NIV, CULTURAL BACKGROUNDS STUDY BIBLE

51exor2b1sel-_sy344_bo1204203200_Ek loop toe oor die naweek op Amazon  hierdie besondere boek raak: New International Version – Cultural Backgrounds Study Bible. Ek het verskeie van NIV se studie Bybels op my rak. Wat hierdie een so besonders maak is dat dit die leser gaan help om die Bybel meer binne die ontstaanskonteks te lees.

Kyk byvoorbeeld na hierdie sin waarmee die Studiebybel begin:

Even though the Bible was written for us, it wasn’t written to us.

Net daardie sinnetjie slaan elke moontlike poging om die Bybel letterlik-fundamentalisties te lees vir ‘n ses.

Jy kan tog nie ‘n brief wat vir iemand anders geskryf is reg verstaan as jy nie weet wie die persoon is vir wie die brief geskryf is, wat die omstandighede van die skrywer en die eerste leser was en wat aanleiding tot die brief gegee het nie. Daarmee saam sal ‘n brief wat iemand aan die begin van die 20ste eeu uit ‘n konsentrasiekamp aan iemand anders skryf, anders gelees word as ‘n whatsapp boodskap op ‘n selfoon.

Dan staan daar ook hierdie sinnetjie op di eerste bladsy:

So even though everything in it is for all time, not everything in it is for all circumstances. The better we understand the circumstances a passage originally addressed, the more confidently we can reapply its message to appropriate circumstances today.”

Ek dink hierdie Bybel is bruikbaar vir elke persoon wat ernstig is oor die lees van die Bybel.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: