Category Archives: Dissipelskap

LEEF OP DIE BREUKLYN

God se koninkryk kom op aarde net soos in die hemel.

God se koninkryk kom waar God meer en meer beheer neem.

God se koninkryk kom waar God se teenwoordigheid beleef word.

Ek en die kinders in die belydenisgroep van ons gemeente lees hierdie week Johannes 15. In die gedeelte oor die wingerdstok blyk die intimiteit wat Jesus verlang dat daar tussen Hom en sy volgelinge moet wees. In Die Boodskap staan daar dat ons ons moet “toewikkel in die liefde” van die Here Jesus. ‘n Ander manier om te sê wat ek bedoel met “Op die Breuklyn Lewe.”

Jesus is op soek na ‘n intieme verhouding met my. Lees voort

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Dissipelskap, Koninkryk van God

DISSIPELSKAP IS NIE VIR SISSIES NIE

Sondagaand sal ek met ‘n groep tieners ‘n gesprek voer oor dissipelskap. Nie ‘n maklike gesprek nie. Die teks waaroor ek Sondag gaan preek handel ook in ‘n sekere sin oor dissipelskap.

Wanneer 1 Kor 9:24-27 besef ek: Dissipelskap is nie vir sissies nie.

Dietrich Bonnhoeffer is waarskynlik die persoon wat erkenning moet kry vir die term “goedkoop genade.” Een van die bekendste aanhalings uit sy boek “The Cost of Discipleship.” handel hieroor: Lees voort

1 Kommentaar

Filed under Christen tieners., Die Christelike Lewe, Dissipelskap

BELYDENISAFLEGGING – ‘N MENSGEMAAKTE WET?

Ek en my belydenisgroep vir 2012 het verlede Sondag-aand ons “journey” vir die jaar saam begin.Vroeg reeds het een van die kinders gevra:

Hoekom moet ons hierdie mensgemaakte wette volg? Dit gaan mos net oor ‘n verhouding met die Here.

Ek het die vraag laat oorstaan tot gisteraand en toe het ons as groep daaroor gepraat. Ek was toe nie verbaas om te hoor waarom sommige van die kinders moeite doen om belydenis van hulle geloof af te lê nie. Die volgende redes is genoem: Lees voort

11 Kommentaar

Filed under Belydensaflegging, Dissipelskap