MOENIE OOR JOU SORGE MEDITEER NIE (DAG 5)

Ons kleingroep het gister na die eerste DVD van Rick Warren gekyk oor die 40 Dae in die Woord. Ek was verstom oor hoe die groep die “SPREEK DIT UIT” metode baas geraak het. Sonder dat hulle mooi daaroor gedink het, het ons as groep saam gemediteer oor Kol 3:15.

In die Dagstukkies mediteer ons vanoggend oor Filippense 4:6:

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”

Hierdie is seker een van die bekendste verse oor gebed.

“Moet…” Ek dink die betekenis is duidelik. Lees voort “MOENIE OOR JOU SORGE MEDITEER NIE (DAG 5)”

OGGENDGEBED 17 DESEMBER 2012

Heilige Gees, U is die kosbaarste geskenk wat ons as gelowiges en as kerk ontvang het toe Jesus Christus sy plek as Koning aan die regterhand van die Vader ingeneem het. Here Jesus, U het ons geleer dat die werking van die Geessoos die wind is. Die wind waai waar hy wil en ons hoor sy geluid, maar niemand weet waar dit vandaan kom of waar dit heengaan nie.

Ek dink vanoggend aan die sterk Suid-Oos wind wat ‘n paar weke terug die Kaap geteister het. Almal van ons kon sien dat dit baie harde werk is om teen die wind te beweeg. Lees voort “OGGENDGEBED 17 DESEMBER 2012”

OGGENDGEBED 2 DESEMBER 2012

Hemelse Vader, ek aanbid U in hierdie vroeë oggend as die Skepper van die hemel en die aarde. Hierdie is die eerste Sondag in daardie tyd van die jaar waarop ons begin om na te dink oor die betekenis van die koms van U Seun Jesus Christus.

Here Jesus, ek bid vir U liggaam wat vandag op miljoene plekke dwarsoor die wêreld bymekaar gaan kom. Sommige op erg tradisionele en selfs rigiede maniere en ander selfs sonder enige vorm van struktuur en voorspelbaarheid. Dankie dat U die vermoë het om by ons “boksies” verby te kyk en mense in hulle omstandighede te ontmoet en in U heilige teenwoordigheid te verwelkom.

Dankie vir die voorreg wat ek persoonlik het om met vakansie te wees.

Ek bid vir gelowiges wat so saam sal wees en vra dat U teenwoordigheid in hierdie dag ook genesing en versoening sal bewerk wanneer U kinders saamkom om U te aanbid.

Ek gee ook my lewe aan die begin van hierdie dag aan U oor om deur U gebruik te word soos U wil.

Laat U koninkryk in hierdie dag deur my ook op die aarde kom net soos in die hemel.

Amen

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑