NIV, CULTURAL BACKGROUNDS STUDY BIBLE

51exor2b1sel-_sy344_bo1204203200_Ek loop toe oor die naweek op Amazon  hierdie besondere boek raak: New International Version – Cultural Backgrounds Study Bible. Ek het verskeie van NIV se studie Bybels op my rak. Wat hierdie een so besonders maak is dat dit die leser gaan help om die Bybel meer binne die ontstaanskonteks te lees.

Kyk byvoorbeeld na hierdie sin waarmee die Studiebybel begin: Lees voort “NIV, CULTURAL BACKGROUNDS STUDY BIBLE”

ZUPTAKRASIE – TOESKOUER OF DEELNEMER

Die feit dat die ANC, soos ek verwag het, nie daarin kon slaag om Zuma en sy korrupte kornuite te stuit nie, het my met ‘n warboel van emosies gelaat.

maxresdefaultVanoggend (5/3/2017), terwyl ek en twee kollegas saam die Bybelteks vir Sondag se prediking lees, vertel een van die kollegas vir ons van die kunstenaar Marina Abramovic. Marina is nie onbekend nie en een van haar aangrypende kunswerke wat op video vasgelê is, het redelike reaksie uitgelok. Die een waarvan ek vanoggend gehoor het, het ek nie van geweet nie.

Die naam van die kunswerk is Rythm 0. Die kunswerk het behels dat Abromovic stilstaan terwyl die gehoor uitgenooi is om met haar te doen wat hulle ook al wil. Lees voort “ZUPTAKRASIE – TOESKOUER OF DEELNEMER”

SKRYWE VAN DIE NGK MODERATUUR

ASngkBanner

Liewe lidmaat

Die NG Kerk as instelling wil nie in party-politiek betrokke raak nie. Tog kon ons oor die afgelope jare nie swyg wanneer die president en regeringslui so optree dat dit die vrede, versoening en geregtigheid van ons mense in gedrang bring nie. Die kerk het immers ‘n profetiese roeping om geregtigheid na te jaag en om veral die stem te wees vir die magteloses en die wat deur beleid en sisteme buite rekening gelaat word of benadeel word.

Die NG Kerk het daarom die afgelope jare saam met die ekumeniese kerk in Suider-Afrika profeties geprotesteer teen verskeie vergrype van die regering en in die besonder teen die optrede en leierskap van die president, mnr. Jacob Zuma. Lees voort “SKRYWE VAN DIE NGK MODERATUUR”

Daar is ‘n plan vir Vrydag

Volgens ‘n verklaring deur die regering is daar ‘n plan vir Vrydag:

“Die sosialemediaboodskappe word gestuur om die land se beeld in oneer te bring, om die ekonomie te ontwrig en om die indruk van wanorde en vrees in gemeenskappe te wek.

“Burgerlike organisasies, sakeondernemings en die samelewing in die geheel word aangemoedig om saam met die regering te werk om ons demokrasie te versterk om sodoende ’n beter Suid-Afrika te skep en by te dra tot ’n beter en veiliger Suid-Afrika,”

Eerstens is ek bly daar is ‘n plan. ‘n Plan wat blykbaar deur ten minste al die opposisie partye gesteun word. Lees voort “Daar is ‘n plan vir Vrydag”

Liturgie vir stilwees (3)

TOETREDE

“Wees stil en weet Ek is die Heer.” Here, God, U woorde en U nabyheid lei my ook in hierdie oggend na waters van rus en vrede, die heerlikheid van U nabyheid.

VRYHEID

U het my geskep om in vryheid te lewe. Vry om die vreugdes van die lewe te geniet soos U dit geskep het. Here God, gee dat ek in hierdie vryheid sal lewe soos U dit bedoel het, in besonder met volledige vertroue in U liefdevolle versorging.

TEENWOORDIGHEID Lees voort “Liturgie vir stilwees (3)”

6 April – Gesinsdag (of nie)

Vandag is ‘n amptelike vakansiedag in Suid-Afrika, Gesinsdag. Een van die eerste opmerkings wat ek vanoggend op Facebook raakgesien het was die vraag: Onthou jy wat op 16 April 1652 gebeur het?

Ek het geskiedenis tot in matriek (Graad 12) gehad. Ek weet dus dat dit die dag is waarop Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het. Saam met hom en sy vrou en sy seun was daar 82 ander mans en 8 vrouens. Hulle het met drie skepe, die Dromedaris, Reijger en De Goede Hoop, aan die Kaapse kus geland. Die oorspronklike bedoeling was dat hulle van die Kaap ‘n halfweghuis sou maak waar skepe op pad na Indië sou aandoen om vars kos op te laai.

Aanvanklik was die bedoeling nie om die Kaap de Goede Hoop te kolonialiseer nie. Tog is nege van die gesinne in Februarie 1657 vrygelaat om langs die Liesbeeck Rivier te boer. Lees voort “6 April – Gesinsdag (of nie)”

Nie “ja”omdat die VGKSA ‘n geweer teen die NGK se kop hou nie!

Ek het al hier en hier en hier en hier iets geskryf oor die proses waar die NG Kerk Artikel 1 van die kerkorde wil wysig. Ons kerkraad het ook besluit om aan die gemeente aan te beveel om “ja” te ste, Die gemeente sal in Meimaand hieroor stem.

Een van die redes waarom mense aangemoedig word om “nee” te stem vir die wysiging van Kerkorde Artikel 1 sou dan wees omdat die VGKSA (Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid Afrika) ‘n geweer teen ons kop sou hou en ons wil dwing om Belhar as belydenisskrif te aanvaar. Hulle dreig dat as die NG Kerk nie Belhar as belydenisskrif aanvaar nie, is daar geen sin daarin om die gesprek oor eenwording enigsins voort te sit nie. Lees voort “Nie “ja”omdat die VGKSA ‘n geweer teen die NGK se kop hou nie!”

Blog at WordPress.com.

Up ↑