Preek: Nie foto’s nie, voetstappe

Preek Rom 10:5-15

Foto’s speel ‘n belangrike rol in ons lewens

As dominee kom ek in baie mense se huise. In feitlik elke huis wat ek kom, is daar in die vertrek waar ons kuier foto’s. Foto’s laat mens verstaan watter mense is vir die mense van hierdie huis belangrik. Meestal is dit foto’s van familie. Kinders en kleinkinders en broers en susters. In ons huis is dit nie anders nie. In ons sitkamer is daar rame vir elkeen van die kinders met ‘n paar foto’s van hulle alleen en dan ook saam met die res van die familie. Die foto’s laat my onthou. Interessant, ek onthou selde indien ooit dieselfde ding. Ek dink baie keer aan hoe vinnig hulle groot geword het. Hoe die jare  verby gevlieg het. Ek onthou soms die omstandighede waarin die foto geneem is. Ander kere dink ek aan iets wat ek onthou wat hulle gedoen het; of ek wonder waarmee hulle nou besig is.

Die foto’s laat my ook verlang. Ek wens hulle wil kom kuier. Ek wil hulle graag by my hê. ‘n Foto is net nie genoeg nie. ‘n Foto is mos nie die persoon nie. ‘n Foto is net ‘n afbeelding van die persoon. Terwyl ek na die foto kyk is die persoon nai wie se foto ek kyk op ‘n ander plek besig om iets anders te doen.

As hulle by die is, is dit anders. As hulle by die huis is hoor ek hulle; sien ek hulle; raak ek aan hulle. Heerlik om die een in die foto by jou te hê. Ons kinders kom hierdie naweek. Drie van die vier gaan by die huis wees.

Dink nou net vir een oomblik, hoe sou dit wees as ek hierdie naweek terwyl die kinders hier is en hulle seker buite rondom ‘n braaivleisvuur kuier, in die huis is en na die foto’s kyk van dieselfde kinders wat buite is.

Israel het aan ‘n foto bly vashou. Lees voort “Preek: Nie foto’s nie, voetstappe”

JESUS HET VERKONDIG – ONS MOET OOK!

Ek het gister geskryf oor Jesus wat in die sinagoge geleer het en wat dit beteken. In Matteus 4:23 doen Jesus drie dinge: Hy leer en Hy verkondig en Hy maak mense gesond. Op die manier het die koninkryk van God naby gekom. (Mt 4:17) Vandag wil ek klein bietjie aandag gee aan Jesus wat “verkondig” het. In die Grieks (net soos in Afrikaans) is “leer” en “verkondig” twee verskillende woorde. Die Griekse woord vir “leer” is didasko en die Griekse woord vir “verkondig” is kerusson.

Die oorsprong  van kerusson is keryx.

“keryx denotes the man who is commisioned by his ruler or the state to call out with a clear voice some item or news and so to make it known.”

Jesus is deur die Vader gestuur en gevolmag om die aanbreek van die koninkryk van God aan te kondig. Lees voort “JESUS HET VERKONDIG – ONS MOET OOK!”

JESUS HET GELEER – ONS MOET OOK!

Die teks vir eerskomende Sondag is Matteus 4:12-23. Ek preek die aand en my kollega, Anru, die oggend. Ek het egter Maandagoggend reeds iets raakgesien waaroor ek gewonder het. Hierdie is die begin van Jesus se bediening. Hy begin sy bediening deur te leer en te preek. Ek is tans besig met bietjie leeswerk met die oog op verdere studies. My studies gaan oor prediking as missionale aktiwiteit. Twee evangelies (Markus en Matteus) begin met die gedagte dat Jesus die koninkryk van God verkondig het. Prediking het dus ‘n belangrike rol gespeel in Jesus se bediening.

In Matteus 4:12-23 begin Jesus se bediening met die verkondiging van die koninkryk van God en in verse 18-22 roep hy sy eerste dissipels. En dan sluit hierdie gedeelte af met die woorde:

“Hy het toe in Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.” (Matteus 4:23)

Judith Jones skryf hieroor:  Lees voort “JESUS HET GELEER – ONS MOET OOK!”

Blog at WordPress.com.

Up ↑