koerantberig na aanleiding van die onderhoud met die ma is vir my een van die mees aangrypende berigte wat ek dalk nog ooit gelees het. Ek hoor sommige wil die skuld op slipknot plaas en ander wil dit op Satanisme plaas en ander wil dit weer op die arme ouers plaas. Soos ek die berig verstaan was die ma en die pa baie goed op hoogte met wat in hulle kind se lewe aan die gang was en watter probleme hy gehad het.
    Neil ek verstaan en ek stam saam met jou dat ‘n mens nie die skuld op slipknot moet plaas nie, maar net so min (Nee nog minder) kan ‘n mens tog nou in omstandighede soos hierdie net eers insinueer dat dit dalk is omdat die ouers nie geweet het wat in die kind se lewe aangaan nie. Ek lees in die berig dat die ma eerstens baie jammer is vir ouers wie se kind dood is – ja amper meer as wat sy vir haar seun en vir haar self jammer is.

  17. Ek is ‘n ouer. Een van my kinders het vir my meer hartseer berokken as wat ek ooit gedink ek sou kon dra. My kind het dinge aangevang waaroor ek nooit kon droom nie. Darem nie iemand met ‘n swaar doodgemaak nie, maar vir my kon dit net sowel gewees het. Ek en my kind het mekaar verstaan. Ons het baie tyd saam deurgebring. Ek het baie alleen tye met elkeen van my kinders gehad en ek het na die beste van my vermoë probeer verstaan wat in my kind se lewe aangaan, maar êrens het ek iets gemis.
    Dalk is dit beter om die skuld op onbekwame ouers te plaas as op slipknot en die duiwel, maar moet iemand die skuld kry hiervoor. Ek as ouer wat soveel seer ronddra, sal sonder huiwering aanvaar as enige iemand vir my sê dat dit my skuld is dat hierdie dinge gebeur, want dit is wat ek nog die hel tyd vir myself sê: “Jy as ouer het misluk!” As dit my skuld is, kan ek ten minste nog lief bly vir my kind, ek weet net nie of my kind dan vir my lief kan wees nie, maar dit maak nie saak nie.
    Ek weet nie wat die oorsaak is nie, ek weet net hier is ‘n klomp mense wat ander mense se ondersteuning gaan nodig hê.

  18. Ek het nog nooit hier geskryf nie. Vandag moet ek. Niks sal ooit hierdie optrede kan regverdig nie, maar ons kan baie hieruit leer om te verstaan hoekom die dinge gebeur en hoe ‘n mens dit sou kon voorkom.
    Ek lees in gister se beeld hoe die ma vertel van haar seun wat so geboelie is. Dalk is dit nader aan die oorsaak as slipknot en en satanisme en ouers. Ek is geboelie toe ek op hoërskool was. Op maniere wat ek nie kan beskryf nie. Op meer geleenthede as wat ek ooit sou kon onthou. Ek was ook maer en ek was ook stil en ek wou ook graag deel wees van diè groep. Al wat ek gekry het was boelie en verniel. Later het ek saamgedrink in die hoop dat ek nie meer geboelie sal word nie. later het ek saam gerook en saam dwelms gebruik en saam gesteel in die hoop om nie meer geboelie te word nie, maar fisies is ek steeds geboelie. Dwarsdeur my hoërskool loopbaan het dit aangehou. Hierdie is die eerste keer dat ek ooit daaroor kan praat, maar ter wille van die beeld van die ouers van die seun wat gemoor het en ter wille van die seun self, dink ek dit is nodig dat dit gesê word.
    As jy my vra in watter gedaante het die duiwel in hierdie geval gemanifesteer (as ek die woord mag gebruik), dan dink ek in die gedaante van boelies. Net die Here weet hoeveel keer ek wou gemoor het. Deur sy genade het ek nie gemoor nie en deur sy genade het ek opgestaan en is my drome in ‘n groot mate verwesenlik.
    Waar lê my simpatie? My simpatie lê natuurlik by die ouers van die kind wat dood is en by sy vriende en by die ouers van die kind wat gemoor het, maar s jy vir my sou vra: Wie sou jy in hierdie tyd wou help, dan sal ek sê: Die jong man wat geboelie is.
    Doom… ek weet my e-pos adres wys by jou, maar asseblief, moet my nie kontak nie en moet dit asseblief nie vir iemand anders gee nie. Ek weet dit was nie my skuld dat dit gebeur het nie, maar selfs 30 jaar nadat dit gebeur het, is dit nog steeds iets wat ek nooit sal wil hê iemand moet weet dit het met my gebeur nie, na al hierdie jare is die vernedering net eenvoudig te groot om enige iemand anders daarvan te laat weet.

  19. Kwaad:Jy loop die hele tyd met ‘n geheim in jou rond en ander emosionele gevoelens wat jy vertroetel,en niemand weet daarvan nie.Solank jy met dit in jou rondloop het die vyand ‘n greep in jou lewe en al wat ek kan se is dat Jesus Christus het nie net aarde toe gekom vir mense se sondes nie,maar ook vir onder andere wat jy mee sit in jou lewe,dit wat so diep in jou onderbewussyn weggebere is,en elke keer te voorskyn kom wanneer soortgelyke omstandigdhede op duik.Ja,ek ken jou nie,maar ek was ook elke keer verwerp,altyd mee gespot,verneder,deur die gesig geklap,aangerand met die verskoning van ‘n pak slae,maar vandag het ek geen geheime in my lewe nie,en my naam is Ben,en ek gebruik dit wat met my gevbeur het,as getuienios en dat ek verlossing daarin gevind het in Christus Jesus.Geheime is ‘n vashou plek en ‘n oop deur vir die vyand,waar hey in en uit kan gaan wanneer hy wil en hoe hy wil.Die Here is lief vir jou en wil jou WAARLIK vrymaak.Wat jy nie weet nie,is die feit dat jy onder ‘n skuilnaam op die blog kom praat het,’n still uitroep van jouself om heeltemal bevry te word van dit.Sterkte en groete.As jy my wil kontak,vra vir Dooms attie.Groete.

  20. Ben: Ek waardeer jou opmerking en jou gesindheid. Ek glo met my hele hart in God en in dit wat Hy deur sy Seun Jesus Christus vir my gedoen het. Ek glo ook dat die Heilige Gees in my aan die werk is. Ek glo dat Hy my beskerm en dat Hy weet wat ek nodig het nog voordat ek vra. Hy het my genees en die wonde heel gemaak. Wanneer dinge soos hierdie gebeur, dan kan ek nie maak asof dit nie gebeur het nie. Hierdie keer moes ek praat. Ter wille van my huisgesin, praat ek nie hieroor nie. Ek is genees en hertsel maar ek het nie vergeet nie, en ek kan nie vergeet nie.

  21. Attie skryf: As een van my kinders die bose of die duiwel skuld gee vir iets wat hulle aangevang het, het hulle en die duiwel moeilikheid.
    In hierdie geval… ek dink ons moet ‘n bietjie wag. Op die oog af wil dit vir my lyk asof hier een of ander vorm van versteurdheid is…

    Absoluut Attie! Ek stem honderd persent met jou saam. Dit help nie om die duiwel die skuld vir dinge te gee nie. Dit is tyd dat mense self verantwoordelikheid aanvaar vir hulle dade. Die geval waarna jy verwys is inderdaad uiters tragies.

    Maar net so min soos wat Satan hierdie kind opdrag gegee het om te moor net so min het God ‘n paar weke gelede daardie broer en suster opdrag gegee om hulle ouers te vermoor. Toe hulle gevang is het hulle ook gesê God het vir hulle die opdrag gegee.

    Ek is egter heeltemal daarvan oortuig dit is ‘n sielkundige probleem is wat die kind gehad en niks mer nie. Om die duiwel daarvoor die skuld te gee sal niks help nie. Net so min God te blameer vir die ander moord.

  22. Ek moet bieg dat ek nie alle bg. kommentare in detail gelees het nie, maar tog wil ek net ook my stuiwer hier ingooi. Die tragiese gebeure wat in Krugersdorp afgespeel het is, soos soveel ander dramatiese gebeure plaaslik en internasionaal (onthou julle die Virginia Tech-moordenaar in die VSA verlede jaar?) slegs multi-dimensioneel verklaarbaar. Sulke gebeure is byna altyd die gevolg van ‘n sameloop van omstandighede, veranderlikes en invloede en selde is dit eenvoudig verklaarbaar. Dat die musiek van die betrokke rock-groep ‘n rol gespeel het, is nie te betwyfel nie, maar dit was slegs een van die bestandele wat die gebeure wat gevolg het, moontlik gemaak het.

  23. Al hierdie kritiek romdom Satanisme is ongeldig. Dis ‘n beweging net soos enige ander en moet gerespekteer word. Ek is eintlik nie verbaas om die Christelike reaksie op hierdie voorval te lees nie. Dis altyd ander religieë wat afgebreek en beledig word. Tipies Christelike gedrag.

  24. ek sien toe dat in die Beeld dit wel positief was dat Morne wel deurmekaar was met satanistiese / okkultiese bedrywigdhede.aan al die jong mense daar buite,wees versigtig wat julle doen,luister,videos na kyk,boeke lees,bordspeletjies speel ens.Satan is nie jou vriend nie,hy is jou vyand.Jesus het juis vir dit kom sterf op aarde sodat jy die vyand kan oorwin in Hom.Daar is soveel verdriet gebring deur satan,maar danksy God kan almal weer herstel word in en deur Christus Jesus.Ons dra betrokke ouers op in gebed voor Christus.
    Jaans:vir jou ook

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: