Ek het al agtergekom dat heelwat van die mense wat hier lees eintlik nie ‘n baie groot liefde vir die kerk het nie. In sekere gevalle wil dit vir my voorkom asof die mense hulleself ook nie Christene wil noem nie. Ek dink maar aan ‘n inskrywing wat VRYDENKER ‘n paar dae terug gemaak het. Ek het nogal begrip vir mense wat so voel.
Ons moet natuurlik besef dat die koninkryk van God nie gelyk is aan die kerk nie en dat die kerk ook nie gelyk is aan die koninkryk van God nie. Met ander woorde daar is mense wat deel is van die koninkryk van God, maar nie deel is van die kerk nie, en daar is mense wat deel is van die kerk, maar nie deel is van die koninkryk van God nie. Koninkryksmense wat nie deel is van die kerk nie het dikwels in die kerk seergekry of is bitter teleurgestel in die kerk en die manier waarop die kerk funksioneer. Die kerk bestaan egter uit mense, met die gevolg dat die seerkry en die teleurstelling deur mense veroorsaak is. Lees voort “KONINKRYKSMENSE vs. KERKMENSE”