Maria was sonder twyfel baie verbaas toe sy die boodskap kry dat sy swanger is terwyl sy nog ‘n maagd was. Met ander woorde, dat God haar op ‘n wonderwerkende manier swanger gemaak het en dat uit haar die Verlosser van die wêreld gebore gaan word.
Verbaas sê egter sekerlik nie genoeg nie. Iewers moet die woord geskok ook inkom. (Maria is immers ongeveer 12-13 jaar oud.) Geskok haas sy haar na Elisabeth. Elisabeth is immers ook swanger – onverwags. Anders as Maria, het Elissbeth ten minste ‘n man.
Ek dink die reis na Elisabeth moes vir Maria baie tyd gegee het om te dink oor wat in haar aan die gebeur was. Lees voort “DIE LIED VAN MARIA 2”