Laat U Koninkryk kom (31 Des 2017)

Ek plaas hier my notas wat ek gebruik het toe ek oor Psalm 126 gepreek het. Die aantekeninge is nie in ‘n leesstyl noodwendig nie. Dit is geskryf in die preek-genre.

Die erediens was ons gemeente se laaste erediens vir 2017 op 31 Desember 2017. Lees voort “Laat U Koninkryk kom (31 Des 2017)”

Preek: Nie foto’s nie, voetstappe

Preek Rom 10:5-15

Foto’s speel ‘n belangrike rol in ons lewens

As dominee kom ek in baie mense se huise. In feitlik elke huis wat ek kom, is daar in die vertrek waar ons kuier foto’s. Foto’s laat mens verstaan watter mense is vir die mense van hierdie huis belangrik. Meestal is dit foto’s van familie. Kinders en kleinkinders en broers en susters. In ons huis is dit nie anders nie. In ons sitkamer is daar rame vir elkeen van die kinders met ‘n paar foto’s van hulle alleen en dan ook saam met die res van die familie. Die foto’s laat my onthou. Interessant, ek onthou selde indien ooit dieselfde ding. Ek dink baie keer aan hoe vinnig hulle groot geword het. Hoe die jare  verby gevlieg het. Ek onthou soms die omstandighede waarin die foto geneem is. Ander kere dink ek aan iets wat ek onthou wat hulle gedoen het; of ek wonder waarmee hulle nou besig is.

Die foto’s laat my ook verlang. Ek wens hulle wil kom kuier. Ek wil hulle graag by my hê. ‘n Foto is net nie genoeg nie. ‘n Foto is mos nie die persoon nie. ‘n Foto is net ‘n afbeelding van die persoon. Terwyl ek na die foto kyk is die persoon nai wie se foto ek kyk op ‘n ander plek besig om iets anders te doen.

As hulle by die is, is dit anders. As hulle by die huis is hoor ek hulle; sien ek hulle; raak ek aan hulle. Heerlik om die een in die foto by jou te hê. Ons kinders kom hierdie naweek. Drie van die vier gaan by die huis wees.

Dink nou net vir een oomblik, hoe sou dit wees as ek hierdie naweek terwyl die kinders hier is en hulle seker buite rondom ‘n braaivleisvuur kuier, in die huis is en na die foto’s kyk van dieselfde kinders wat buite is.

Israel het aan ‘n foto bly vashou. Lees voort “Preek: Nie foto’s nie, voetstappe”

‘n Eietydse Gelykenis – So kom die Koninkryk

Matteus 13:31-33, 44-52 

Gelykenisse en die “misterie” van die koninkryk.

In die drie evangelies, Matteus, Markus en Lukas vertel Jesus in totaal 32 gelykenisse. Gelykenisse was ‘n baie belangrike deel van hoe Jesus die mense en die dissipels geleer het. Die gelykenisse was nie maklik om te verstaan nie. Daarom het die dissipels Jesus soms gevra om te verduidelik wanneer hulle alleen by Hom was. In Matteus 13:11 vra die dissipels vir Jesus hoekom Hy van gelykenisse gebruik maak. Jesus antwoord hulle so: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.” (Mt 13:12) Die Griekse woord wat met geheime vertaal is, is musteria. Dit klink en lyk soos “mysterie” of “misterie.” Die koninkryk van God het geheimenisse wat net vir sekere mense toeganklik is. Die koninkryk is ‘n misterie wat nie alle mense beleef nie.

In Matteus en Markus begin Jesus sy bediening met die opmerking dat die koninkryk in Hom tot by ons gekom het. Hoe kom God se koninkryk in hierdie wêreld? Om die vraag te verduidelik het Jesus onder andere die gelykenis van die saaier vertel en toe ook die gelykenis van die onkruid. In vandag se gedeelte vertel Jesus ses kort gelykenisse wat ook handel oor die koms van die koninkryk.

Leerlinge van die koninkryk.

Dit is juis een van hierdie gelykenisse, die laaste een (13:52),  wat iets verduidelik van die gelykenisse. Lees voort “‘n Eietydse Gelykenis – So kom die Koninkryk”

Preek: Matteus 13:24-30, 36-43

Daar sing Steve Hofmeyer vir hom ‘n storm los toe hy by die Oppikoppifees en in Australië die stem sing. Volgens hom ‘n stukkie protes teen dit wat tans in die land aan die gebeur is en spesifiek dit wat besig is om met die Afrikaansprekende mense gebeur. Desmond Tutu het op sy beurt mense baie ongemaklik gehad met sy opmerking dat hy persoonlik ‘n ondersteuner van genadedood is. Dan is daar ook nog die oorlog tussen Israel en Palestina waar mense teenoor mekaar te staan kom. Ander warm onderwerpe is natuurlik ontgroenings- of inlywing- of verwelkoming – of oriëenteringsstradisies en kultuur by verskillende Universiteite. Homoseksualiteit, saamwoon voor dioe huwelik, kerkeenheid, die Belhar belydenis.

Die briewekolomme van die koerante is aan die gons oor hierdie dinge en die sosiale media is nie vir een oomblik stil nie.

Die bietjie wat ek hieroor gelees het, laat my besef: Ons wil graag in ‘n swart en wit wêreld leef.  Lees voort “Preek: Matteus 13:24-30, 36-43”

‘N NUWE SKEPPING IN WORDING

Die laaste paar weke is ek baie besig om na te dink oor die gedagte dat God besig is om alles nuut te maak en dat die kerk in hierdie nuutmaakproses ‘n baie belangrike instrument in God se hand is.

As bv. Handelinge 3:1-26 lees, dan is dit duidelik dat God ‘n mate van kontinuïteit tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament ingebou – of kontinuïteit tussen tussen Israel en die kerk (Die Nuwe Israel).  ! Kor. 5:18 stel dit dan ook dat God die  bediening van die versoening aan ons (Die wat reeds ‘n nuwe skepping is omdat hulle in die Here Jesus glo) toevertrou het. Die kerk bedien die versoening aan die wêreld.

Hierdie nuutmaakproses begin op Pinskterdag wnneer die Heilige Gees uitgestort word. Lees voort “‘N NUWE SKEPPING IN WORDING”

SCOT MCKNIGHT -SUNDAY 4 MAY 2008

We had a wonderful evening with Scot McKnight last night. We had a full church and wonderful praise and worship. But the best of the night was definitely Scot himself. He spoke on the Power of Pentecost. You can listen to his teaching here: Scot McKnight – The Power of Pentecost.

For the people in South Africa: Scot McKnight is the Karl A. Olsson Professor in Religious Studies at North Park University. He lives with his wife, Kristen, in Chicago. He goes to church at Willowcreek in Chicago.

The five Dutch Reformed Churches in Rustenburg, South Africa made it possible to bring Scot to South Africa to teach at their annual Pentecost event and a few other places as well.

PREEK: SONDAG 28 APRIL 2008

Dit gaan nog steeds doller as kop af. Ek is besig met finale reëlings met betrekking tot Scot McKnight se besoek aan Suid Afrika wat Saterdag begin.

Ek het gister in ons gemeente uit Filippense 2:12-18 gepreek.

Ek het voorberei om hierdie aanhaling uit Thabo Mbeki se biografie te gebruik, maar op die laaste oomblik gedink dat die enkele aanhaling dalk al die ander dinge wat ek wil sê kan neutraliseer, met die gevolg dat ek dit nie gebruik het nie.

Ek is baie bewus van Thabo Mbeki se tekortkominge en onvermoë om werklik ‘n staatsman van formaat te wees en sy mislukking as bemiddelaar in Zimbabwe, wat tot gevolg gehad het en steeds tot gevolg het dat baie mense van Zimbabwe baie swaar kry. Tog het hierdie woorde in sy biografie het my laat dink: Lees voort “PREEK: SONDAG 28 APRIL 2008”

WAT SÊ DIE AANHALING VIR JOU

“Jy moet sê: So sê die Here my God vir Jerusalem: Kanaän is die land van jou herkoms en jou geboorte. Jou pa was ‘n Amoriet, jou ma ‘n Hetiet.

Toe jy gebore is, is jou naelstring nie afgesny nie, jy is nie gebad nie, nie met sout ingevryf nie en nie in doeke toegedraai nie.

Niemand was oor jou besorg of het soveel vir jou oorgehad dat hy een van dié dinge vir jou gedoen het nie. Jy is met afsku behandel en in die veld weggegooi die dag toe jy gebore is. Lees voort “WAT SÊ DIE AANHALING VIR JOU”

AS GESTUURDES VAN GOD

Hier is my preek van gister. Dankie vir elkeen wat deur die loop van die week ‘n inset gelewer het.

Teks: Lukas 10: 25-37

Tema: As Gestuurdes van God.

Inleiding.

Ons gemeente se missie is:

As gestuurdes van God, eer ons Hom, versorg ons mekaar, verleen ons hulp en bring ons hoop. Ons missie sê wie ons is en wat ons doen.

Ons is gestuurdes van God (IDENTITEIT) en ons eer Hom; ons versorg mekaar, ons verleen hulp en ons bring hoop (AKTIWITEIT).

Ons as gemeente het saam hierdie missie geformuleer en ons glo dat wanneer ons as gemeente hierdie missie leef, dan leef ons God se wil en plan vir ons NG Bergsig. ‘n Gemeente moet besig wees met dit waarmee God besig is. In besonder moet ons besig wees met dit waarmee God in hierdie wêreld besig is. As ‘n missionêre gemeente is ons God se teenwoordigheid in hierdie wêreld. Wanneer ons as gemeente ons missie leef, dan word God sigbaar in hierdie wêreld. Lees voort “AS GESTUURDES VAN GOD”

WAT VERWAG DIE HERE VAN MY IN 2008?

Hierdie is die preek wat ek gister in ons gemeente gepreek het. Hou dus in gedagte dat die preek op die lidmate van ons gemeente gemik was.

Teks: 2 Konings 20:1-111

Tema: Wat verwag die Here van my in 2008?

Hiskia was ‘n goeie koning. Hy was vyf en twintig toe hy koning geword het, (1 Konings 18:2) en hy was baie lief vir die Here. Alles wat Hiskia gedoen het, het hy vanuit ‘n persoonlike verhouding met die Here gedoen. Persoonlike verhouding het drie dinge beteken: Een: Hiskia vertrou die Here ten volle. Twee: Hiskia gehoorsaam die Here. Drie: Hiskia leef in die teenwoordigheid van die lewende Here. “Hiskia het op die Here die God van Israel vertrou. Nie een van al die konings van Juda voor of na Hiskia was soos hy nie. Hy was getrou aan die Here en hy het nie van Hom af weggedraai nie. Hiskia was gehoorsaam aan die gebooie wat die Here aan Moses gegee het. Die Here was by Hiskia, en Hiskia was voorspoedig in alles wat hy onderneem het.” (2 Konings 18:5-7a)

As koning het hy dadelik met ‘n godsdienstige regruk program begin, aangesien die volk vasgevang was in afgode. Enige iets wat God se plek in ‘n mens se lewe inneem en dan belangriker word as god, is ‘n afgod. In Israel se geval was dit hoogtes, klippilare, gewyde pale en ‘n koperslang. Lees voort “WAT VERWAG DIE HERE VAN MY IN 2008?”

Blog at WordPress.com.

Up ↑