WATTER SKOENE DRA JOU VERHOUDING MET DIE HERE

Ek het Dinsdag-oggend by Hoërskool John Vorster geopen. Sondag het ek ook hulle erediens vir die Graad 8’s gehou en HIER daaroor geskryf. Die vraag wat ek Dinsdag-oggend gevra het is:

WATTER SKOENE DRA JOU VERHOUING MET DIE HERE

Ek het verskillende pare skoene saamgevat om die punt vir hulle te illustreer.

 

Die eerste paar skoene was netjiese hofskoene. Daardie skoene wat veral vrouens net vir spesiale geleenthede aantrek. Het ek dalk ‘n mooi, blink, indrukwekkende verhouding met die Here, maar dit word op Sondae en baie spesiale geleenthede uitgehaal.

 

 

Die tweede paar skoene was ‘n paar pantoffels. Lees voort “WATTER SKOENE DRA JOU VERHOUDING MET DIE HERE”

DIE VERHAAL

Ons gemeente se tienerbediening het Sondag-aand afgeskop. Ons gaan deur die loop van die jaar elke Sondag-aand kronologies van die belangriker verhale van die Bybel vertel.  Let wel, die klem is nie op lees nie, maar op vertel. Ons gaan die verhaal van die Bybel vertel.

Almal kan nie ewe goed lees en ewe goed verstaan wat hulle lees nie. Maar almal kan ‘n verhaal vertel. Ons eerste doelwit is dat elke kind wat hierdie jaar deur ons “hande” gaan ten minste die geleentheid sou gehad het om hierdie verhale so te leer ken dat hulle dit kan oorvertel.

Die Bybel is een groot verhaal – God se verhaal. Job is die oudste boek in die Bybel (1500v.C.) en Maleagi is die jongste in die Ou Testament (Ongeveer 400 n.C) 1 Tessalonisense is in die omgewing van 51 n.C geskryf en Openbaring in 91 n.C. met al die ander boeke iewers tussen in.

Die Bybel vertel die verhaal van God. Wat ons die Bybel het is wat eers die Israeliete en daarna die eerste gelowiges in die eerste eeu (voor 100 n.C) vir mekaar vertel het om sin te maak van hulle lewe en wie en wat God is. Die Bybel is ‘n samestelling van geskrifte deur mense wat onder die leiding van die Heilige Gees geskryf het. Die skrywers was dikwels nie eers bewus van die bestaan van ander geskrifte nie. Tog bevestig al die boeke van die Bybel dieselfde verhaal. ‘n Mens sou dalk die verhaal heel kripties so kon vertel: Lees voort “DIE VERHAAL”

TIENERS: HIERDIE MOET JY WEET

Ek het gister by ons plaaslike tegniese skool, Hoërskool John Vorster, ‘n erediens vir hulle Graad 8’s en die se ouers gehou. Een van John Vorster se mooi tradisies wat getrou bygewoon word. Na die diens vertel die hoof vir my van hulle skool se besondere prestasie met verlede jaar se matrieks. Hulle het ‘n 99% slaagsyfer met kinders wat besonder goed presteer het. Hy spog egter met hulle 100% plasingsyfer. Elke matrikulant is of by ‘n universiteit, of by ‘n technikon of by ‘n werk geplaas. Ek dink nie daar is baie skole wat met so ‘n rekord kan spog nie.

Ek het die volgende as raamwerk vir my gesprek gebruik:

Charles J Sykes het ‘n boek geskryf met die titel: 50 Rules Kids Won’t Learn in School Antidotes to Feel Good Education. Ek het ‘n paar van sy punte hier gelys.

“Die lewe is nie regverdig nie.”

Raak gewoond daaraan. Die deursnee tiener gebruik die uitdrukking “Dis nie ‘fair” nie.” 8.6 keer per dag. Die lewe is nie regverdig nie.

“In die regte lewe is jou selfbeeld nie so belangrik nie.”

Die regte lewe gaan eers van jou verwag om iets te bereik voordat jy goed kan voel oor jouself. Hierdie mag dalk vir jou ‘n skok wees. Lees voort “TIENERS: HIERDIE MOET JY WEET”

DIE BYBEL AS VERHAAL

Mense hou van verhale of stories.

Wanneer ek preek maak ek dikwels van alledaagse gebeure gebruik om ‘n bepaalde punt te beklemtoon. Ek is dikwels verbaas hoe die “stories” wat ek vertel mense se aandag kry. Wanneer mense dan by die kerk uitstap, onthou hulle dikwels die “storie” wat ek vertel het en nie noodwendig punt 1, 2 en 3 wat ek in die preek wou maak nie.(Ja, my preke het dikwels ‘n paar punte.) Daarmee saam plaas ek dikwels die gedeelte wat ons lees binne die historiese en sosiale konteks van die teks se ontstaan. Mense geniet dit. Geskiedenis is ook mos maar verhalend.

Sulke illustrasies gaan gepaard met risiko. Mense kan dalk die “storie” onthou en vergeet wat die punt is wat jy met die storie wou beklemtoon. Hoe dit ookal sy, mense geniet stories.Omdat mense van “stories” hou, vertel ek dikwels van die Bybel gebeure in ‘n “storie”-vorm.  Verlede jaar (2011) was ek verstom om te sien hoe min van die Bybel-verhale is daar wat die tieners ken.

Toe ek aan die einde van die jaar bietjie evalueer, is dit ook die twee preke wat die tieners in die belydenisklas onthou. Lees voort “DIE BYBEL AS VERHAAL”

VANDAG SE TIENERS – DIE “SO WHAT” GESLAG

Die post-moderne mens is ‘n spirituele mens. Hy is op soek na een of ander vorm van spiritualiteit. Hierdie spiritualiteit behels dat hierdie mens tog vrae vra met betrekking tot die doel van die lewe; ‘n opperwese; God se plan met my lewe; ens. Die implikasie daarvan is dat ons as Christene dan ten minste by hierdie vrae wat gevra word kan aansluit en dit gebruik as ‘n geleentheid om ‘n verhouding aan te knoop en die evangelie te deel.

Nou wil dit lyk asof die gety weereens gedraai het. Die gedagte van die post-moderne mens as iemand met ‘n spirituele behoefte was blykbaar (soos iemand dit noem) “the flavour of the decade”. Die nuwe groep mense waarmee die kerk rekening moet hou is die “so what” mense. Cathy Lynn Grossmann skryf HIER ‘n artikel daaroor. Ek dink ons is nou baie nader aan die mense met wie ons werk.

Ek is tans die slagoffer (:-) van ‘n vierde tiener en, anders as ander ouers en tieners het die Here my nie geseën met foutlose wesens as kinders nie. Ek het elkeen van my kinders onvervangbaar baie lief, maar hulle is nie volmaak is nie. Daarmee saam werk ek al vir meer as 20 jaar met tieners. Die tieners met wie ek vandag werk is anders as die tieners wat saam met my oudste dogter Andrèa (nou 29) deel van ‘n tienergroep was.

Die “so-what-beskrywing” is vir my ‘n lekker beskrywing. Lees voort “VANDAG SE TIENERS – DIE “SO WHAT” GESLAG”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑