KAIN EN ABEL 3

Ek lees in hierdie week Genesis 4 saam met my Belydenisgroep. Ek moedig hulle aan om elke dag die verhaal van Kain en Abel te lees. Ek skryf dan drie of vier sinne op ‘n Facebook Bladsy wat hulle kan lees en selfs saam oor gesels.

Ek het Maandag HIER oor die twee broers geskryf en gister HIER.

Gister het ek geskryf oor hoe God Kain probeer keer om te doen wat hy hom reeds in sy hart voorgeneem het om te doen.

Die tragiese is…. God kon Kain nie keer nie.

Ek wonder watter emosies het Kain beleef toe hy agterkom dat God nie sy offer aanvaar het nie. Lees voort “KAIN EN ABEL 3”

WATTER SKOENE DRA JOU VERHOUDING MET DIE HERE

Ek het Dinsdag-oggend by Hoërskool John Vorster geopen. Sondag het ek ook hulle erediens vir die Graad 8’s gehou en HIER daaroor geskryf. Die vraag wat ek Dinsdag-oggend gevra het is:

WATTER SKOENE DRA JOU VERHOUING MET DIE HERE

Ek het verskillende pare skoene saamgevat om die punt vir hulle te illustreer.

 

Die eerste paar skoene was netjiese hofskoene. Daardie skoene wat veral vrouens net vir spesiale geleenthede aantrek. Het ek dalk ‘n mooi, blink, indrukwekkende verhouding met die Here, maar dit word op Sondae en baie spesiale geleenthede uitgehaal.

 

 

Die tweede paar skoene was ‘n paar pantoffels. Lees voort “WATTER SKOENE DRA JOU VERHOUDING MET DIE HERE”

DIE SLAWEDOGTERTJIE

Baie, baie jare gelede in ‘n vreemde land was daar ‘n baie dapper generaal. Hierdie generaal was ‘n goeie soldaat en die koning van daardie land het die genraal vertrou om al sy oorloë te voer. Onder die dapper generaal se leiding het die koning se weermag die een groot oorwinning oor die ander behaal.

Op daardie stadium het oorlog onder andere behels dat die soldate in bendes opruk na die buurlande en strooptogte uitvoer. Die bendes het dikwels ook mense uit die ander lande ontvoer om dan in hulle land as slawe te werk. Tydens een van hierdie strooptogte het die generaal ‘n jong meisie gevange geneem en na sy huis toe geneem om daar vir sy vrou as bediende te werk.

Op ‘n dag het die generaal baie siek begin word. Hy het ‘n baie aansteeklike velsiekte gehad. Die jongmeisie het gesien hoe ongelukkig die generaal se siekte haar eienares maak en dit het haar ook ongelukkig gemaak. Op ‘n dag sê die jongmeisie vir die generaal se vrou: “Daar waar ek vandaan kom, in my tuisdorp, is daar ‘n bekende godsdienstige man. As meneer by hom kan uitkom, sal hy meneer sekerlik gesond maak.”

Intussen het die koning gehoor van sy dapper generaal se siekte. Lees voort “DIE SLAWEDOGTERTJIE”

ingestem op god

Ek en Renate maak van tyd tot tyd so ‘n bietjie musiek, sy speel klavier en ek speel kitaar.

Verlede week was een van daardie geleenthede. Ek het my kitaar gaan haal om saam met haar te speel en so ‘n bietjie saam met haar te sing. Maar, voordat ons enige iets kon doen, moes ons eerste seker maak dat die twee instrumente ingestem is. Met ander woorde, die C snaar op die kitaar moet dieselfde toonhoogte wees as die C op die klavier ens. Lees voort “ingestem op god”

‘n Gelykenis, Jesus se hemelvaart.

‘n Gelykenis is wanneer ‘n mens ‘n beeld of ‘n storie gebruik om mense te help om ‘n saak beter te verstaan. Soms gebruik ek gebeure uit my eie lewe, ander kere is dit sommer net ‘n opgemaakte storie wat nie regtig gebeur het nie. Hierdie gelykenis is een van daardie wat nie regtig gebeur het nie.

Met Jesus se hemelvaart, het ‘n groepie engele Hom net agter die wolkehemel waar die dissipels nie meer kon sien nie, Jesus ingewag. Die volgende is ‘n (fiktiewe) gesprek wat tussen Jesus en die engele plaas gevind het: Lees voort “‘n Gelykenis, Jesus se hemelvaart.”

Blog at WordPress.com.

Up ↑