Ons lewe in ineressante tye. Ons hoor dikwels die uitdrukking tye verander. Ek dink nie almal van ons reageer dieselfde op die gedagte dat tye verander nie. Ek het oor die vakansie Preaching Jesus. The New Directions for Homiletics in Hans Frei’s Postliberal Theology gelees. As jy meer oor Hans Frei wil lees, kan jy vinnig HIER gaan loer. Hans Frei het veral op Hermeneutiek en dan ook post-liberale teologie gefokus.
Die term post-modernisme word dikwels gebruik om die veranderende omstandighede waarin ons lewe te beskryf. Die term “post-modernisme” is waarskynlik vir die eerste keer iewers in die 1870’s deur John Watkins Chapman gebruik toe hy ‘n postmoderne kunsvorm voorgestel het om weg te beweeg van die Franse Impressionisme af. Daarna is postmodernisme egter gebruik om feitlik enige iets te beskryf wat die modernisme die rug toekeer. NT Wright beskryf hierdie tyd waarin ons lewe as “… the overlap of huge cultural waves.” (Challenge of Jesus:151)
Een van hierdie kultuurgolwe is postliberalisme, Lees voort “TYE VERANDER – LIBERALISME”