WAW! ONS IS BEGENADIG

Ek het Sondagaand Lukas 12:13-21 ook met die Graad 11 kinders in ons gemeente behandel. Deur die loop van die aand het ons oor ryk teenoor arm begin praat. Ons kyk toe na die verskillende moontlikhede van ryk vs arm.

RYK HIER ARM BY GOD

Hierdie gelykenis maak dit duidelik dat dit moontlik is om ryk te wees in hierdie wêreld maar arm, of nie ryk nie, by God.

ARM HIER RYK BY GOD Lees voort “WAW! ONS IS BEGENADIG”

RYK/ARM BY GOD

Die probleem wat Jesus met die ryk dwaas gehad het, was nie dat hy ryk was nie; ook nie dat hy groter skure gebou het nie; ook nie dat hy voorsiening gemaak het vir sy oudag of selfs vir ‘n vroeë aftrede nie; ook nie eers dat hy die lewe wou geniet nie. Nie een van daardie dinge nie. Jesus se probleem met die ryk dwaas was sy gierigheid. Jesus vertel juis die gelykenis om die mense te waarsku teen giergheid:

“Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid…” (Lukas 12:15)

Dan vertel Jesus die gelykenis en sluit dit af met:

“So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.” (Lukas 12:25)

Jesus se oplossing is dat ‘n mens sal daarna strewe om ryk te wees by God.

Mens kan ryk wees in hierdie wêreld en arm by God. Lees voort “RYK/ARM BY GOD”

WAW! ONS IS ARM

Al ooit gewonder onder watter omstandighede leef die meeste mense in die wêreld. Jy kan dalk die volgende oefening doen om iets daarvan te beleef:

  • Neem al die meubels uit jou uit – los net een tafel en ‘n paar stoele. Gebruik ‘n kombers as bed.
  • Vat al julle klere weg, behalwe elkeen se oudste rok, broek, hemp, bloes en/of jas. Net een paar skoene per pesoon.
  • Maak leeg die koskas, die yskas en die vrieskas. Los net ‘n klein sakkie meel, bietjie suiker, ‘n paar aartappels, bietjie uie en droë bone. Lees voort “WAW! ONS IS ARM”

WAW! ONS IS RYK!

Ek het gister uit Lukas 12:13-21. Jesus vertel die gelykenis van die die ryk boer wat op die einde nie ryk was by God nie. As deel van my voorbereiding het ek bietjie gaan kyk hoe ryk ons werklik is. Ek het by voorbeeld gaan kyk na THE GLOBAL RICH LIST se webblad. Op die blad is daar plek waar jy jou maandelikse salaris kan in tik en dan plaas die webblad jou op die posisie van rykste persone in die wêreld.

Ek het verlede jaar ‘n opname in ons gemeente gemaak oor onder andere die inkomste van die mense wat eredienste bywoon. Lees voort “WAW! ONS IS RYK!”

HOE LEES ONS DIE BYBEL (i)

Ek lees op hierdie stadium ‘n besonder leersame boek van NT Wight – The New Testament and the People of God.  

Ek vermoed ek sal van tyd tot tyd nog ‘n paar “posts” skryf oor wat ek by Wright leer. Op hierdie stadium het ek veral die gedagtes oor hoe ‘n mens ‘n teks lees, baie waardevol gevind.

‘n Mens kan die Bybel (of waarskynlik enige ander teks of artikel) op vier verskillende maniere lees. Die maniere waarop mens dan ‘n teks lees, stem in ‘n groot mate ooreen met sekere tydperke. Die vier tydperke is: Die pre-kritiese; die tydperk van die Verligting waar de teks meer in sy historiese konteks gelees is; In die teologiese tydperk is meer vrae aan die teks gevra en laastens is natuurlik die post-moderne lees literêr kritiese lees van ‘n teks. Lees voort “HOE LEES ONS DIE BYBEL (i)”

KRISIS OP KRISIS

Elke mens het sekere vaste oortuigings en selfs baie belangrike oortuigings oor hom-/haar self en oor hierdie wêreld. Hierdie oortuigings sluit die volgende in: Eie waarde; identiteit; hoop; toekoms; lewensdoel; lewenssin. Hierdie oortuigings kan beskryf word as die huis wat elkeen van ons vir onsself bou. Dwarsdeur ons lewens is ons besig om hierdie huis te bou. Die verwagting is dan dat hierdie huis my sal beskerm en bewaar teen die krisisse en aanslae van hierdie lewe.

Somtyds gebeur dit egter dat ons hierdie huise van ons op sand bou. Bv. kan een persoon sy hele selfbeeld en eie waarde bou rondom sy/haar fisiese voorkoms.

Iemand anders kan dalk weer sy/haar identiteit en self-verstaan bou rondom ‘n beroep waarvoor hy/sy baie jare lank voorberei het en waaraan hy/sy baie toegewy is. Lees voort “KRISIS OP KRISIS”

GELYKENIS 30: DIE EISE VAN DISSIPELSKAP

Ek lees vanoggend op Ding se “blog” ‘n vraag oor wat is die kern van die Christelike geloof. Vandag se gelykenis gaan oor die eise van dissipelskap. Deel van Jesus se antwoord is:

“As iemand na My toe kom kan hy nie my dissipel wees nie, tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters , ja, selfs van sy eie lewe. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie. Lees voort “GELYKENIS 30: DIE EISE VAN DISSIPELSKAP”

GELYKENIS 29: DIE LEWE IS EEN GROOT FEES

Die lewe is ‘n fees. In die Bybel word die lewe in die koninkryk baie kere vergelyk met ‘n fees. Gelukkig is die tye besig om te verander en sien mens meer gereeld ook hoe Christene uitbundig lag en die lewe geniet. Daar is geen gesonde plesier en vreugde en spel waaraan ‘n Christen nie kan deelneem nie. In vandag se gelykenis gebruik Jesus ‘n groot fees as ‘n voorbeeld vir lewe binne die koninkryk. Die Christen se lewe is vol uitbundige vreugde want sy hele lewe is by ‘n fees wat die Gasheer voorberei het en waarheen hy ons genooi het.

Een van die wat saam aan tafel was, het dit gehoor en vir Hom gesê: ‘Gelukkig is die man wat aan die die maaltyd in die koninkryk van God kan deelneem.’ 

Toe sê Jesus vir hom: ‘Daar was ‘n man wat ‘n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi het. Lees voort “GELYKENIS 29: DIE LEWE IS EEN GROOT FEES”

GELYKENIS 28: ‘N TWEEDE KANS EN OOK ‘N LAASTE KANS

BYBELLEESPROGRAM VIR DESEMBER

Ek wonder hoeveel genade-kanse het ek al in my lewe gehad. Ek wonder hoeveel keer het ek deur die genade van my hemelse Vader ‘n tweede kans gekry en kon ek weer voor begin. Terselfdertyd weet ek ook van die kere wat ek my nie aan die waarskuwings gesteur het nie, en die bitter gevolge van my ongehoorsaamheid moes dra. Vandag se gelykenis gaan oor baie genade en ernstige waarskuwings.

“Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: ”n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek, maar niks kry nie, sê hy vir die tuinier: Lees voort “GELYKENIS 28: ‘N TWEEDE KANS EN OOK ‘N LAASTE KANS”

GELYKENIS 27: KOM ONS WERK SAGGIES MET DIE KINDERS VAN DIE HERE

Ek is dikwels geskok oor die manier hoe kerkrade of ‘n gemeente se leierskap of selfs individue hulle leraars behandel, maar ek is net soveel kere geskok oor hoe leraars hulle kerkrade of leierskap of gemeentes behandel. Beide sou waarskynlik na aanleiding van gister en vandag se gelykenis kan sê: Ek is die slagoffer van die slegte en onbetroubare slaaf. Wie van ons sal dan nou doelbewus daarop uit wees om mede-gelowiges sleg te behandel? As die hale van die sweepslae en die slaan op jou rug lê dan is dit waarskynlik omdat jy dit verdien. Vandag se gelykenis laat my dink… Lees voort “GELYKENIS 27: KOM ONS WERK SAGGIES MET DIE KINDERS VAN DIE HERE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑