GRONDHERVORMING EN DIE NG KERK

Die verkiesing van Cyril Ramaphosa tot ANC president tydens die onlangse ANC Konferensie (16-20 Desember 2017) het vir baie van ons as ‘n verligting gekom. Oor die res van die top 6 van die ANC is almal nie so opgewonde nie. In die vroeë ure van Donderdag 21 Desember het die nuwe president van die ANC sy nooienstoespraak gegee. ‘n Toespraak wat uit die aard van die saak intens bestudeer sou word. Lees voort “GRONDHERVORMING EN DIE NG KERK”

DIE WÊRELD IS ‘N BETER PLEK – A.G.V. PROTESTANTSE SENDELINGE

Die kerk beleef ‘n krisis wêreldwyd. Daar is selfs agterdog teenoor die goeie werk wat die kerk in ons gemeenskappe doen. Naas die staat is die NG Kerk die grootste finansiële bydraer tot barmahrtigheidswerk in ons land. Ons het in die verlede foute gemaak. Die Bybelse regverdiging van die Apartheidstelsel en die rassisme wat daarmee saam in ons mense se lewens nesgeskop het, is maar een voorbeeld daarvan.

Op Facebook maak Arnau van Wyngaardt gister melding van ‘n artikel wat op 8 Januarie 2014 in Christianity Today verskyn het. Lees voort “DIE WÊRELD IS ‘N BETER PLEK – A.G.V. PROTESTANTSE SENDELINGE”

JESUS HET VERKONDIG – ONS MOET OOK!

Ek het gister geskryf oor Jesus wat in die sinagoge geleer het en wat dit beteken. In Matteus 4:23 doen Jesus drie dinge: Hy leer en Hy verkondig en Hy maak mense gesond. Op die manier het die koninkryk van God naby gekom. (Mt 4:17) Vandag wil ek klein bietjie aandag gee aan Jesus wat “verkondig” het. In die Grieks (net soos in Afrikaans) is “leer” en “verkondig” twee verskillende woorde. Die Griekse woord vir “leer” is didasko en die Griekse woord vir “verkondig” is kerusson.

Die oorsprong  van kerusson is keryx.

“keryx denotes the man who is commisioned by his ruler or the state to call out with a clear voice some item or news and so to make it known.”

Jesus is deur die Vader gestuur en gevolmag om die aanbreek van die koninkryk van God aan te kondig. Lees voort “JESUS HET VERKONDIG – ONS MOET OOK!”

DISSIPELS: SIEN – DEEL – NOOI

Evangelisasie gebeur nie meer nie. Evangelisasie het vir sommige mense ‘n “tipe van spiritualiteit” geword waarmee hulle verkies om nie geïdentifiseer of geassosieer te word nie. Evangelisasie het natuurlik  vir verskillende mense verskillende betekenisse en inhoud. Hoe dit ookal sy, evangelisasie is nie meer hoog op die agenda van die kerk nie. Ons lewens moet die praatwerk en die getuieniswerk doen. Die probleem is egter dat dit vir my lyk asof die goeie nuus van God se verlossing in Jesus Christus nie verder as eredienste en kleingroep-byeenkomste kom nie.

In sy kommentaar op Johannes 1:29-42 het David Lose melding gemaak van hierdie drie stappe (SIEN – DEEL – NOOI) van getuienis. Hoe meer ek met die hierdie drie stappe na Johannes 1:29-42 gekyk het, hoe meer het ek dit raakgesien. Lees voort “DISSIPELS: SIEN – DEEL – NOOI”

POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD (2)

Ek het gister geskryf oor ‘n moontlike antwoord vir kerkwees in die post-moderne en post-Christendom era. Op die ou end is die beginsel dat God se koninkryk op aarde kom net soos in die hemel wanneer God se kinders tot sy beskikking is. Missionêre gemeentes is die “buzz”-woord hiervoor. Enige iemand wat in ons gemeente is sal weet dat ek hierdie beginsel oor en oor aan hulle verkondig en ook dat ons kleingroepe deur die kleingroepmateriaal aangemoedig word om missionêer in die gemeenskap betrokke te raak. Maar, hierdie betrokkenheid moet uit mense se harte kom. Die Heilige Gees moet deur die prediking en deur die Woord mense se harte verander om nie net missionêr te begin dink nie, maar ook missionêr te lewe.

Die vraag is: Gebeur dit?

MissionalIn Oktober verlede jaar kom een van ons kleingroepleiers na my toe en vra of ek en Anru (My jong kollega) nie hulle kleingroep se volgende byeenkoms wil bywoon nie. Hy deel met ons ‘n paar gedagtes en ons is dadelik opgewonde. Toe ons by die kleingroep kom is dit nie baie mense nie, maar die Here het oor die laaste twee jaar met die kleingroep ‘n besondere pad gestap. Soveel so dat hulle die missionêre gedagte nie net verstaan het nie, maar dat die Heilige Gees in hulle harte ‘n behoefte wakker gemaak het om in die gemeenskap ‘n verskil te maak.

Hulle probleem is egter tyd. Lees voort “POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD (2)”

POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD

Ek het nou reeds vier keer my gedagtes oor Post-Christendom neergepen. Hier en hier en hier en hier. Ek dink steeds dat ons eerder vroeër as later sal moet besef dat ons nie die post-moderne mens in ‘n post-Christendom konteks met modernistiese bedieningstyle gaan bereik nie. Ons gaan dalk daarin slaag om tot ‘n mate ons eie te behou maar, statistiese navorsing oor hierdie saak is duidelik daaroor dat in elke generasie ‘n kleiner persentasie kerk toe gaan. Gaan lees gerus HIER.

Die vraag is: Is daar ‘n alternatief?

Ek twyfel nie daaroor nie. Daar is hoop. Een gemeente wat my hoop gee is St Thomas Gemeente in Sheffield. St Thomas kerk het twee kampusse. Die een (Crookes kampus) is die vinnigste groeiende kerk in Europa en die ander (Philadelphia) is die grootste kerk in Europa.  Mike Breen is die man wat op ‘n wonderlike manier deur die Here hiervoor gebruik is.

Die werkswyse is missionêre geloofsgemeenskappe of Missional Communities. Op hulle webblad word hierdie groepe so beskryf:

Missional Community or missional communities (also called Clusters, Go Communities, Mid-Sized Communities, Mission Shaped Communities, MSCs) are generally groups of 20 or more people who are united, through Christian community, around a common service and witness to a particular neighborhood or network of relationships. These differ in size and scope from typical Small Groups that are often made up of approximately a dozen people with a focus on internal fellowship and Bible Study. Missional Communities do place a strong value on life together, the group has the expressed intention of seeing those they impact choose to start following Jesus, through this more flexible and locally incarnated expression of the church. The result will often be that the group will grow and ultimately multiply into further Missional Communities. Lees voort “POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD”

LIEFDADIGHEID IS NIE GENOEG NIE

Jaco Strydom van Echo Jeugontwikkeling het verlede week (8 Maart 2012) in Beeld ‘n artikel met dieselfde opskrif geskryf.Ek het sommer baie gehou van wat hy gesê het. Onder andere:

Ons grootste uitdaging in hierdie land (met van die grootse gapings tussen ryk en arm) is nie net om kos te gee vir die wat in nood is nie, maar om saam kos te maak en saam te eet. “Community” eerder as “charity”. Liefde vra meer as net liefdadigheid.

Jaco sê ook:

Om om te gee beteken tog presies dit: om – te – gee. En as ek die evangelie reg verstaan beteken dit nie in die eerste plek net om iets te gee nie, maar om jouself te gee. Om die maaltyd waarmee jy geseën is te deel en nie net die krummels te gooi vir die armes nie.

Jaco is 100% reg. Ek sou op geen punt hier van hom wou verskil nie.

En ‘n bietjie verder: Lees voort “LIEFDADIGHEID IS NIE GENOEG NIE”

MURE RONDOM ONS

Ons woon nogal in ‘n mooi omgewing. As ons in die oggend wakker word en ons trek die gordyne oop, dan sien ons ‘n klein stukkie berg. Die Kapenaars sou sê ons sien iets wat met ‘n koppie vergelyk kan word. Hoe dit ookal sy, vir ons is dit ‘n stukkie berg – die Magaliesberg.

Die strate is besonder boomryk en hier by ons maak die munisipaliteit die slaggate redelik getrou reg. Die meeste strate het sement sypaadjies en die mense stap graag met hulle honde of draf vir oefening. Ons voel as gesin baie veilig in Waverley. Die meeste mense wat in Waverley bly, bly al baie jare lank hier. As ek sê ‘n leeftyd dan bedoel ek 70-80 jaar en soms selfs langer. Mense is hier gebore en hulle gaan hier dood. Die meeste mense ken mekaar of weet ten minste van mekaar.

Maar so ‘n gemeenskap is ook ‘n moeilike gemeenskap om deel van te word. Vir ons was dit maklik toe ons in Augustus 2009 hier ingetrek het. Ons was immers die dominee en sy gesin en ons het in die pastorie ingetrek. Mense het ons opgesoek en ons verwelkom. Ek kom egter agter dat dit veral vir die jonger mense wat hier intrek moeiliker is. Die jonger mense met wie ek in aanraking kom sê nogal dat dit moeilik is. MURE RONDOM ONS.

As mense sukkel om deel te word van ‘n gemeenskap moet die kerk daarvan kennis neem. Lees voort “MURE RONDOM ONS”

MISSIONER: BRING MENSE BY JESUS

Ek hoor Saterdag  John Burke van Gateway Church maak hierdie opmerking op ‘n video snit : “If your unchurched friends are not coming to faith and becoming the church, you are not missional. Period.” Ek maak toe die opmerking dat ek nie meer met die opmerking kan saamstem nie. Iemand maak toe die opmerking dat ek hy nie meer met die opmerking kan “disagree” nie. Die persoon het my toe aan die dinge gesit.

John Burke was by die geleentheid spreker by die 2010 VERGE-NETWORK konferensie. Ek volg graag VERGE NETWORK vir twee redes. Die een is die klem wat die groep op disselskap plaas, en dan natuurlik hulle benadering tot die missionale karakter van die kerk. VERGE-NETWORK plaas dan ook baie klem op Missionêre Geloofsgemeenskappe as die manier waarop die kerk in ons post-moderne wêreld behoort te funksioneer.

John Burke verwoord my kommer. Ons kerke is besig met geweldig baie missionêre aksies. Die NG Kerk is naas die staat die organisasie wat die meeste geld spandeer aan mense in nood in Suid Afrika. Ek weet van geen gemeente wat nie self fisies ‘n missionere projek in hulle onmiddelike omgewing en gemeenskap het nie. Maar… week na week, maand na maand, jaar na jaar is dit dieselfde gesigte wat voor ons sit. Lees voort “MISSIONER: BRING MENSE BY JESUS”

EK WIL NET GOD SE SPOOR SNY

Ek dink die laaste paar weke dikwels oor leierskap.

Ek hoop dit is algemene kennis dat iemand wat in die alledaagse lewe ‘n leier is nie noodwendig ‘n goeie leier in ‘n gemeente ook sal wees nie. Ek dink die teendeel is dikwels (nie in alle gevalle nie) waar.

‘n Leier in n gemeente moet tot n sekere mate ‘n aangename persoon wees. Mense moet met hom oor die weg kan kom en hy/sy moet dit vir hulle maklik maak om met hom/haar oor die weg te kom. John Maxwell reken “Leadership is influence. Nothing more. Nothing less.” ‘n Aangename persoonlikheid en die feit dat mense van jou hou gee natuurlik vir jou n basis omm van te werk om mense te beïnvloed.

Iemand met ‘n aangename persoonlikheid kan mense egter ook negatief beïnvloed. Leiers kan ook sulke aangename mense wees dat mense alte lekker in hulle gemkasones ontspan. Hoe meer tuis jy my in my gemaksone laat voel, hoe meer hou ek van jou. Ek vertrou op jou as my geestelike leier om seker te maak dat ek nie nodig het om my grense te skuif nie. Solank dit gebeur het jy my ondersteuning.

Steve Jobs was nogal van mening dat ‘n mens iets moet ontwikkel wat mense nie weet dat hulle nodig het nie. Lees voort “EK WIL NET GOD SE SPOOR SNY”

Blog at WordPress.com.

Up ↑