IN DIE OOG VAN DIE STORM (DAG 10)

Ons mediteer vandag oor Markus 4:35-41.

Laat daardie middag sê Jesus vir sy dissipels: “Kom ons vaar oorkant toe.”

Hulle het toe die mense wat daar was, daar laat bly en Hom saamgeneem in die skuit waarin Hy gesit het. Daar was ook nog ander skuite by. Skielik het daar ‘n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”
Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!”
Die wind het gaan lê en daar het ‘n groot stilte gekom. Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?”
Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”
Wees ‘n dissipel: Het Jesus jou al ooit in ‘n storm ingelei? Voel dit soms asof Hy aan die slaap is?
Toe ek hierdie vraag lees, toe dink ek vir die eerste keer daaraan dat dit Jesus was wat eintlik vir die dissipels in die storm ingelei het. Lees voort “IN DIE OOG VAN DIE STORM (DAG 10)”

TOT VOORDEEL VAN DIE GEHEEL

Ek lees vanoggend die baie bekende Handelinge 2 :42.

“Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.”

Ek besef net hoe hierdie die kern is van dissipelskap. Die eerste Christene het hierdie kern van dissipelskap mooi verstaan. Hulle het besef dat as dissipels het hulle nodig om te luister, te leer, te dink en dan op te tree en te leef in ooreenstemming met dit wat hulle gehoor, geleer en gedink het. Ortodoksie wat opgevolg word deur ortopraksie. Lees voort “TOT VOORDEEL VAN DIE GEHEEL”

LEWENSMISSIE

Ek is amper bang om die woord “missie” hierbo te skryf. “Missie” en “missionêr” is na my mening oor-gebruikte woorde. Onder missie verstaan ek die antwoord op die vraag: “Hoekom is ek hier?” Die antwoord op dié vraag lees eintlik soos ‘n missieverklaring: “Ek glo dat God my geskep het om Hom te loof, Hom lief te hê en Hom en ander te dien.” Hoe hierdie lewensmissie in elke individuele mens se lewe tot uitdrukking kom is weereens uniek en net ‘n bewys van die absolute kleurvolle en kreatiewe God wat ons hiertoe geroep en gevorm het. Wanneer ons toelaat dat ons ongeorganiseerde, of soms oor-georganiseerde, lewens en besig wees met ons eie dinge en belange ons perspektief op die saak versteur, dan ontdek ons dat daar nie meer balans in ons lewens is nie. Ons raak ongelukkig en ontevrede.

Ignatius van Loyola sien ongeërgdheid (Indifference) as die oplossing, die eienskap waarna elkeen van ons moet soek. Met ongeërgdheid word nie bedoel dat ek glad nie meer vir dinge omgee of selfs daaraan geheg raak nie, maar eerder dat ek baie liggies vashou aan al die gawes wat ek uit God se hand ontvang. Vir elke kosbare gawe is ek eerbiedig dankbaar en ek ontvang dit met vreugde, maar terselfdertyd is my verbondheid daaraan liggies, effentjies. Ek omhels hierdie gawe of ek laat dit gaan, alles afhangende van hoe dit my help om my lewensmissie te leef: om Hom te loof, Hom lief te hê en Hom en ander te dien. Ongelukkig is dit ook so dat dieselfde dinge wat God in sy groot genade as geskenke of gawes aan ons gee, maklik ook afstand tussen ons en Hom kan bring. Wanneer dit gebeur en ons dit begin besef, dan moet ons besef dat ons lankal nie meer God se gawes liefdevol en dankbaar omhels nie, maar dit nou in een of ander besitlike greep vasgegryp het. Dan is dit tyd om te laat gaan. Ongeërgdheid is die gewilligheid om so te lewe dat ek in staat sal wees om dit te laat gaan as dit nodig is.

In hierdie trant praat ons gisteroggend tydens ons Bybelstudie oor afgodery. ‘n Moeilike konsep vir mense van die 20ste eeu. Die groep se definisie van ‘n afgod was op die ou end enige iets anders as God wat jou vrede en jou vreugde bepaal. Ons het onder andere gepraat oor hoe goed soos sport en die ekonomie en die omstandighede in ons land en die toekoms van ons kinders en kleinkinders in hierdie land en die misdaad en die korrupsie tot gevolg het dat Christene “depressief” raak. Wanneer ons dan depressief raak kan ons nie meer uitdrukking gee ons skeppingsdoel nie: om Hom te loof, Hom lief te hê en Hom en ander te dien.

God en God alleen moet die bron van vrede en vreugde vir my lewe wees.

Alles op hierdie aarde en in ons lewens is aan ons gegee om ons te help om ons skeppingsdoel te verwesenlik. Ons moet al hierdie dinge gebruik om die doel te leef en ons vrymaak van die dinge in soverre dit ons verhinder om Hom te loof, Hom lief te hê en Hom en ander te dien.

Makliker gesê as gedoen?

“Hemelse Vader maak my meer en meer bewus van die doel waarvoor U my hier op aarde geplaas het. Leer my om U met oorgawe te loof en te prys en ook om U en ander rondom my te dien. Gee my die genade om ongeërg te lewe met die dinge wat U my in U groot genade so vryelik skenk. Leer my om die mens wat ek voor U my liefdevolle God is, met my hele wese te omhels.”

DISSIPELSKAP IS NIE VIR SISSIES NIE

Sondagaand sal ek met ‘n groep tieners ‘n gesprek voer oor dissipelskap. Nie ‘n maklike gesprek nie. Die teks waaroor ek Sondag gaan preek handel ook in ‘n sekere sin oor dissipelskap.

Wanneer 1 Kor 9:24-27 besef ek: Dissipelskap is nie vir sissies nie.

Dietrich Bonnhoeffer is waarskynlik die persoon wat erkenning moet kry vir die term “goedkoop genade.” Een van die bekendste aanhalings uit sy boek “The Cost of Discipleship.” handel hieroor: Lees voort “DISSIPELSKAP IS NIE VIR SISSIES NIE”

BELYDENISAFLEGGING – ‘N MENSGEMAAKTE WET?

Ek en my belydenisgroep vir 2012 het verlede Sondag-aand ons “journey” vir die jaar saam begin.Vroeg reeds het een van die kinders gevra:

Hoekom moet ons hierdie mensgemaakte wette volg? Dit gaan mos net oor ‘n verhouding met die Here.

Ek het die vraag laat oorstaan tot gisteraand en toe het ons as groep daaroor gepraat. Ek was toe nie verbaas om te hoor waarom sommige van die kinders moeite doen om belydenis van hulle geloof af te lê nie. Die volgende redes is genoem: Lees voort “BELYDENISAFLEGGING – ‘N MENSGEMAAKTE WET?”

Blog at WordPress.com.

Up ↑