Category Archives: In die nuus.

DA JEUG SE POSTER – NIE RASSIGHEID DIE DEBAT

Die DA Jeug het in die week hierdie baie omstrede plakkaat die lig laat sien. Die onderskrif is: “In our future, you wouldn’t look twice”.

Die boodskap is dat indien die DA aan bewind kom, sal iets soos hierdie nie vreemd wees nie. Uit die aard van die saak het hierdie plakkaat uiteenlopende reaksies tot gevolg gehad.

Lukhona Mnguni het HIER gesê dat die DA maar net weer voortgaan om wit dominansie te “pleeg”.

Chris Roper het HIER sy mening oor die saak gelig. Volgens hom is die boodskap van DASO:

“Join the DASO, because we dream of a world where nobody notices racial difference any more.”

Makashule Gana is die leier van die DA Jeug wat die plakkaat bekend gestel het hy sê:

“To say that the poster is sexual is taking it to the extreme. The poster is saying a lot. They are embracing each other, and it shows in this country that we can find an opportunity to embrace each other.”

“I don’t know why there are negative comments about it. It is a work of art that depicts a future that we [the DA] would want to build.”

Die Christen Demokrate het HIER kommentaar gelewer en sê onder andere: Lees voort

Advertisements

7 Kommentaar

Filed under Gedagtes oor, In die nuus., Politiek

SELEBI EN DIE TRONK/HOSPITAAL/PAROOL

Die dag toe die voormalige hoof van die Suid Afrikaanse Polisiediens aan bedrog skuldig bevind is en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is, was vir my persoonlik ‘n goeie dag. nie noodwendig omdat oor Selebi nie, maar omdat dit my vertroue in ons regstelsel ‘n hupstoot gegee het.

Vandag (Woensdag 28 Desember 2011) het die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) ‘n nuuskonferensie gehou. Selebi is baie siek. So siek dat orgaanoorplanting nie meer ‘n opsie is nie. Lees voort

2 Kommentaar

Filed under Algemeen, In die nuus.

SATERDAG 22 DESEMBER 2007: IN DIE NUUS

Volgens die BEELD VANOGGEND gaan Mbeki nie lê nie. Dit is blykbaar nie vanselfsprekend dat Zuma die volgende president van die land sou word nie – nie eers as hy die dreigende vervolging vryspring nie.

DIE BURGER berig vanoggend van ‘n 83 jarige vrou wat deur ‘n hiëna in haar bed aangeval is.

Volgens DIE VOLKSBLAD is net twee van die huidige ministers op die NUK van die ANC verkies is.

Gaan lees gerus daar.

4 Kommentaar

Filed under In die nuus.

EN AS DIT ZUMA IS?

Ons het ‘n paar dae terug bietjie gesels oor Mbeki of Zuma. Prof. Willie Esterhuizen skryf vandag in Beeld ‘n artikel oor wat hy dink die toekoms met Zuma vir ons inhou. Ek moet sê, volgens prof. Willie gaan die paadjie vorentoe rof raak. Dalk moet ons maar ons veiligheidsgordels aansit. Hier kom ‘n ding. Lees gerus die artikel.

5 Kommentaar

Filed under In die nuus.

Adrio vs Julian

Ek verwelkom die Evangeliese Inisiatief hoofsaaklik omdat ek die motief van die Inisiatief verstaan as ‘n uitnodiging (Dalk afdwing) van gesprek oor belangrike sake in die NG Kerk. Een uitvloeisel daarvan is dan nou ook ‘n gesprek wat as ‘n Bylae tot die Kerkbode van 14 September verskyn het. Ek het gaan kyk en dit lyk asof die gesprek nie op die kerkbode se webwerf is nie. Dis jammer.

In die gesprek vra Adrio Konig en Andre van Niekerk sekere vrae aan Julian Muller. Vir die wat nie, weet nie, al drie hierdie manne is nogal gerespekteerde teoloë van ons tyd.  Die vrae is baie en die gesprek is lank. Lees voort

31 Kommentaar

Filed under Evangeliese Inisiatief, In die nuus.

HELEN ZILLE GEARRESTEER

Me. Helen Zille is Saterdag gearresteer omdat sy deelgeneem het aan ‘n protesoptog teen dwelms. Jy kan die berig hier lees.

Ek wonder toe of jy dalk ‘n mening het hieroor of dalk kommentaar wil lewer?

Terloops: Ek sien die ander dominee wat ook ‘n blog begin het, skryf vanoggend oor die KERKHERENIGING van die familie van NG Kerke. Kyk gerus bietjie daar.

3 Kommentaar

Filed under In die nuus.