WATTER TAAL PRAAT MENSE VANDAG?

Brain and clichesDie Christelike godsdiens en kerklike termilogie is vol standaard uitdrukkings. Uitdrukkings wat ons onnadenkend gebruik sonder om regtig oor die betekenis daarvan te dink. Dink maar aan die uitdrukking “geregverdig deur geloof.” Ek het onlangs weer met iemand gesels wat heeltemal verward was oor die gebruik van die uitdrukking “stem van die Here”. Watter impak het sulke uitdrukkings op die brein?

Navorsers in Spanje het gevind dat wanneer die brein vertroud raak met sulke standaard uitdrukkings, word dit vir die brein niks anders as net woorde nie. Lees voort “WATTER TAAL PRAAT MENSE VANDAG?”

WEGGESTEEK IN DIE TEKS

Ek lees 2 Konings 2:1-12 – Elia se hemelvaart en Elisa se dubbelle porsie.

Wanneer ek gesprekstemas voorberei vir ons kleingroepe is die heel eerste vraag: Wat tref jou wanneer jy hierdie gedeelte lees?Ek is elke keer verbaas om te sien hoe mense iets nuuts raaksienw at ek nog nie voorheen raakgesien nie. Die ander interessante is dat hoe jonger die groep siw aarmee ek werk hoe meer verrasend is die “nuwe dinge” wat raakgesien word.

Die verhaal van Elia wat opgeneem word in die hemel is ‘n redelik bekende verhaal. So bekend dat die gedagte van “die mantel het op hom geval” ‘n spreekwoord in die Afrikaanse taal is. Duie eerste paar kere wat ek die verhaal gelees het, het ek net die gewone gesien:

  • Elia het drie keer (Verse 2l; 4; 6) probeer om vir Elisa af te skud. Hy kon dit nie regkry nie.
  • Elisa vra vir ‘n dubbele porsie van die gees wat Elia gehad het. (Vers 9)
  • Elia is in die hemel opgeneem. (Vers 11)

Maar toe ek die stuk weer en weer lees, sien ek dinge raak wat ek voorheen dalk gemis het. Lees voort “WEGGESTEEK IN DIE TEKS”

KAIN EN ABEL 1

Ek lees in hierdie week Genesis 4 saam met my Belydenisgroep. Ek moedig hulle aan om elke dag die verhaal van Kain en Abel te lees. Ek skryf dan drie of vier sinne op ‘n Facebook Bladsy wat hulle kan lees en selfs saam oor gesels.

Ek leer ‘n paar lesse by Kain en Abel.

Ek wonder dikwels oor waarom Kain se offer nie aanvaar is nie. Lees voort “KAIN EN ABEL 1”

DIE VERHAAL

Ons gemeente se tienerbediening het Sondag-aand afgeskop. Ons gaan deur die loop van die jaar elke Sondag-aand kronologies van die belangriker verhale van die Bybel vertel.  Let wel, die klem is nie op lees nie, maar op vertel. Ons gaan die verhaal van die Bybel vertel.

Almal kan nie ewe goed lees en ewe goed verstaan wat hulle lees nie. Maar almal kan ‘n verhaal vertel. Ons eerste doelwit is dat elke kind wat hierdie jaar deur ons “hande” gaan ten minste die geleentheid sou gehad het om hierdie verhale so te leer ken dat hulle dit kan oorvertel.

Die Bybel is een groot verhaal – God se verhaal. Job is die oudste boek in die Bybel (1500v.C.) en Maleagi is die jongste in die Ou Testament (Ongeveer 400 n.C) 1 Tessalonisense is in die omgewing van 51 n.C geskryf en Openbaring in 91 n.C. met al die ander boeke iewers tussen in.

Die Bybel vertel die verhaal van God. Wat ons die Bybel het is wat eers die Israeliete en daarna die eerste gelowiges in die eerste eeu (voor 100 n.C) vir mekaar vertel het om sin te maak van hulle lewe en wie en wat God is. Die Bybel is ‘n samestelling van geskrifte deur mense wat onder die leiding van die Heilige Gees geskryf het. Die skrywers was dikwels nie eers bewus van die bestaan van ander geskrifte nie. Tog bevestig al die boeke van die Bybel dieselfde verhaal. ‘n Mens sou dalk die verhaal heel kripties so kon vertel: Lees voort “DIE VERHAAL”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑