DIE GRAF IS STEEDS LEEG – JESUS HET STEEDS OPGESTAAN

Lukas 24:1-12 vertel weereens die verhaal van die opstanding van die Here Jesus. Baie dieselfde as Johannes se weergawe.

Die metode waarvolgens ek na die gedeelte kyk, is die SIEN DIT! metode. Ek probeer my in een van die mense in die gebeure se skoene indink en raak dan bewus van wat ek beleef. In Sondag se preek het ek na aanleiding van Johannes 20:1-18 my in Maria Magdalena se situasie probeer indink.

Vir vanoggend wil ek weer in een van die vroue se posisie indink. Ek doen dit egter ook met ‘n spesifieke gebeure in my agterkop. Gisteraand toe lees ek weer op Kletskerk se Facebook van Nico Geldenhuys wat die lig gesien het (twee jaar terug al) en nou is die hele verhaal van die opstanding nie meer waar nie en die NG Kerk is baie lelik met hom omdat hulle hom nie toelaat om sy ongeloof uit te leef nie. So stel hy dit: Lees voort “DIE GRAF IS STEEDS LEEG – JESUS HET STEEDS OPGESTAAN”

DIE HERE IS MY KRAG EN MY BESKERMING

Vanoggend lees ek Psalm 118: 2-4 en 14-24. Die meditasie metode waarvan ek vanoggend gebruik maak is die MAAK DIT PERSOONLIK! metode.

Ek is weereens verbaas om te sien hoe die mense wat die tekste vir die Leesrooster uitwerk moeite doen. Sondag het ons die opstanding van die Here Jesus gevier en Psalm 118 jubel so mooi daaroor. Psalm 118 kan maklik ‘n pre-opstaningslied word wat deur ‘n post-opstandingsgelowige gesing word.

14 Die Here is my krag en my beskerming. Dit is Hy wat my gered het!

15 Hoor die gejuig in die laer van die oorwinnaars: “Die Here doen kragtige dade,
16 die Here triomfeer, die Here doen kragtige dade!”
17 Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig.
18 Die Here het my swaar gekasty, maar my nie aan die dood oorgegee nie.
19 Maak die tempelpoort vir my oop: ek wil ingaan en die Here loof.
20 Dit is die poort na die Here toe; regverdiges mag daardeur ingaan.
21 Ek wil U loof omdat U my gebed verhoor en my gered het.
22 Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.
23 Dit is deur die Here gedoen en is ‘n wonder in ons oë!
24 Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

Die gedagte met die MAAK DIT PERSOONLIK! metode is om die teks te lees asof dit op jouself van toepassing is. Lees voort “DIE HERE IS MY KRAG EN MY BESKERMING”

JESUS SE OPSTANDING – MEER AS STERKER AS DIE DOOD

Ons lees vanoggend Jesaja 65:17-25, maar ek het die behoefte om iets te deel oor die opstanding van Jesus. Johannes 20:1-18 het opnuut weer my oë hiervoor oopgemaak.

Tydens Paasfees en dan in besonder op die Sondag van die opstanding hoor ek so dikwels dat Jesus vir ons die dood oorwin het en dat die graf Hom nie kon hou nie en dat God sterker is as die dood. Hierdie dinge is natuurlik onteenseglik waar. My enigste vraag is: Was dit dan ooit anders? Was daar dan ooit ‘n tyd toe God nie sterker was as die dood nie? Lees voort “JESUS SE OPSTANDING – MEER AS STERKER AS DIE DOOD”

DIT GAAN NIE OOR MY NIE

My voorbereiding vir die naweek se geleenthede maak my intens bewus van Jesus se lyding. Vir Vrydag-oggend se erediens werk ek rondom die Geluide van die Lydensweg. Geluide wat begin by die soldate wat kom om Jesus te arresteer en dan eindig by die geluid van die graf wat toegaan. Psalm 31 verwoord vir my iets van wat Jesus in daardie tyd moes gebid het. Ons weet van net een sinnetjie wat Hy in die tuin van Getsemané gebid het en dit is:

My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” (Matteus 26:39)

Ons weet egter dat Jesus twee keer teruggekom het en twee keer sy dissipels aan die slaap gekry het en elke keer het Hy weer teruggegaan om verder te bid. Sonder twyfel moes Jesus Psalm 31 geken het. Ek wonder of dit dalk deel was van sy gebed daardie aand.

10 Wees my genadig, Here, want ek is in die nood; van verdriet het my oë swak geword, ja, alles in my.

11 My lewe vergaan van kommer en my jare van swaarkry; deur my ellende word my krag geknak en teer my liggaam uit.
12 Ek is die spot van al my teëstanders, veral van my bure, ‘n verskrikking vir al my bekendes.
Dié wat my op straat sien, vlug vir my.
13 Ek is vergeet soos iemand wat lankal dood is, ek het geword soos ‘n ding wat lê en vergaan.
14 Ek hoor dreigemente van baie; dit dreig van alle kante af.
Baie span teen my saam en smee planne om my lewe te neem.
15 Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God.
16 My tye is in u hand.
Red my uit die hande van my vyande en vervolgers!

Die metode waarna ek vanoggend na die Psalm kyk is die MAAK DIT PERSOONLIK! metode. Lees voort “DIT GAAN NIE OOR MY NIE”

CHRISTUS STERF VIR ONS SONDE

Ek preek Sondag-oggend uit 1 Korintiërs 15:1-11. Ek sal hoofsaaklik op die opstanding van Jesus fokus. Een deel van die teks waarby ek nie gaan uitkom nie is “Christus het vir ons sondes gesterf…”

Christus is natuurlik die Griekse vertaling van die Hebreeuse woord “Messias”. Die Nuwe Testament beweer dat Jesus van Nasaret die Messias is wat God in die Ou Testament belowe het. Lees voort “CHRISTUS STERF VIR ONS SONDE”

WEEK VOOR PAASFEES

Gister (Sondag voor Paasfees) staan bekend as Palm Sondag.  Dit is die Sondag voor die kruisiging toe Jesus Jerusalem op die rug van ? jong donkie binne gegaan het. Johannes beskryf die gebeure so:

“Die volgende dag het die groot menigte mense wat na die fees toe gekom het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep:

‘Prys Hom!

Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!’

en

‘Die Koning van Israel.” (Johannes 12:12-13)

Paasfees staan vir my uit as die kruisiging, sterwe, begrafnis en opstanding  van die MESSIAS. Lees voort “WEEK VOOR PAASFEES”

VANDAG NOG SAL JY SAAM MET MY IN DIE PARADYS WEES

Wat gebeur as ‘n mens doodgaan?

Mens esal aanhou om die vraag te vra. Ek is nie ‘n akademikus nie en het beslis nie genoeg kennis om finale uitsprake oor hierdie sake te maak nie en sou heeltemal bereid wees om hieroor te sê: “Ek verstaan nog nie alles nie.” of selfs: “Ek dink ek moet anders dink oor hierdie saak.” Tog is die hele gedagte oor die lewe na die dood iets wat vir gelowiges ‘n ontsaglike groot bron van hoop is.

Ek moes hierdie ding vir myself verstaanbaar maak sodat ek kan probeer om vir mense troos en veral hoop te bring.

Vir my is Jesus se antwoord op die versoek van die moordenaar aan die kruis een van die meer hoopvolle uitsprake in die verband. Meeste ken die gebeure. Die misdadiger is saam met Jesus gekruisig. Op een of ander manier het die misdadiger tot die oortuiging gekom dat Jesus die Messias is en dat God deur Hom besig is om beheer te neem en dat God dus weer koning gaan wees. In sy misdadiger-gemoed is daar geen onsekerheid dat hy gaan sterf nie. Lees voort “VANDAG NOG SAL JY SAAM MET MY IN DIE PARADYS WEES”

DIE EINDE VAN TWEE BESONDERE WEKE

Ek sal vanmiddag 16:00 lughawe toe vertrek om Scot en Kris McKnight te gaan afsien wanneer hulle teruggaan na die North park University in Chicago. In hierdie twee weke het ek en Renate en Scot en Kris goeie vriende geword en het die Here hom gebruik om weer my geloof te versterk.

Ek het Scot McKnight leer ken toe ek in Augustus/September 2007 vir opleiding in Pittsburgh in die VSA was. Ek het ‘n manier gesoek om vir die mense by die huis en veral ons kinders op hoogte te hou met wat aan die gebeur was. Toe ontdek ek “blogs” en ek begin skryf elke dag hoe dit met ons gaan en wat ons doen.

Op ‘n stadium kom ek toe agter dat hier nogal ‘n redelike “blog-wêreld” is en begin wonder of dit dalk ‘n manier is om die waarheid, die evangelie aan mense te verkondig. . Ek het begin kyk wat ander ouens op hulle blogs doen en toe “google” ek “Christian blogs” en een van die “blogs” waarop ek toe afkom is Scot McKnight se blog, Jesus Creed. Deur sy blog en die kommentaar wat ek so nou en dan gelewer het, het ek hom leer ken.

In November 2007 het ons besluit om hom te nooi om Pinkster in Rustenburg te kom hou, en ek was heeltemal uit die veld geslaan toe hy redelik vinnig instem om wel te kom. Ek moes my huiswerk doen om seker te maak dat hy nie teologies op ‘n wa sal wees wat omstrede sou wees nie. Ons het behoefte gehad aan ‘n Pinkstertyd waar ons positief opgewonde kon raak oor die werk van die Heilige Gees in ons tyd en nie ‘n tyd waar ‘n teologiese stryd gevoer word omdat die prediker een omstrede uitlating na die ander maak nie. Scot was alles wat ons verwag het, en nog meer. Lees voort “DIE EINDE VAN TWEE BESONDERE WEKE”

SAAM MET JESUS OPGESTAAN

Op Paassondag was die boodskap in ons gemeente dat Jesus Christus uit die dood uit opgestaan het, en dat elkeen wat in Hom glo saam met Hom opgestaan het. Die tema was: Die opstanding maak ons opstandig en die opwekking maak ons opgewek. Die opstanding van Jesus het egter ook hierdie toekoms boodskap: Omdat Jesus uit die dood opgewek is, kan elkeen wat in Hom glo verwag om ook uit die dood opgewek te word. Ons Almagtige God en Vader het Jesus Christus uit die dood laat opstaan en hierdie waarheid word verwoord in een van ons liedere wat sê: “Jesus leef en ons met Hom, dood wie sou vir jou nog bewe.”

Dr. Charles Hodge het die volgende geskryf na aanleiding van die dood van Laura Bridgman: Lees voort “SAAM MET JESUS OPGESTAAN”

Blog at WordPress.com.

Up ↑