In die gesprekke oor die Nuwe Jerusalem en die ewige lewe en die hel, of die tweede dood, het ek nogal opgetel dat sommige dink dat die hel dan die gevolg is van God se toorn of woede en dat God dan nou in die hel kans kry om Hom op die arme sondaars te wreek. Onder andere het ek die vraag gekry:
Kan ‘n God van liefde kwaad word?
Die vraag sluit natuurlik aan by ‘n hele paar Ou Testamentiese tekste wat verwys na God se toorn (Engels – wrath), dalk selfs Jesus se optrede in die tempel wanneer Hy die tafels van die geldwisselaars omgooi. Lees voort “KAN ‘N GOD VAN LIEFDE DAN KWAAD WORD?”