Charles Colson was een van die manne wat saam met President Nixon gewerk het en wat toe op die ou end tronk toe is as gevolg van die Watergate skandaal. Net voordat hy tronk toe is het Charles Colson ‘n Christen geword deur die getuienis van een van die ander lede van die Amerikaanse Senaat. Terwyl hy in die tronk was, het hy geestelik meer en meer volwasse geword en nadat hy uit die gevangenis ontslaan is, het hy ‘n organisasie met die naam “Christian Prison Fellowship ” begin wat uitreik na mense in gevangenisse dwarsoor die wêreld. Charles Colson vertel van ‘n geleentheid toe hy ‘n tronk met die naam Humaita, in Brasilië besoek het.
Twintig jaar gelede is hierdie tronk in Sao Jose dos Campos oorgegee aan twee Christen vrywilligers. Die tronk het net twee voltydse personeellede, die res van die werk word deur die gevangenisse self gedoen. Elke gevangene het ‘n mede-gevangene aan wie hy verantwoording doen. Daarmee saam het elke gevangene ‘n gesin wat die gevangene vanaf die buitekant ondersteun en wat aanhou om hom te ondersteun nadat hy vrygelaat is. Elke gevangene word deel van ‘n geestelike groei program of doen ‘n kursus in karakter vorming.
Colson sê: Lees voort “NOGEENS LYDING” →