WILLEM WAS TOE BY VANJAAR SE KERSDIENS

Verlede jaar het ‘n sekere Willem ‘n brief in die dagblad BEELD geskryf onder die opskrif “Ds. Kannieamenkrynie en Kie”. Hy vra toe in die brief vir “die huidige ‘n insig dat die maagdelike geboorte, asook die ander stories oor die geboorte van Jesus, bloot mites is en as sulks erken en gepredik moet word.”

Kersdiens 2011 was toe nie Willem-loos nie. Hy het weer ‘n brief geskryf om te sê dat hy wel ‘n kersdiens bygewoon het. Maar gelukkig was dit hierdie keer ‘n kersdiens na sy sin. Die dominee het alles gesê wat hy wou gehoor het.Hy skryf onder andere:

“Die prediking was uit die Thomas-evangelie en nie uit een van die tradisioneel Kersfeesvoorlesings uit die Bybel nie.

(Sou enige predikant in die tradisioneel Afrikaanse kerke dit waag om uit die Thomas-evangelie te preek?)

Die prediker het na twee dele uit die Bybel verwys.

Die eerste was die geboorteverhale in die Bybel – met die verskil dat dit deur die prediker as mites uitgewys is wat sou aanpas by die paganistiese mites wat eie was aan die Midde-Ooste en die lande om die Middellandse See in die tyd wat Jesus (sou) geleef het.

Die tweede was ’n verwysing na Adam en Eva – met ’n verklaring dat dit gegrond is op Babiloniese mites wat deur die Jode tydens die ballingskap na Babilonië oorgeneem is.

En niemand het na hul asem gesnak nie en niemand het uitgestorm en gedreig om die prediker van kettery by die sinode te verkla nie.”

Ek is so bly Willem het ‘n dominee gekry wat preek wat hy graag wil hoor. Ek is so bly Willem se dominee maak dit vir hom maklik om ‘n godsdiens sonder geloof te lewe. Volgens die Bybel is geloof om die onsienlike te sien. Lees voort “WILLEM WAS TOE BY VANJAAR SE KERSDIENS”

DIE EINDE VAN TWEE BESONDERE WEKE

Ek sal vanmiddag 16:00 lughawe toe vertrek om Scot en Kris McKnight te gaan afsien wanneer hulle teruggaan na die North park University in Chicago. In hierdie twee weke het ek en Renate en Scot en Kris goeie vriende geword en het die Here hom gebruik om weer my geloof te versterk.

Ek het Scot McKnight leer ken toe ek in Augustus/September 2007 vir opleiding in Pittsburgh in die VSA was. Ek het ‘n manier gesoek om vir die mense by die huis en veral ons kinders op hoogte te hou met wat aan die gebeur was. Toe ontdek ek “blogs” en ek begin skryf elke dag hoe dit met ons gaan en wat ons doen.

Op ‘n stadium kom ek toe agter dat hier nogal ‘n redelike “blog-wêreld” is en begin wonder of dit dalk ‘n manier is om die waarheid, die evangelie aan mense te verkondig. . Ek het begin kyk wat ander ouens op hulle blogs doen en toe “google” ek “Christian blogs” en een van die “blogs” waarop ek toe afkom is Scot McKnight se blog, Jesus Creed. Deur sy blog en die kommentaar wat ek so nou en dan gelewer het, het ek hom leer ken.

In November 2007 het ons besluit om hom te nooi om Pinkster in Rustenburg te kom hou, en ek was heeltemal uit die veld geslaan toe hy redelik vinnig instem om wel te kom. Ek moes my huiswerk doen om seker te maak dat hy nie teologies op ‘n wa sal wees wat omstrede sou wees nie. Ons het behoefte gehad aan ‘n Pinkstertyd waar ons positief opgewonde kon raak oor die werk van die Heilige Gees in ons tyd en nie ‘n tyd waar ‘n teologiese stryd gevoer word omdat die prediker een omstrede uitlating na die ander maak nie. Scot was alles wat ons verwag het, en nog meer. Lees voort “DIE EINDE VAN TWEE BESONDERE WEKE”

OP SOEK NA DIE HISTORIESE JESUS

John Spong se arrogante uitsprake krap ‘n hele paar mense om. My mening is: John Spong is deel van die groep wat met behulp van wetenskaplike metodes en werkswyses ‘n historiese Jesus daar wil stel wat vir die mens van vandag aanvaarbaar sal wees. Enigste voorwaarde is: Die historiese Jesus moet so min as moontlik ooreensteming toon met die Jesus wat Christus en Here van die Christelike kerk is.

Ek het Scott McKnight bietjie hieroor gaan lees en so ‘n klein bietjie in die dogmageskiedenis gaan blaai. Ek het dit maar meestal vir myself gedoen omdat ek ook sukkel om hierdie dinge in perspektief te sien. So sien ek dit: Lees voort “OP SOEK NA DIE HISTORIESE JESUS”

JOHN SPONG (ongelukkig) IN SUID AFRIKA

Biskop John Spong is ‘n afgetrede biskop van die Anglikaanse Amerikaanse kerk. Hy besoek Suid Afrika op uitnodiging van die Nuwe Hervormings Netwerk. Een van die belangrike rolspelers in die Nuwe Hervormings Netwerk is Sakkie Spannenberg, wat bekend is by Christene in Suid Afrika oor die manier waarop die gesag van die Bybel as die Woord van God afgebreek en tot niks gemaak word. 

Biskop John Spong speel voort op hierdie snaar, Lees voort “JOHN SPONG (ongelukkig) IN SUID AFRIKA”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑