Die verkiesing van Cyril Ramaphosa tot ANC president tydens die onlangse ANC Konferensie (16-20 Desember 2017) het vir baie van ons as ‘n verligting gekom. Oor die res van die top 6 van die ANC is almal nie so opgewonde nie. In die vroeë ure van Donderdag 21 Desember het die nuwe president van die ANC sy nooienstoespraak gegee. ‘n Toespraak wat uit die aard van die saak intens bestudeer sou word. Lees voort “GRONDHERVORMING EN DIE NG KERK”
DINK POST ANC
Ek lees verlede week hierdie treffende artikel in die Mail and Gaurdian: MIDRAND GROUP: KEEPING THE ANC AWAKE AT NIGHT. Dit is nogal die moeite werd om die hele artikel te lees. Ek haal net ‘n kort gedeelte aan:
“The ANC has this major philosophical flaw. It thinks it should be the centre of society and everything and everyone should be its branch,” said Zibi. “If, in what I wrote, I always said ‘this is what the ANC should fix’, that would be fine.”
The Midrand Group has a unified position; its stance is that every member is responsible for his own opinion and writing, even if it is influenced by their discussions. Lees voort “DINK POST ANC”
DA JEUG SE POSTER – NIE RASSIGHEID DIE DEBAT
Die DA Jeug het in die week hierdie baie omstrede plakkaat die lig laat sien. Die onderskrif is: “In our future, you wouldn’t look twice”.
Die boodskap is dat indien die DA aan bewind kom, sal iets soos hierdie nie vreemd wees nie. Uit die aard van die saak het hierdie plakkaat uiteenlopende reaksies tot gevolg gehad.
Lukhona Mnguni het HIER gesê dat die DA maar net weer voortgaan om wit dominansie te “pleeg”.
Chris Roper het HIER sy mening oor die saak gelig. Volgens hom is die boodskap van DASO:
“Join the DASO, because we dream of a world where nobody notices racial difference any more.”
Makashule Gana is die leier van die DA Jeug wat die plakkaat bekend gestel het hy sê:
“To say that the poster is sexual is taking it to the extreme. The poster is saying a lot. They are embracing each other, and it shows in this country that we can find an opportunity to embrace each other.”
“I don’t know why there are negative comments about it. It is a work of art that depicts a future that we [the DA] would want to build.”
Die Christen Demokrate het HIER kommentaar gelewer en sê onder andere: Lees voort “DA JEUG SE POSTER – NIE RASSIGHEID DIE DEBAT”
ZUMA of MBEKI
Ek volg nogal die pad na Polokwane. Hierdie geleentheid gaan waarskynlik een van die nuusgebeure van die jaar wees en daar is nogal ‘n dawerende stilte hieroor.
Ek het nou al by ‘n paar geleenthede my nek uitgesteek en ‘n kat in die duiwehok losgelaat wat geweldige reaksie tot gevolg gehad het, maar ek het ‘n keuse gemaak om nie my Christenskap in ‘n klooster of ‘n eiland of ‘n studeerkamer te bedryf nie. Ek wil beïnvloed word. Ek het vrede gemaak met die feit dat my menings oor sake veranderbaar en aanpasbaar is en daarom waag ek. Ek waag vandag oor Zuma en Mbeki. Lees voort “ZUMA of MBEKI”