ONS HET MEKAAR NODIG – 40 DAE VAN SAAMWEES (4)

Ons gemeente se visie sê dat ons ‘n geloofsfamilie is wat God drie-enig voluit dien. Wat my aan betref is hierdie ‘nw onderlike visie. Ek is opgewonde oor die gedagte dat die drie-eenheid in ons visie ingebou is. Maar, die woord “geloofsfamilie” sê ook baie. As geloofsfamilie het ons mekaar nodig. ‘n Geloofsfamilie wat God drie-enig dien is vir my ‘n groep mense wat volgens Hebreërs 10 vrye toegang toe die heiligdom het (vers 19); tot God met ‘n opregte hart wat van ‘n skuldige gewete gereinig is (Vers 22); wat styf vashou aan die hoop wat ons bely. (Vers 23)

Al die mense van ‘n geloofsfamilie is natuurlik nie op dieselfde punt in hulle geloofslewe nie. Net soos almal in enige ander gesin of familie nie noodwendig op dieselfde punt is nie. In ons gesin was daar op ‘n stadium een kind in die hoërskool, een in die laerskool, een in die kleuterskool en een in doeke. Maar, ons was ‘n gesin/familie. Elkeen van die lede van daardie gesin het ander aandag op ‘n ander tyd en op ‘n ander manier nodig gehad en gekry. So is dit ook met ‘n geloofsfamilie.

‘n Geloofsfamilie het mekaar nodig.

“Laat ons na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie werke.” (Hebreërs 10:24)
Tot ‘n sekere mate vereis elke tydsgees sy eie mate van bekering. ‘n Tydsgees het die geneigdheid om ons mee te sleur. Oral rodnom ons doen en dink feitlik almal op dieselfde manier. ons moet aanvaar dat ons mekaar nodig het en dat ons as geloofsfamilie saam ‘n groter verskil kan maak as wat ons as individue ooit kan maak.
‘n Geloofsfamilie Reis saam.
Christenwees is nie ‘n bestemming nie. Dit kan nie ‘n geval wees van: Ek het geloofsekerheid, ek weet ek gaan hemel toe as ek doodgaan. Christenwees is ‘n reis. ‘n Lewenslange reis. Ek dino inwillekeurig weer aan Jersus se woorde wanneer die eerste dissipels vir Hom vra: “Rabbi, waar gaan U tuis?” Dan antwoord Jesus hulle: “Kom saam, dan sal julle sien.” (Johannes 1:38-39) Christenwees is hierdie lewenslange reis om te sien waar Jesus tuis gaan.  Treffend dat Andreas, wat een van die eerste twee dissipels was, onmiddelik vir Petrus gaan haal om saam met hom op hierdie reis te gaan. (Johannes 1:41)
Ek het maraton gehardloop toe ek op Universiteit was. Ek het alleen geoefen vir die maratonne. Die gevolg was dat toe ek my eerste maraton gaan hardloop het ek ook alleen gehardloop. Ek kon nie die maraton voltooi nie. Vir die tweede maraton het ek ‘n oefenmaat gekry en ons het aangeleer om teen mekaar se spoed te hardloop en ons het ook saam die maraton gehardloop. Ek het nie minder moeg geraak nie. Ek wou steeds me tye ophou. My hardloopmaat het my egter moed ingepraat en ek het klaar gemaak. Met tye het ek hom moed ingepraat.
‘n Geloofsfamilie reis saam. Alleen gaan ons moed opgee. Alleen gee ons moed op.
‘n Geloofsfamilie werk saam.
Die Here het vir elkeen van ons ten minste een gawe gegee waarmee ons Hom kan dien. Ek sukkel om aan ‘n gawe te dink wat nie bedoel is om in ‘n geloofsfamilie/-gemeenskap situasie uitgeleef te word nie. Wanneer mense in ‘n gemeente dien deur van hulle gawes gebruik te maak, dan sien jy baie energie en kreatiwiteit en opbou. Wanneer mense egter moet dien op terreine waar hulle nie gawes het nie, volg uitbranding en dikwels ook verhoudingsversteurings. ‘n geloofsfamilie kan nie optimaal funksioneer as elke lid nie volgens sy gawe saamwerk nie.
More skryf ek oor nog ‘n paar redes waarom ‘n geloofsfamilie belangrik is.

U LEI MY OP MY PAD (DAG 40)

Wel, ons het aan die einde van ons 40 Dae in die Woord veldtog gekom. My gebed is eerstens dat elkeen wat saam met ons op hierdie reis was die ses tegnieke in hulle stiltetyd sal bly toepas. Ek gaan in elk geval hier op die koffietafel bly skryf en die tegnieke toepas in my meditasies by skrifgedeeltes wat aansluit by die teks wat gemeentes dwarsoor die wêreld lees, The Revised Common Lectionary. Tweedens hoop ek dat julle sal aanhou om te kom kuier. Ek skryf dikwels ook oor ander goed. So gaan ek byvoorbeeld in die nabye toekoms oor die vier geestelike tipes iets skryf.

Maar, kom ons kyk na ons laaste meditasie. Ons is steeds by Psalm 1.

SKRYF JOU NAAM IN DIE PLEK VAN SELFSTANDIGE NAAMWOORDE EN VOORNAAMWOORDE EN HERSKRYF DIE PSALM ASOF ASOF GOD DIT DIREK AAN JOU GERIG HET

1Dit gaan goed met my, Attie,

wanneer ek  nie die raad van goddeloses volg nie,
nie met sondaars omgaan
en met ligsinniges saamspan nie,
2maar wanneer ek, Attie  in die woord van die Here my vreugde vind,
dit dag en nag oordink.
3Dan is ek, Attie  soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is,
wat op die regte tyd vrugte dra
en waarvan die blare nie verdroog nie. Lees voort “U LEI MY OP MY PAD (DAG 40)”

REGTE VRUGTE IN DIE REGTE SEISOEN (DAG 39)

Vanoggend lees ek Psalm 1 ‘n paar keer deur en dan probeer ek dit in my eie woorde weergee.

Die hele Psalm is bietjie lank om op hierdie manier te lees, so ek lees net een vers. Die vers wat op hierdie manier gaan lees is vers 3:

DIE 1983 VERTALING

“Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.”

Die Psalm 1 mens, of dan die persoon wat in die regte verhouding met God leef (regverdige – vers 6) word vergelyk met ‘n boom wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nooit verlep nie. Lees voort “REGTE VRUGTE IN DIE REGTE SEISOEN (DAG 39)”

‘N REGVERDIGE DISSIPEL (DAG 38)

1Dit gaan goed met die mens

wat nie die raad van goddeloses volg nie,
nie met sondaars omgaan
en met ligsinniges saamspan nie,
2maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind,
dit dag en nag oordink.
3Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is,
wat op die regte tyd vrugte dra
en waarvan die blare nie verdroog nie.
Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
4So is die goddeloses nie.
Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word.
5Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie
en sondaars nie ‘n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.
6Waarlik,
die Here lei die regverdiges op hulle pad,
maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.
Die teksgedeelte wat ons die laaste paar dae lees, is Psalm 1. Ons lees dieselfde gedeelte en dan gebruik ons elke dag van die week ‘n ander een van die tegnieke wat ons in hierdie 40 Dae aangeleer het, om oor die teks na te dink of te mediteer. Lees voort “‘N REGVERDIGE DISSIPEL (DAG 38)”

SOOS ‘N BOOM BY WATERSTROME (DAG 37)

Die bome in ons tuin is meestal bladwisselend. Reg voor ons kamer is ‘n groot boom (Ek het nou al twee keer sy naam gehoor, maar vergeet dit elke keer). In die somer is die boom se blare so dig dat jy met tye onder hom kan staan as dit reën en jy sal nie nat reën nie. Regtig ‘n mooi boom. In die winter gooi hy elke liewe blaartjie af en staan hy daar kurkdroog. Elke keer as ek na hom kyk dan wonder ek of hy nie dalk hierdie jaar heeltemal verdroog het nie.

Die boom in ons tuin laat my na aanleiding van hierdie week se Psalm dink aan die seisoen in my geestelike lewe. Soms is dit somer en die boom is welig, mooi om na te kyk en ‘n te ken van groei. Ander kere is dit winter. Dood. Mens wonder of daar ooit weer iets daaruit kan groei.

In Psalm 1 word die persoon wat sy vreugde in die woord van die Here vind en dit dag en nag oordink, vergelyk met ‘n boom.

“Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.” (Psalm 1:3)

Vandag se oefening is om van die SIEN DIT! metode gebruik te maak en hierdie prentjie te sien. Ek sien in my geestoog ‘n boom wat tussen waterstrome staan. Ek sien die boom soos mens dit soms in flieks ook sien. Ek sien hoe seisoene binne ‘n paar minute kom en gaan. Lees voort “SOOS ‘N BOOM BY WATERSTROME (DAG 37)”

DIT GAAN GOED MET DIE MENS WAT… (DAG 36)

Ons is in die laaste paar dae van ons 40 Dae in die Woord Veldtog. Vir my persoonlik was dit wonderlik om op hierdie verskillende maniere met die Woord om te gaan. Ek is opgewonde oor die gedagte dat my stiltetyd nie weer in ‘n groef hoef te beland nie. Ek voel ek het ses verskillende metodes baasgeraak waarmee ek die Bybel in my stiltetyd kan hanteer.

Hierdie laaste week kyk ons na Psalm 1 en ons gaan elke keer ‘n ander metode gebruik om die Psalm te lees.

KIES ‘N VERS UIT PSALM 1. LEES DIE VERS ‘N PAAR KEER, STOP NA ELKE WOORD EN SKRYF JOU GEDAGTES NEER. 

Die vers wat kies is verse 1 en 2:

“Dit gaan goed met die mens wat… in die Woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.” (Psalm 1:1-2)

Ek gaan nie na elke woord stop nie, maar na elke frase.

DIT GAAN GOED…

My eerste reaksie is om die ooglopende betekenis te ignoreer. Dat dit regtig sommer net goed sal gaan. Ek sien die Amplifed Bible het hier BLESSED (HAPPY, fortunate, prosperous and enviable). Lees voort “DIT GAAN GOED MET DIE MENS WAT… (DAG 36)”

GOD SAL IN JULLE BEHOEFTES VOORSIEN (DAG 35)

Ek was vir twee dae by ‘n werksessie van ‘n taakspan van die Noordelike Sinode. As gevolg daarvan kon ek nie gister-oggend (Dag 34) se meditasie doen nie. Vandag se vers het die wonderlikste belofte in.

“My God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” (Filippense 4:19)

As ek die vers persoonlik maak lees dit as volg:

“My God sal in elke behoefte van my, Attie, voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.”

Elke behoefte… Lees voort “GOD SAL IN JULLE BEHOEFTES VOORSIEN (DAG 35)”

DIE VREDE VAN GOD IN JOU ( DAG 33)

Vandag se vers is weereens ‘n baie bekende vers. Ek begin al amper dink dat elke vers in Filippense ‘n “bekende” vers is.

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagte die wag hou in Christus Jesus.” (Filippense 4:6-7)

Is hierdie nie net eenvoudig van die wonderlikste beloftes wat ‘n mens kan lees nie. As ek dit nou persoonlik moet maak, lyk dit vir my die vers gaan iets soos die volgende lyk:  Lees voort “DIE VREDE VAN GOD IN JOU ( DAG 33)”

GELOOFSGROEI IS HARDE WERK (DAG 32)

Ek wens soms ek kon dit anders stel, maar ek kan nie. Wat Paulus in hierdie vers sê is waar en elkeen wat geestelike of geloofsgroei beleef, besef dit: Geestelike vorming is harde werk.

“Ek span my in om dit alles myne te maak, omdat Christus Jesus my reeds syne gemaak het.” (Filippense 3:12b)

As ek dit dan nou persoonlik moet maak, dan gaan die teks so lees:

Ek, Attie, span my in om dit alles myne, Attie s’n, te maak, omdat Christus Jesus my, Attie, reeds syne gemaak het.

As ek dit dan nou sou skryf asof God met my self praat, dan gaan dit so lyk: Lees voort “GELOOFSGROEI IS HARDE WERK (DAG 32)”

GEWILLIG EN BEKWAAM (DAG 31)

“… want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.” (Filippense 2:13)

Ons werkswyse hierdie week is MAAK DIT PERSOONLIK! BID DIT!. Ten einde dit persoonlik te maak moet ek my naam inskryf in die plek van elke naam asof God dit direk vir my sê. Dan lyk die vers so:

“… want dit God wat my, Attie, gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.”

‘n Ander manier is om dit te skryf asof God dit vir my sê. Dan lyk dit so:

“Attie, dit is Ek, God, wat jou, Attie, gewillig en bekwaam maak om my wil uit te voer.”

HOE IS HIERDIE VERS OP MY LEWE VAN TOEPASSING

Dwarsdeur hierdie 40 Dae in die Woord veldtog het ons by die praktiese Christenskap probeer uitkom. Met ander woorde ons bestudeer die Bybel en mediteer oor die Bybel met die doel om te verstaan wat God in my lewe wil doen en hoe en waar Hy my wil verander. Lees voort “GEWILLIG EN BEKWAAM (DAG 31)”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑