Ons het gisteraand laat by die huis gekom. Ons was vir die naweek saam met Scot McKnight en sy vrou in Stellenbosch. Scot het Sondag drie keer by by Stellenbosch gemeente van Theo en WIlma Geyser gepreek en Maandag ‘n drie ure lange lesing gegee oor die “Missional Jesus.” en “Teaching the gospel to a Post-Modern generation.
Scot McKnight is een van die leidende Nuwe Testamentiese denkers in die wêreld en is veral goed ingelig oor die sogenaamde “emergent” beweging wat veral daarop wil fokus om die wonderlike waarheid van die evangelie aan die post-moderne geslag te verkondig. Alheowel Scot baie begrip het vir die “emergent” beweging, is hy ook bereid om krities by hulle betrokke te wees.
Vir my persoonlike het Scot soos ‘n vars briesie gewaai omdat hy bereid was om onomwonde te sê dat Hy in die liggaamlike opstanding van die Here Jesus glo. Natuurlik is hy nie die enigste een nie, NT Wright, die leidende Nuwe Testametiese teoloog in die wêreld huiwer ook die om dit te sê in verskeie van sy skrywes en dan ook in die boek wat ek nou gelees het: Surprised by Hope.”
Donderdagaand het Scot vir ons hierdie video gewys om ons daarvan bewus te maak dat ond die “dots” aan mekaar moet link. Die “dots” wat ons aan mekaar moet skakel is veral in die skrywes van Lukas, wat ons sal laat verstaan hoe belangrik “fellowship” in die kerk is.
Die video snit was vir my goed en ek wil dit graag wys. Kyk bietjie hierna: Lees voort “SKAKEL DIE LOSSTAANDE PUNTE AAN MEKAAR”