Ek het gister geskryf oor die tydsgees waarin ons lewe. Hierdie tydsgees het uit die aard van die saak ‘n invloed op die kerk.
Die NG Kerk het aan die einde van 2013 ongeveer 35 000 lidmate minder as aan die einde van 2012. Hierdie is egter nie uniek aan die NG Kerk nie. Alle kerke, met die uitsondering van kerke in Afrika, worstel met hierdie probleem. Daar is baie verduidelikings vir hierdie veskynsel. ‘n Mens hoef net na die kommentaar op sosiale media te kyk om te besef dat die tydsgees ook hierin ‘n baie groot rol speel.
ONAFHANKLIKHEID – Mense sê so maklik: Lees voort “DIE TYDSGEES EN DIE KERK – 40 DAE VAN SAAMWEES (2)”