DA JEUG SE POSTER – NIE RASSIGHEID DIE DEBAT

Die DA Jeug het in die week hierdie baie omstrede plakkaat die lig laat sien. Die onderskrif is: “In our future, you wouldn’t look twice”.

Die boodskap is dat indien die DA aan bewind kom, sal iets soos hierdie nie vreemd wees nie. Uit die aard van die saak het hierdie plakkaat uiteenlopende reaksies tot gevolg gehad.

Lukhona Mnguni het HIER gesê dat die DA maar net weer voortgaan om wit dominansie te “pleeg”.

Chris Roper het HIER sy mening oor die saak gelig. Volgens hom is die boodskap van DASO:

“Join the DASO, because we dream of a world where nobody notices racial difference any more.”

Makashule Gana is die leier van die DA Jeug wat die plakkaat bekend gestel het hy sê:

“To say that the poster is sexual is taking it to the extreme. The poster is saying a lot. They are embracing each other, and it shows in this country that we can find an opportunity to embrace each other.”

“I don’t know why there are negative comments about it. It is a work of art that depicts a future that we [the DA] would want to build.”

Die Christen Demokrate het HIER kommentaar gelewer en sê onder andere: Continue reading

Lewer Kommentaar

Filed under Gedagtes oor, In die nuus., Politiek

WATTER SKOENE DRA JOU VERHOUDING MET DIE HERE

Ek het Dinsdag-oggend by Hoërskool John Vorster geopen. Sondag het ek ook hulle erediens vir die Graad 8′s gehou en HIER daaroor geskryf. Die vraag wat ek Dinsdag-oggend gevra het is:

WATTER SKOENE DRA JOU VERHOUING MET DIE HERE

Ek het verskillende pare skoene saamgevat om die punt vir hulle te illustreer.

 

Die eerste paar skoene was netjiese hofskoene. Daardie skoene wat veral vrouens net vir spesiale geleenthede aantrek. Het ek dalk ‘n mooi, blink, indrukwekkende verhouding met die Here, maar dit word op Sondae en baie spesiale geleenthede uitgehaal.

 

 

Die tweede paar skoene was ‘n paar pantoffels. Continue reading

3 Kommentaar

Filed under Stories en gelykenisse, Tieners

DIE VERHAAL

Ons gemeente se tienerbediening het Sondag-aand afgeskop. Ons gaan deur die loop van die jaar elke Sondag-aand kronologies van die belangriker verhale van die Bybel vertel.  Let wel, die klem is nie op lees nie, maar op vertel. Ons gaan die verhaal van die Bybel vertel.

Almal kan nie ewe goed lees en ewe goed verstaan wat hulle lees nie. Maar almal kan ‘n verhaal vertel. Ons eerste doelwit is dat elke kind wat hierdie jaar deur ons “hande” gaan ten minste die geleentheid sou gehad het om hierdie verhale so te leer ken dat hulle dit kan oorvertel.

Die Bybel is een groot verhaal – God se verhaal. Job is die oudste boek in die Bybel (1500v.C.) en Maleagi is die jongste in die Ou Testament (Ongeveer 400 n.C) 1 Tessalonisense is in die omgewing van 51 n.C geskryf en Openbaring in 91 n.C. met al die ander boeke iewers tussen in.

Die Bybel vertel die verhaal van God. Wat ons die Bybel het is wat eers die Israeliete en daarna die eerste gelowiges in die eerste eeu (voor 100 n.C) vir mekaar vertel het om sin te maak van hulle lewe en wie en wat God is. Die Bybel is ‘n samestelling van geskrifte deur mense wat onder die leiding van die Heilige Gees geskryf het. Die skrywers was dikwels nie eers bewus van die bestaan van ander geskrifte nie. Tog bevestig al die boeke van die Bybel dieselfde verhaal. ‘n Mens sou dalk die verhaal heel kripties so kon vertel: Continue reading

Lewer Kommentaar

Filed under Bybel as verhaal, Christen tieners., Tieners

TIENERS: HIERDIE MOET JY WEET

Ek het gister by ons plaaslike tegniese skool, Hoërskool John Vorster, ‘n erediens vir hulle Graad 8′s en die se ouers gehou. Een van John Vorster se mooi tradisies wat getrou bygewoon word. Na die diens vertel die hoof vir my van hulle skool se besondere prestasie met verlede jaar se matrieks. Hulle het ‘n 99% slaagsyfer met kinders wat besonder goed presteer het. Hy spog egter met hulle 100% plasingsyfer. Elke matrikulant is of by ‘n universiteit, of by ‘n technikon of by ‘n werk geplaas. Ek dink nie daar is baie skole wat met so ‘n rekord kan spog nie.

Ek het die volgende as raamwerk vir my gesprek gebruik:

Charles J Sykes het ‘n boek geskryf met die titel: 50 Rules Kids Won’t Learn in School Antidotes to Feel Good Education. Ek het ‘n paar van sy punte hier gelys.

“Die lewe is nie regverdig nie.”

Raak gewoond daaraan. Die deursnee tiener gebruik die uitdrukking “Dis nie ‘fair” nie.” 8.6 keer per dag. Die lewe is nie regverdig nie.

“In die regte lewe is jou selfbeeld nie so belangrik nie.”

Die regte lewe gaan eers van jou verwag om iets te bereik voordat jy goed kan voel oor jouself. Hierdie mag dalk vir jou ‘n skok wees. Continue reading

4 Kommentaar

Filed under Tieners

MENSE HET DIE GOEIE IN HULLE

Januarie is vir meeste van ons moeilike maande. Die vakansie het ons geldjies getap en daar is nuwe uitgawes vir die jaar wat aangegaan moet word.

In ons huis moes ons ons Graad 10 dogter toerus met skryfbehoeftes en klere vir die skooljaar. Die eerste skoolfonds moet betaal word en ek moes ons ander dogter se studiegelde by UNISA betaal. Ons gesin het egter die gebruik om aan die begin van die jaar ‘n sekere seun toe te rus vir sy skooljaar. Die ma is ‘n enkel ma en sy verdien net-net meer as die minimumloon.

Ons weet baie goed dat as ons nie help nie, gaan hierdie seun op een of ander stadium skool los omdat sy ma dit nie kan bekostig nie en omdat hy haar wil help. Continue reading

2 Kommentaar

Filed under Algemeen

VANDAG NOG SAL JY SAAM MET MY IN DIE PARADYS WEES

Wat gebeur as ‘n mens doodgaan?

Mens esal aanhou om die vraag te vra. Ek is nie ‘n akademikus nie en het beslis nie genoeg kennis om finale uitsprake oor hierdie sake te maak nie en sou heeltemal bereid wees om hieroor te sê: “Ek verstaan nog nie alles nie.” of selfs: “Ek dink ek moet anders dink oor hierdie saak.” Tog is die hele gedagte oor die lewe na die dood iets wat vir gelowiges ‘n ontsaglike groot bron van hoop is.

Ek moes hierdie ding vir myself verstaanbaar maak sodat ek kan probeer om vir mense troos en veral hoop te bring.

Vir my is Jesus se antwoord op die versoek van die moordenaar aan die kruis een van die meer hoopvolle uitsprake in die verband. Meeste ken die gebeure. Die misdadiger is saam met Jesus gekruisig. Op een of ander manier het die misdadiger tot die oortuiging gekom dat Jesus die Messias is en dat God deur Hom besig is om beheer te neem en dat God dus weer koning gaan wees. In sy misdadiger-gemoed is daar geen onsekerheid dat hy gaan sterf nie. Continue reading

11 Kommentaar

Filed under Lewe na die Dood, NT Teologie, NT Wright, Paastyd

NOU WAT DAN VAN DIE HEL?

Ek skryf hierdie post met versigtigheid. Om oor die hel te praat is omstrede.

Rob Bell het in 2011 Love Wins: A Book About Heaven, Hell, and the Fate of Every Person Who Ever Lived geskryf. Die boekie was topverkoper en een van die mees omstrede van die jaar.

Rob Bell is daarvan beskuldig dat hy Universalisme verkondig. Universalisme verkondig basies die boodskap dat alle mense gered sal word selfs mense soos Adolph Hitler en Osama Bib Laden. Na ‘n mens se dood het God dan al die tyd wat Hy nodig kan hê om deur sy liefde mense te oortuig sodat hulle die evangelie as die waarheid aanvaar.

Vir my is daar duidelike aanduidings in die Skrif dat daar wel ‘n hel is en dat sommige mense wel verlore gaan onmdat hulle nie in God geglo het nie. Continue reading

11 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Geloofsekerheid., Hel, Koninkryk van God, NT Teologie, NT Wright

NOU WAAR IS DIE HEMEL DAN?

Ek het so pas “Simply Jesus” van NT Wright gelees.

Wright het my aan die dink gesit oor ‘n hele paar dinge. Een daarvan is die hele kwessie oor die hemel. Hierdie gedagte van Wright kom in verskeie van sy boeke na vore:

“In the Bible, “heaven” and “earth” overlap and interlock, as the ancient Jews believed they did above all in the temple.” (p. 191)

Hemel is die plek waar God volkome in beheer is. “Heaven is the place from which the world is run.” (p 195) Ek kon nie anders as om te dink aan die manier waarop die evangelie volgens Markus Jesus se “intreepreek”  beskryf nie:

“Die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Markus 1:15)

In sy boekie King Jesus Gospel skryf Scot McKnight dat die koninkryk in Jesus so naby gekom het dat as jy jou arm uitsteek kan jy dit dalk binne in die koninkryk insteek. In Jesus het hemel en aarde ge-”overlap” en ge-”interlock”. Continue reading

5 Kommentaar

Filed under Boeke, Koninkryk van God, Nagedink, NT Wright, Scot McKnight

ONS SKRYF MOS ONS LIEFDESBRIEWE VIR VANDAG

Ons is terug in Pretoria n ‘n vinnige wegbreek na die hartjie van die Boveld. Ons was vir twee dae op die wildsplaas DOORNDRAAI LODGE.

Ek en “The Good Wife” het sommer net mekaar se geselskap geniet . Hier is ek by Hobbul en Osul. Hobbul beman die hek op die plaas en ons kon nie regtig uitwerk of Osul seun of kleinseun is nie.Doorndraai Lodge is in die Rooiberg omgewing. Die Bosveld is net op geen ander plek so Bosveld soos in hierdie omgewing nie. Mooi…..

Ek het gelees – Simply Jesus van NT Wright – en vroutjie het haar plakboek saam gehad en sy het die laaste paar jare se “memories” in die plakboeke georden. Ons het ook saam deur die ou plakboeke gegaan en onder andere weer gekyk na die briewe wat ons vir mekaar geskryf het in die jare voor ons getroud was.Ons was altwee baie verlief.

Ons wonder nogal hoe ons die briewe in die plakboeke moet hanteer. Op die staidum wil ons nie eers vir die kinders wat deur die plakboeke blaai wys wat ons vir mekaar geskryf en gesê het nie.

Terwyl ons nou die briewe wat ons vir mekaar geskryf het so lees en daaroor praat en die gebeure herroep, dink ek aan twee dinge.

Die eerste is… ons kinders gaan waarskynlik nie sulke briewe hê nie. Continue reading

7 Kommentaar

Filed under Algemeen, Die Bybel, Nagedink

MOENIE DIE “PAARTIE” MIS NIE

Ek lees Matteus 22, die gelykenis oor die bruilofsmaal waarheen die koning die mense nooi, maar elkeen op die gastelys het ‘n verskoning en vir een of ander rede kan hulle nie kom nie.

Op ‘n stadium raak die koning ongeduldig en stuur sy boodskappers om die mense na die bruilof te nooi wat aanvanklik nie op die gastelys was nie.

Ek lees toe in die week in Johannes 12:19 hoe kwaad die Fariseers raak omdat Jesus al hoe meer volgelinge trek. In die volgende vers vra Grieke, wat na dieselfde fees toe gekom het om te aanbid, vir een van die dissipels of hulle nie dalk met Jesus kan praat nie. 

Ek dink toe aan die gelykenis. Die Jode is die mense wat eintlik al eeue lank wag vir hierdie bruilof waarvan Jesus hier praat. Die bruilof wat Jesus na verwys het as die Koninkryk van God. Nou is die uitnodigings uit. Continue reading

4 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Koninkryk van God, Nagedink