DIE LIED VAN MARIA 2

Maria was sonder twyfel baie verbaas toe sy die boodskap kry dat sy swanger is terwyl sy nog ‘n maagd was. Met ander woorde, dat God haar op ‘n wonderwerkende manier swanger gemaak het en dat uit haar die Verlosser van die wêreld gebore gaan word.

Verbaas sê egter sekerlik nie genoeg nie. Iewers moet die woord geskok ook inkom. (Maria is immers ongeveer 12-13 jaar oud.) Geskok haas sy haar na Elisabeth. Elisabeth is immers ook swanger – onverwags. Anders as Maria, het Elissbeth ten minste ‘n man.

Ek dink die reis na Elisabeth moes vir Maria baie tyd gegee het om te dink oor wat in haar aan die gebeur was. Lees voort “DIE LIED VAN MARIA 2”

DIE LIED VAN MARIA 1

By die eerste lees van die Lukas-evangelie dink mens eintlik dat Lukas eerder ‘n “musical” geskryf het. Eers sing Elisabeth, dan Maria, dan Sagaria en dan die engele by die herders. Nie een van die liedere is egter so dramaties soos Maria sin nie.

In haar lied verduidelik Maria dat die onlangse gebeure waarin sy vasgevang is, haar iets leer van God en hoe God werk en waarmee God besig is. Maria is alte bewus van haar nikseggende posisie en status in die tyd en omgewing waarin sy lewe nie. Sy was immers niks anders as eiendom nie. Sy behoort eerste aan ‘n pa en dan later aan die man aan wie haar pa haar gegee het. Hierdie man kan van haar skei net wanneer hy wil, terwyl sy self nooit daardie keuse sal hê nie.

Maria behoort nie aan ‘n bekende gesin nie en word nie groot in ‘n belangrike stad nie. Lees voort “DIE LIED VAN MARIA 1”

WILLEM WAS TOE BY VANJAAR SE KERSDIENS

Verlede jaar het ‘n sekere Willem ‘n brief in die dagblad BEELD geskryf onder die opskrif “Ds. Kannieamenkrynie en Kie”. Hy vra toe in die brief vir “die huidige ‘n insig dat die maagdelike geboorte, asook die ander stories oor die geboorte van Jesus, bloot mites is en as sulks erken en gepredik moet word.”

Kersdiens 2011 was toe nie Willem-loos nie. Hy het weer ‘n brief geskryf om te sê dat hy wel ‘n kersdiens bygewoon het. Maar gelukkig was dit hierdie keer ‘n kersdiens na sy sin. Die dominee het alles gesê wat hy wou gehoor het.Hy skryf onder andere:

“Die prediking was uit die Thomas-evangelie en nie uit een van die tradisioneel Kersfeesvoorlesings uit die Bybel nie.

(Sou enige predikant in die tradisioneel Afrikaanse kerke dit waag om uit die Thomas-evangelie te preek?)

Die prediker het na twee dele uit die Bybel verwys.

Die eerste was die geboorteverhale in die Bybel – met die verskil dat dit deur die prediker as mites uitgewys is wat sou aanpas by die paganistiese mites wat eie was aan die Midde-Ooste en die lande om die Middellandse See in die tyd wat Jesus (sou) geleef het.

Die tweede was ’n verwysing na Adam en Eva – met ’n verklaring dat dit gegrond is op Babiloniese mites wat deur die Jode tydens die ballingskap na Babilonië oorgeneem is.

En niemand het na hul asem gesnak nie en niemand het uitgestorm en gedreig om die prediker van kettery by die sinode te verkla nie.”

Ek is so bly Willem het ‘n dominee gekry wat preek wat hy graag wil hoor. Ek is so bly Willem se dominee maak dit vir hom maklik om ‘n godsdiens sonder geloof te lewe. Volgens die Bybel is geloof om die onsienlike te sien. Lees voort “WILLEM WAS TOE BY VANJAAR SE KERSDIENS”

GEKOMMERSIALISEERDE KERSFEES

Ek lees gister weer ‘n berig in The Times oor Kersfees. (Ongelukkig het ek nie meer die “link” nie) Die joernalis maak toe die opmerking dat die Bybel nie ‘n spesifieke datum koppel aan Jesus se geboorte nie. (My eerste gevoel was “duuhh!”) Niemand dink meer dat 25 Desember regtig die datum is waarop Jesus gebore is nie. ‘n Datum iewers in September sou beter wees. Maar dit is nie eintlik waaroor dit vanoggend gaan nie. Christene het in ‘n mate hierdie dag ge-“kaap”.

Gaan lees gerus HIER en/of HIER oor hoe 25 Desember die dag geword het waarop die geboorte van Christus herdenk word. Dit wil voorkoms asof 25 Desember in die derde eeu na Christus vir die eerste keer die dag geword het waarop die geboorte van Christus herdenk is. Lees voort “GEKOMMERSIALISEERDE KERSFEES”

‘n Kersboom in ons woonkamer tydens kersfees

Ons huis sal , soos elke ander jaar, hierdie kersfees ‘n kersboom hê.

Eerskomende Sondag (27 November 2011) is die eerste Sondag in Advent. Die eerste Sondag van Advent is die begin van die kerkjaar. In die kerklike jaar is daar vier Adventsondae waartydens Christen dwarsoor die wereld hulle voorberei om op Kersdag die menswording van God in Christus Jesus te herdenk.

Kerstyd leen hom totbesondere simboliek. Een universele simbool van kersfees is die kersboom. Ek weet van baie Christene wat nie kersfees vier of ‘n kersboom het nie omdat die oorsprong een of ander heidense fees sou wees.  Ek het nog nooit die teorie ernstig bekyk nie, so ek gaan nie my mening daaroor gee nie. Wat ek wel weet is dat Christene Kersfees gemaak het en miljone mense sal op 25 Desember 2011 weer die geboorte van Jesus herdenk en elke feitlik elke nuuskanaal oor die wereld sal iewers daaroor berig. Ons gedenk die geboorte van Jesus Christus.

Oor die kersboom. Die kersboom het tog godsdienstige betekenis. Die kersboom verwys vir baie Christene na die boom van die lewe in die middel van die tuin van Eden waarvan ons in Genesis lees. Die boom herinner ons dus aan die skepping en dan ook aan die koms van Christus om die skepping te verlos. Ja, Christus het nie net gekom om ons van ons sonde te verlos nie. Christus het gekom om sy skepping te verlos. (Romeine 8:19-20)

In Jesaja 11 lees ons ook van die stomp van Isai waaruit n takkie sal uitspruit. Mens sou kon sê dat die stomp van Isai (Dawid se pa) die famielieboom van Jesus verteenwoordig. Die kersboom sou dan ook ‘n simbool kon wees van die takkie wat uitgespruit en tot volle wasdom gekom het.

Erens moes iemand ‘n boom of twee afgekap het wat hulle gebruik het om die kruis van Jesus Christus te maak. Die kersboom sou ons ook daaraan kon herinner en daarom sal daar iewers aan ons kersboom een houtkruisie hang. Sodat ons nie die groot prys wat Hy moes betaal kan vergeet nie.

In Openbaring lees ons ook van n boom in die middel van die tuin. Tussen die hoofstraat van die stad en die rivier aan die anderkant staan die boom van die lewe. (Openbaring 22:2) Die boom van die lewe dra twaalf keer per jaar en die blare van die boom bring genesing vir die nasies. (Openbaring 22:3) Die kersboom in ons woonkamer sal ons ook met verlange laat uitsien na die dag wanneer Jesus weer gaan kom en ons in die Nuwe Jerusalem rondom die boom van die lewe fees sal vier.

In ons huis sal die kersboom vir ons die verhaal vertel wat begin by God die Skepper, deur die geskiedenis van Israel en die belofte van die Messias en sy sterwe aan die kruis, tot by die wederkoms wanneer die Een wat die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde is, sy plek op die troon sal inneem.

30 DAE: BESLISSINGSTYD

Ons lees vandag Markus 1:9-11 as deel van ons Desember Bybelleesprogram. Johannes die Doper was nog altyd vir my een van die besonder interessante mense in die tyd van Jesus. Hy het mense in die Jordaan gedoop en hy het vir Jesus ook gedoop.

Jesus se doop laat my nogals met vrae. Hoekom moes Jesus deur Johannes gedoop gewees het? Johannes se doop was ‘n bekeringsdoop. Hy het mense gedoop wat daarvan bewus geraak het dat hulle sondaars is en wat dan wou klaar maak met daardie sonde. Hoekom moes Jesus wat sonder sonde was gedoop word?

Dit lyk vir my Jesus se doop het vir Hom vier dinge beteken:

(i) Beslissingstyd: Lees voort “30 DAE: BESLISSINGSTYD”

SAL ONS KERSFEES VIER?

Iemand vra my mening oor kersfees en die Christene wat hierdie fees vier terwyl daar geen duidelike opdrag in die Woord is dat ons hierdie fees behoort te vier nie. Ek self het ook baie probleme met die geweldige kommersialisering van hierdie feesgeleentheid.

Ek dink nie ons moet probeer om mense wat nie kersfees vier nie, te oortuig om wel kersfees te vier nie. Ek was op ‘n stadium deel van ‘n groep wat nie kersfees gevier het nie. Lees voort “SAL ONS KERSFEES VIER?”

Blog at WordPress.com.

Up ↑