CHRIST SCENE INVESTIGATORS

Ek het verlede Donderdag HIER verwys na die interessante tipe van metafoor waarmee die jeugleiers vir hierdie jaar vorendag gekom het. Die metafoor is CHRIST SCENE INVESTIGATORS. Die metafoor is gebaseer op die TV Reeks CRIME SCENE INVESTIGATORS of CSI. CSI’s ondersoek ‘n misdaadtoneel vir enige leidrade met betrekking tot die misdaad wat gepleeg is. Wanneer hulle dan die leidrade ‘n bietjie van naderby ondersoek, dan kan hulle op die ou end die oortreder identifiseer, opspoor en arresteer.

Ons is hierdie jaar CSI’s. Die enigste verskil is dat ons nie ‘n misdaadtoneel ondersoek nie. Ons ondersoek die Christus-toneel. Die toneel waar die opgestane Here Jesus lewend aan die werk is. Die aarde en alles daarop, die see en alles daarin, die ganse skepping is die werkplek van ons Here.  Lees voort “CHRIST SCENE INVESTIGATORS”

WAAR IS DIE KOFFIETAFEL?

Dinsdag-aand vra iemand: Mag ek net weet wanneer die koffietafel dan weer aan die gang kom? Nou ja, hier is die resultaat van daardie vraag. Laat ek gou verduidelik waarom dit Dinsdagaand was.

Ek is baie bevoorreg om ‘n lekker span volwassenes te hê wat elke jaar saam met die tieners van ons in gemeente reis. (Op enkele uitsonderings na is almal van hulle self ook ouers van tieners.) Die tieners praat van “journey.” Nou ja ons “journey” Dinsdae-aande in ‘n kleingroep en dan “journey” hulle weer Sondae-aande saam met die tieners in kleingroepe. Ons maak gebruik van KONTAK se materiaal wat ons soms so hier en daar bietjie aanpas vir ons eie gebruik. Lees voort “WAAR IS DIE KOFFIETAFEL?”

TIENERS EN DIE BYBEL – DIE NUWE VERTALING HET OUD GEWORD

Ek het gisteraand met die groepie tieners in my belydenisgroep oor gebed gepraat. Uit die aard van die saak moes Matteus 6:5-13 deel van die egsprek wees omdat die Ons Vader gebed daar staan.

Ons begin toe deur vers vir vers in die 1983 vertaling (Vir ons garde nie Nuwe Vertaling) te lees. Ek het spesifiek die 1983 vertaling gekies omdat die van hulle wat wel die Ons Vader gebed as kind geleer het, daardie woorde sou geleer het.

Ons het begin deur die vers hardop saam te lees en dan praat ons in groepies van twee of drie oor die vers, waarna ons as groot groep die vers bespreek.

Ons kom toe by vers 6: Lees voort “TIENERS EN DIE BYBEL – DIE NUWE VERTALING HET OUD GEWORD”

KAIN EN ABEL 5

Ek lees in hierdie week Genesis 4 saam met my Belydenisgroep. Ek moedig hulle aan om elke dag die verhaal van Kain en Abel te lees. Ek skryf dan drie of vier sinne op ‘n Facebook Bladsy wat hulle kan lees en selfs saam oor gesels.

Hier skryf ek dan ‘n bietjie meer.

Jy kan die vorige skrywes hieroor gaan lees by: Kain en Abel 1; Kain en Abel 2;  Kain en Abel 3; Kain en Abel 4.

God dwing Kain om verantwoordelikheid vir sy dade te aanvaar. God kondig ook Kain se straf in geen onduidelike terme aan:

“Vervloek is jy dan nou, verban van die grond af wat gretig die bloed van jou broer uit jou hand opgeslurp het. Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie sy opbrengs vir jou gee nie. Jy sal ‘n doellose swerwer op aarde word.” (Genesis 4:12)

Die Nuwe Testament stel dit so:

“Die loon wat die sonde gee is die dood.” (Romeine 6:23a)

Kain pleit versagtende omstandighede:

“My straf is te swaar om te dra. U verdryf my nou van my grond af, en tot U het ek nie meer toegang nie. Ek sal ‘n doellose swerwer op aarde wees, en wie my raakloop sal my vermoor.”

God gee toe:

“Nee! Wie Kain vermoor sal sewe maal gestraf word. Toe gee die Here vir Kain ‘n teken sodat niemand wat hom raakloop, hom sou doodmaak nie.” (Genesis 4:15)

God gee versagting aan Adam en Eva. Hulle sterf nie dadelik nie. Hulle word net uit die tuin verban om in die sweet van hulle aangesig hulle brood te verdien. God gee versagting aan Kain. Mense sou hom nie doodmaak nie. Net God mag doodmaak. Niemand mag Kain doodmaak nie.

Aan die kruis op Golgota pleit Jesus versagting:

“Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.”

En God staan versagting toe:

“Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.” (Romeine 6:23)

Ek dink nie ons hoef regtig bekommerd te wees dat mense ons sou wou doodmaak soos in die geval van Kain nie. Een ding weet ek, en dit is dat as die duiwel sy sin kry, sou hy ons graag wil doodmaak.

Maar God het vir my en my kinders en dalk vir jou en jou kinders ‘n merk gegee wat die duiwel sal herinner: “Hierdie een behoort aan My! Net Ek mag doodmaak!”

As jy weer oorweldig word deur jou sonde en onverantwoordelike optrede en jy wonder of God se genade vir jou genoeg is, vat aan jou voorkop. Daar het die waterdruppels geval waarmee God jou as sy eiendom gemerk het. Alhoewel almal van ons net soos Kain maar ‘n ernstige geneigdheid tot sonde het, beteken dit nie dat ons nie aan God behoort nie.

 

KAIN EN ABEL 4

Ek lees in hierdie week Genesis 4 saam met my Belydenisgroep. Ek moedig hulle aan om elke dag die verhaal van Kain en Abel te lees. Ek skryf dan drie of vier sinne op ‘n Facebook Bladsy wat hulle kan lees en selfs saam oor gesels.

Hier skryf ek dan ‘n bietjie meer.

Jy kan die vorige skrywes hieroor gaan lees by: Kain en Abel 1; Kain en Abel 2;  Kain en Abel 3.

Kain het gedoen wat hy hom in sy hart voorgeneem het om te doen. Hy het Abel doodgemaak omdat God Abel se offer aanvaar het en syne nie. Lees voort “KAIN EN ABEL 4”

KAIN EN ABEL 3

Ek lees in hierdie week Genesis 4 saam met my Belydenisgroep. Ek moedig hulle aan om elke dag die verhaal van Kain en Abel te lees. Ek skryf dan drie of vier sinne op ‘n Facebook Bladsy wat hulle kan lees en selfs saam oor gesels.

Ek het Maandag HIER oor die twee broers geskryf en gister HIER.

Gister het ek geskryf oor hoe God Kain probeer keer om te doen wat hy hom reeds in sy hart voorgeneem het om te doen.

Die tragiese is…. God kon Kain nie keer nie.

Ek wonder watter emosies het Kain beleef toe hy agterkom dat God nie sy offer aanvaar het nie. Lees voort “KAIN EN ABEL 3”

KAIN EN ABEL 2

Genesis 4 is die verhaal van Kain en Abel en die gedeelte wat ek hierdie week saam met my belydeniskals lees. Ek het gister ook ‘n paar gedagtes hieroor geskryf.

Kain en Abel het gaan offer. God het Abels se offer aanvaar, maar nie Kain sin nie.

Kain het depressief geword oor sy offer nie aanvaar is nie. Gister het ek geskryf oor die gedagte dat Kain se lewe van so ‘n aard was dat God nie sy offer aanvaar het nie.

Vandag wil ek graag die gedagte beklemtoon: God is altyd op die spoor van die sondaar.

In Genesis 3 lees ons van die sondeval.

“Maar die Here God net na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” (Genesis 3:9)

God was op die gevalle Adam en Eva se spoor. Hy wou hulle nie laat los nie.

Hier is dit weer dieselfde. Kain het haat en bitterheid in sy hart. Hy is kwaad vir God en hy haat sy broer. En God neem die inisiatief – God maak kontak:  Lees voort “KAIN EN ABEL 2”

KAIN EN ABEL 1

Ek lees in hierdie week Genesis 4 saam met my Belydenisgroep. Ek moedig hulle aan om elke dag die verhaal van Kain en Abel te lees. Ek skryf dan drie of vier sinne op ‘n Facebook Bladsy wat hulle kan lees en selfs saam oor gesels.

Ek leer ‘n paar lesse by Kain en Abel.

Ek wonder dikwels oor waarom Kain se offer nie aanvaar is nie. Lees voort “KAIN EN ABEL 1”

DALK IS JY NIE DIE HOOFKARAKTER IN GOD SE VERHAAL NIE

Scott Boren skryf in die week op sy blog die volgende:

“I have come to see how I am not the protagonist of God’s story. In fact, I am not even a main character. This does not diminish my importance or value in God’s eyes. It is simply a confession of the fact that God acts and initiates, and our part is simply a response to his initiation. But so often, we focus way too much upon our initiation and too little on what God does.”

In ons tienerbediening vertel ons hierdie jaar  Die Verhaal besig. Die Verhaal van God wat op weg is met sy eie. In Die Verhaal was daar oor duisende jare baie karakters en baie gebeure wat by wyse van Verhale van die een geslag na die ander oorgedra is.

Die fokusteks vir ons gemeente vir die week wat voorlê is 2 Konings 5:1-14 oor Naäman wat van melaatsheid genees word.Hierdie teks sluit aan by die Die Verhaal, maar toe ek Scot Boren se woorde lees, het ek onmiddelik aan Naäman gedink.

Anru Liebenberg (Wat intussen ook sy eie blog begin het) sal vanoggend by die een bedieningspunt preek oor die gedeelte. Lees voort “DALK IS JY NIE DIE HOOFKARAKTER IN GOD SE VERHAAL NIE”

OUERS EN TIENERS – OPBOUENDE DISSIPLINE

Die inskrywing oor lyfstraf het toe bietjie ge-“stir” net soos ek verwag het. Ek dink toe om ‘n paar opmerkings te maak oor die motivering van veral tieners want ek veronderstel dat lyfstraf motivering ten doel het. As ouers wil ons ons kinders ons kinders of negatiewe of skadelike gedrag afleer of positiewe of opbouende gedrag aanleer. Dus – Motiveer om iets op te hou doen of iets te begin doen en aan te hou om dit te doen.
ONVOORWAARDELIKE LIEFDE 
Ouers kan net hulle kinders positief motiveer indien hulle onvoorwaardelike liefde beleef. Lees voort “OUERS EN TIENERS – OPBOUENDE DISSIPLINE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑