Ek lees 2 Konings 2:1-12 – Elia se hemelvaart en Elisa se dubbelle porsie.
Wanneer ek gesprekstemas voorberei vir ons kleingroepe is die heel eerste vraag: Wat tref jou wanneer jy hierdie gedeelte lees?Ek is elke keer verbaas om te sien hoe mense iets nuuts raaksienw at ek nog nie voorheen raakgesien nie. Die ander interessante is dat hoe jonger die groep siw aarmee ek werk hoe meer verrasend is die “nuwe dinge” wat raakgesien word.
Die verhaal van Elia wat opgeneem word in die hemel is ‘n redelik bekende verhaal. So bekend dat die gedagte van “die mantel het op hom geval” ‘n spreekwoord in die Afrikaanse taal is. Duie eerste paar kere wat ek die verhaal gelees het, het ek net die gewone gesien:
- Elia het drie keer (Verse 2l; 4; 6) probeer om vir Elisa af te skud. Hy kon dit nie regkry nie.
- Elisa vra vir ‘n dubbele porsie van die gees wat Elia gehad het. (Vers 9)
- Elia is in die hemel opgeneem. (Vers 11)
Maar toe ek die stuk weer en weer lees, sien ek dinge raak wat ek voorheen dalk gemis het. Lees voort “WEGGESTEEK IN DIE TEKS” →