ZUPTAKRASIE – TOESKOUER OF DEELNEMER

Die feit dat die ANC, soos ek verwag het, nie daarin kon slaag om Zuma en sy korrupte kornuite te stuit nie, het my met ‘n warboel van emosies gelaat.

maxresdefaultVanoggend (5/3/2017), terwyl ek en twee kollegas saam die Bybelteks vir Sondag se prediking lees, vertel een van die kollegas vir ons van die kunstenaar Marina Abramovic. Marina is nie onbekend nie en een van haar aangrypende kunswerke wat op video vasgelê is, het redelike reaksie uitgelok. Die een waarvan ek vanoggend gehoor het, het ek nie van geweet nie.

Die naam van die kunswerk is Rythm 0. Die kunswerk het behels dat Abromovic stilstaan terwyl die gehoor uitgenooi is om met haar te doen wat hulle ook al wil. Hulle kon enige een van die 72 voorwerpe wat sy op die tafel geplaas het gebruik. Op die tafel was ‘n roos, ‘n veer, parfuum, heuning, brood, druiwe, wyn, ‘n skêr, ‘n skalpel, ‘n rewolwer en een patroon. Volgens haar was die doel van die kunswerk om uit te vind hoe ver mense sal gaan.

Die instruksies was die volgende:

There are 72 objects on the table that one can use on me as desired.
Performance.
I am the object.
During this period I take full responsibility.

Duration: 6 hours (8 pm – 2 am)

‘n Kuns kritikus wat die geleentheid bygewoon het, het as volg daaroor berig:

It began tamely. Someone turned her around. Someone thrust her arms into the air. Someone touched her somewhat intimately. The Neapolitan night began to heat up. In the third hour all her clothes were cut from her with razor blades. In the fourth hour the same blades began to explore her skin. Her throat was slashed so someone could suck her blood. Various minor sexual assaults were carried out on her body. She was so committed to the piece that she would not have resisted rape or murder. Faced with her abdication of will, with its implied collapse of human psychology, a protective group began to define itself in the audience. When a loaded gun was thrust to Marina’s head and her own finger was being worked around the trigger, a fight broke out between the audience factions.”

Abramovich se eie woorde na die afloop van die kunswerk:

“… if you leave it up to the audience, they can kill you.” … “I felt really violated: they cut up my clothes, stuck rose thorns in my stomach, one person aimed the gun at my head, and another took it away. It created an aggressive atmosphere. After exactly 6 hours, as planned, I stood up and started walking toward the audience. Everyone ran away, to escape an actual confrontation.”

‘n Ander kommentator maak die volgende opmerking:

When the gallery announced the work was over, and Abramović began to move again, she said the audience left, unable to face her as a person.

Hierdie kunswerk het my aan ons situasie in Suid-Afrika laat dink.

Die weerlose, kwesbare, vuisvoos bevolking van hierdie mooi land is die kunstenaar. Die ANC (nie meer net Jacob Zuma) nie, is die gehoor.

Die ANC het hulle kans om ons van ‘n wrede, selfsugtige en uiters gierige  diktator te bevry, verspeel. Derhalwe het die ANC geen ander keuse nie as om mede-verantwoordelikheid te aanvaar vir dit wat nou gebeur en in die toekoms gaan gebeur. Die toeskouers, die ANC, het die uitslag van ‘n verkiesing verstaan as dat ons as kiesers volle verantwoordelikheid aanvaar vir wat die ANC ookal met ons doen.

Dit lyk nou vir my dat indien ons ons lewens en die toekoms van ons land aan hierdie regering oorlaat, sal hulle ons vernietig en selfs doodmaak, soos die Marikana-slagting bewys en die nuwe minister van Polisie Fikile Mbalula nou weer dreig, met betrekking tot die mense wat gaan deelneem aan protesoptogte teen Jacob Zuma en die kragtelose en lam ANC.

Onder die leiding van Jacob Zuma en in opdrag van die Guptas het die ANC hulle skuldig gemaak aan sosiale verkragting.

Ons as blanke Afrikaner sal moet vra: Waarheen nou? Gaan ons staan en toekyk terwyl ander risikos neem om ‘n duidelik roepende stem te wees?

One thought on “ZUPTAKRASIE – TOESKOUER OF DEELNEMER

Add yours

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: