OPENBARING – VERKONDIGING EN NIE VOORSPELLING NIE

Ek het al voorheen uit Openbaring gepreek. Maar, nie dikwels nie. Openbaring was vir my net te veel van ‘n gelade boek. Gelade in die sin dat ek gedink het daar is net te veel “clutter” waardeur ek sal moet breek voordat ek regtig daarby kon uitkom om die boodskap van Openbaring te kan bring. In die tweede plek was Openbaring selfs vir my as predikant met ‘n bietjie teologiese studies agter my, ‘n uitdaging. Ek was net eenvoudig nie seker of ek daarin sou kon slaag om eers Openbaring self te verstaan sodat ek kan probeer om dit vir die kinders van die Here van ons gemeente duidelik te maak nie.

Hierdie jaar is ek gedwing om dit te doen. Die Revised Common Lectionary het vir die Sondae tussen Paasfees en Pinkster tekste uit Openbaring voorgeskryf. Lees voort “OPENBARING – VERKONDIGING EN NIE VOORSPELLING NIE”

Blog at WordPress.com.

Up ↑