6 April – Gesinsdag (of nie)

Vandag is ‘n amptelike vakansiedag in Suid-Afrika, Gesinsdag. Een van die eerste opmerkings wat ek vanoggend op Facebook raakgesien het was die vraag: Onthou jy wat op 16 April 1652 gebeur het?

Ek het geskiedenis tot in matriek (Graad 12) gehad. Ek weet dus dat dit die dag is waarop Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het. Saam met hom en sy vrou en sy seun was daar 82 ander mans en 8 vrouens. Hulle het met drie skepe, die Dromedaris, Reijger en De Goede Hoop, aan die Kaapse kus geland. Die oorspronklike bedoeling was dat hulle van die Kaap ‘n halfweghuis sou maak waar skepe op pad na Indië sou aandoen om vars kos op te laai.

Aanvanklik was die bedoeling nie om die Kaap de Goede Hoop te kolonialiseer nie. Tog is nege van die gesinne in Februarie 1657 vrygelaat om langs die Liesbeeck Rivier te boer. Hierdie nege gesinne het later bekend geraak as die Vryburgers. Hulle kon soveel grond kry as wat hulle in drie jaar kon bewerk. Hulle produkte is weer terugverkoop aan Van Riebeeck met die doel om vars produkte te voorsien aan die skepe wat by die Kaap verbyvaar. Teen 1659 het die Vryburgers genoeg produkte geproduseer om enige verbygaande skip te voorsien. Die Khoisan wou nie op die plase werk nie, derhalwe is slawe ingevoer van Batavië en Madagaskar.

Die grond waarop die Vryburgers gevestig het, was uiteraard op daardie stadium deel van die grond wat deur die nomadiese groepe Khoikoi en die San gebruik is. Hier het die eerste konflik ontstaan. Van Riebeeck wat vanuit ‘n kultuur gekom het waar dinge op ‘n burokratiese en skriftelike manier hanteer is, het te staan gekom teenoor die Khoikoi en die San wat nie op die manier gewerk het nie en geen skriftelike  bewyse gehad het dat die grond aan hulle behoort het of deur hulle gebruik is nie. Toe Van Riebeeck weier om die eiendomsreg van die Khoikoi en die Sam te erken, het die eerste gewapende opstand in 1659 begin. Hierdie weerstand of opstand sou vir 150 jaar duur.

In 1952, met die drie-honderd jarige herdenking van Riebeeck se aankoms in die Kaap, het 6 April ‘n amptelike vakansiedag geword, wat tot en met 1980 bekend gestaan het as Van Riebeeck dag. In 1980 is die naam van die dag verander na Stigtersdag. In 1994 is weggedoen met die vakansiedag en sedertdien word dit gevier as gesinsdag.

Maar, hier is my vraag. Het dit nie tyd geword vir ‘n multikulturele gesprek oor die rol van kolonialisering in Suid Afrika nie? Ek weet nie of die verskillende groepe in hierdie land werklik ‘n idee het watter emosionele bagasie gepaard gaan met hierdie nie. Iets daarvan het na vore gekom in opmerkings wat Pres. Zuma hierdie jaar gemaak het en toe natuurlik Zelda la Grangé se reaksie daarop.

Die rol wat kolonialisme gespeel het is nie beperk tot Suid-Afrika nie. In haar boek Decolonizing Preaching, The Pulpit as Postcolonial Space lewer Sarah Travis ‘n baie besondere bydra tot die gesprek. Gun my een aanhaling uit haar boek uit:

“… the term ‘postcolonial recognizes that we exist in a state of continuity and discontinuity with colononial/imperial projects. That is, we are still living the consequences of colonial history and encountering colonialism in contempary guises.”

Die lees van die boek het my die vraag laat vra: Het dit nie dalk nodig geraak dat ons in hierdie land hieroor na mekaar begin luister en mekaar se belewenisse hoor nie?

3 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

3 responses to “6 April – Gesinsdag (of nie)

  1. Werner Olivier

    Toe ek hierdie lees Attie,toe verlang ek darem terug na die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat ons in die skool geleer het van Jan van Riebeek af tot die Anglo Boereoorlog en selfs die tydperk daarna.Ek dink dit is ‘n goeie idee om in gesprek te tree met die verskillende groepe betreffende kolonialisering,maar dink die tyd is nog nie ryp daarvoor nie om die volgende redes:Die standbeeld debakel wat wyer uitkring.Die geskiedenis wat ons op skool geleer het, is lankal van die tafel afgevee en word misken.
    Afrikaans word nek omgedraai veral as akademiese taal.So kan talle voorbeelde genoem word.As ons respek vir mekaar se geskiedenis,kultuur,
    taal,agtergrond ens kan kry,dan is dit beslis moontlik om in gesprek te tree,maar op hierdie stadium?Ek dink nie so nie.
    Groernis.

  2. Christelle

    Bitter belangrik om te weet wat hierdie merkwaardige man in sy joernale geskryf het. Hy was die tweede Noag.

  3. Werner, ek wonder net of daar nie juis deur gesprek ‘n nuwe waardering vir mekaar se belewenis van die geskiedenis kan kom nie. Op hierdie stadium leef ons by mekaar verby.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s