Daar is verskeie gemoedversteuring wat met angs gepaard gaan, bv. paniekversteurings, obsessiewe kompulsiewe versteuring, ‘n fobie, of algemene angs versteuring. Ek wil enkele opmerkings maak oor algemene angsversteurings.
Algemene angstigheid kan beskryf word as oormatige kroniese angstigheid en bekommernis oor alledaagse situasies wat moeilik is om te beheer, en ‘n negatiewe uitwerking het op iemand se alledaagse funksionering.
Angstigheid veroorsaak die volgende:
- Moegheid
- Slaapprobleme
- Spierspanning of spierpyne
- Bewe, rustelose bewegings
- Senuweeagtigheid
- Sweterigheid
- Naarheid, diaree
- Geirriteerdheid
Die volgende is voorbeelde van dinge wat moontlike angs kan veroorsaak:
- Om laat te wees.
- Iets wat ek vyf minute terug gese het.
- Iets wat ek vyf jaar terug gese het.
- Mense wat aan my raak.
- Om in ‘n plek te wees wat oorvol is.
- Om op geskree te word.
- Wonder of mense van my praat.
Hierdie dinge is egter die indirekte oorsake van algemene angstigheid. Elkeen van hierdie kan gesien word as die sneller (trigger) wat ‘n bepaalde reaksie, angs, in ‘n persoon na vore laat kom. Die persoon het geen beheer oor die reaksies nie. Die reaksies is moontlik daar as gevolg van enige een of meer as een van die volgende:
- Verskille in die funksionering en chemiese balanse in die brein
- Genetika
- Verskille in die manier hoe bedreigings waargeneem word
- Ontwikkeling
- Persoonlikheid
- Sekere lewenservarings
Die belangrike hiervan is dat elke persoon wat met angstigheid saamleef kan onthou: My angstigheid is nie my keuse nie. My angstigheid is nie my identiteit nie. Ek is nie ‘n angstige mens nie. Ek is iemand wat geneig is tot angstigheid.
Algemene angsversteuring het die potensiaal om die lewenskwaliteit van mense negatief te beinvloed. Die goeie nuus is egter dat dit hanteerbaar is. Wanneer ‘n profesionele persoon (soos bv. ‘n psigiater) die regte diagnose maak en medikasie voorskryf, en ‘n terapeut die persoon kan help om vaardighede aan te leer om die situasies te hanteer en raak te sien hoe hulle op sekere reageer, het die persoon wat met angstigheid saamleef werklik die kans om ‘n nuwe lewe te leef.
Laat 'n boodskap