JESUS VAN DIE GELOOF

Een van my gunsteling gebeure in die evangelies is toe Jesus in Markus 9 ‘n seun gesond maak. Die radelose pa gryp my aan die hart. Hierdie seun wat van kleins af waarskynlik epileptiese aanvalle kry. Niemand kon iets vir die seun doen nie, nie eers Jesus se dissipels nie. In antwoord op Jesus se vraag: “‘Hoe lank is dit al dat dit hom oorkom?’ ‘Van kleins af,’ antwoord hy,…” Dan wat vir my lyk na ‘n gebed: “As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons.” Jesus se antwoord: “Vir die een wat glo kan alles.” Duidelik vra Jesus na ‘n belydenis van geloof deur die pa. En dan lees ek die belydenis van geloof van hierdie pa wat al male sonder tal ook my geloofsbelydenis was: “Ek glo, help my waar ek nog ongelowig is.” (Markus 9:24) Lees voort “JESUS VAN DIE GELOOF”

Adrio vs Julian

Ek verwelkom die Evangeliese Inisiatief hoofsaaklik omdat ek die motief van die Inisiatief verstaan as ‘n uitnodiging (Dalk afdwing) van gesprek oor belangrike sake in die NG Kerk. Een uitvloeisel daarvan is dan nou ook ‘n gesprek wat as ‘n Bylae tot die Kerkbode van 14 September verskyn het. Ek het gaan kyk en dit lyk asof die gesprek nie op die kerkbode se webwerf is nie. Dis jammer.

In die gesprek vra Adrio Konig en Andre van Niekerk sekere vrae aan Julian Muller. Vir die wat nie, weet nie, al drie hierdie manne is nogal gerespekteerde teoloë van ons tyd.  Die vrae is baie en die gesprek is lank. Lees voort “Adrio vs Julian”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑