TRAUMA A.G.V. COVID-19

Ek het onlangs 'n Trauma Insident Reduksie (TIR) Werkswinkel bygewoon waar ek toegerus is om 'n TIR Fasiliteerder te wees. Onder andere het die werkswinkel my bewus gemaak van die teenwoordigheid van TRAUMA rondom my. 

Een van die redes waarom ek besluit het om die werkswinkel by te woon, was omdat ek in my pastorale werk in die gemeente agtergekom het dat die COVID-19 Pandemie vir baie mense ‘n traumatiese belewenis was.

‘n Traumatiese gebeure is enige insident wat fisiese, emosionele, geestelike of psigiese letsels in ‘n persoon se lewe veroorsaak. Uit die aard van die saak reageer mense verskillend op traumatiese gebeure. Sommige mense toon geen sigbare tekens nie, terwyl ander met ernstige emosionele reaksies daarop reageer.

‘n Traumatiese gebeure wat meer aandag om hantering vra is enige gebeure wat die persoon met ongewensde gevoelens of emosies laat. Covid 19 het alreeds tot ‘n verskeidenheid tekens van geestesongesteldheid aanleiding gegee. Tekens soos: angs, depressie, posttraumatiesestresversteurings.

Uit die aard van die saak het mense verskillende ervarings gehad tydens die COVID-19 pandemie. Sommige was in hierdie tyd

  • baie ernstig siek en het lang tye in die hospitaal deurgebring;
  • ander moet leer om met die gevolge van die siekte saam te leef;
  • baie mense het familielede en vriende aan die dood afgestaan;
  • baie kon nie afskeid neem van sterwende familielede en vriende nie;
  • baie kon nie die begrafnis bywoon nie;
  • baie moes siek familielede versorg;

Daar is ook ander belewenisse wat baie mense met ongewensde gevoelens gelaat het. Belewenisse soos:

  • sosiale afsondering as gevolg van blootstelling/kontak;
  • sosiale afsondering en isolasie as gevolg van regulasies;
  • verlies aan werk;
  • verlies aan inkomste;
  • werk van die huis af met ‘n huis vol kinders of ander mense;
  • neem van moeilike mediese besluite;
  • vriendskappe en ander verhoudings wat nie die tyd van isolasie en afsondering oorleef het nie;
  • skoliere en universiteitstudente wat van die huis af met behulp van internetverbinding moes werk;
  • mense wat sekere mylpale misgeloop het – bv. matriekafskeid; belangrike verjaarsdae; herdenkings;
  • families wat mekaar nie kon sien nie.

Die pandemie is ook nog nie verby nie. Die volgende golf word op hierdie dwarsoor die wereld verwag. In hierdie tyd het mense nodig om gehoor te word en gehelp te word om sin te maak van hulle belewenisse. Nadat ek die werkswinkel bygewoon het, is ek oortuig dat met behulp van Trauma Insident Reduksie fasilitering kan mense onder andere die volgende resultate verwag:

  • Verligting van angs, skuld en vrees oor die toekoms;
  • Vermindering van indringende en ontydige gedagtes en herinneringe oor die traumatiese belewenis;
  • Verlies van die mag wat sulke belewenisse oor jou het;
  • Verligting van selfverwyt oor wat jy moes/kon of nie moes/nie kon gedoen het (nie).

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: