Tag Archives: Boeke

DIE VOLLE EVANGELIE

Scot McKnight se boek: “The King Jesus Gospel: The Original Good News Revisited.” is n besondere boek.

Scot is die Karl A Olsson Professor in Religious Studies aan North Park University in Chicago in die die VSA. Scot is ’n wel erkende Nuwe-Testamentikus. Hy het Suid-Afrika reeds by twee geleenthede besoek en ek en Renate het die voorreg gehad om by die eerste geleentheid hom as ons gas te hê.

Ek het die boek regtig geniet. Ek dink sekere van sy uitsprake sal kritiek ontlok. Tog was daar ‘’n paar momente wat vir my uitstaan. Die ontstaan van veral die Apostoliese Geloofsbelydenis en die belydenis van Nicea was weer vir my interessant om te lees. Hy herinner ons ook daaraan dat die belydenisse die samevatting is van die Evangelie – die volle evangelie. Die manier waarop hy die kerkgeskiedenis gebruik om sy argumente te staaf en te verduidelik is sommer net lekker.

Scot skop in hierdie boek teen die gereduseerde evangelie waarmee sy eie geloofsgemeenskappe, die “evangelicals”, geneig is om te werk. Lees voort

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Boeke, Die Christelike Lewe