Liewe lidmaat
Die NG Kerk as instelling wil nie in party-politiek betrokke raak nie. Tog kon ons oor die afgelope jare nie swyg wanneer die president en regeringslui so optree dat dit die vrede, versoening en geregtigheid van ons mense in gedrang bring nie. Die kerk het immers ‘n profetiese roeping om geregtigheid na te jaag en om veral die stem te wees vir die magteloses en die wat deur beleid en sisteme buite rekening gelaat word of benadeel word.
Die NG Kerk het daarom die afgelope jare saam met die ekumeniese kerk in Suider-Afrika profeties geprotesteer teen verskeie vergrype van die regering en in die besonder teen die optrede en leierskap van die president, mnr. Jacob Zuma. Lees voort “SKRYWE VAN DIE NGK MODERATUUR”