KOMPLEKSE POST TRAUMATIESE STRESS VERSTEURING (CPTSD)

Ek het onlangs ‘n vyfdag werkswinkel in trauma fasilitering bygewoon. Tydens die werkswinkel het ek verskeie vaardighede aangeleer oor hoe om mense wat met die gevolge van trauma-insident(e) leef te help om die kwaliteit van hulle lewe te verbeter. Maar, ek het ook daarvan bewus geraak dat Post Traumatiese Stress Versteuring meer algemeen is as wat ek gedink het en meeste mense waarskynlik dink.

Anders as Post Traumatiese Stress Versteuring (PTSD) wat die gevolg is van ‘n traumatiese belewenis of ervaring, is Komplekse Post Traumatiese Stress Versteuring (CPTSD) die gevolg van herhaalde traumatiese belewenisse of ervarings oor maande of jare. Hierdie ervarings hoef nie dieselfde of soortgelyke ervarings te wees nie. Ek het onlangs ‘n persoon gesien wat ernstige siekte as kind; seksuele mishandeling as jong kind; boelie as tiener: verwerping deur ouers in tienerjare; selfmoord van ‘n persoon naby aan hulle, ens. beleef het en nou as volwassene die simptome van CPTSD toon.

Die simptome waarmee die persoon op hierdie stadium saamleef is:

  • sukkel om emosies (soos woede, neerslagtigheid) te beheer;
  • vergeet sommige van die belewenisse en onthou eers wanneer gevra word;
  • negatiewe self-persepsie;
  • sukkel om ander te vertrou en weet nie hoe om self tussen mense te handhaaf nie;
  • slaapprobleme;
  • gedagtes dat bestaan en lewe sinloos en betekenisloos is;
  • neerslagtigheid;
  • irritasie wat aanleiding gee tot reaksies wat ander sukkel om te verstaan.

Hierdie is simptome wat ek in hierdie een persoon raakgesien het. Daar is nog baie meer simptome van CPTSD. Uit die aard van die saak het ek die persoon verwys na ‘n psigiater omdat ek dink medikasie die persoon kan help om met die simptome saam te leef. Die volgende stap is nou om op so ‘n wyse deur elkeen van die traumatiese belewenisse te werk dat die persoon ‘n keuse kan maak oor hoe hulle as “survivors” van trauma kan leef. In die meeste gevalle kan simptome van PTSD en CPTSD uitgeskakel word.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: