Van Gelder en Zscheile het my bewus gemaak van die belangrikheid van ‘n Trinitariese ekklesiologie. Daarmee saam natuurlik die reeds bekende (In teologiese kringe ten minste) onderskeid tussen die Weste en die Ooste se verstaan van die Triniteit. Ek wil nie regtig daardied verskil bespreek nie, maar ten minste net dat daar in die laaste twee dekades in besonder ‘n nuwe ontwaking in belangstelkling van die Triniteit is. DIe kerk praat reeds sedert Karl Barth van ‘n Trinitariese missiologie. Daar word die mees besondere goed gepubliseer oor ‘n Trinitariese spiritualiteit.
Wat van besondere belang is, is dat daar ‘n nuwe belangstelling is in die relasionele(verhoudings-)aard van die Triniteit. “The Trinity is seen as a community whose orientation is outward, and whose shared love spills over beyond itself. Moreover, the concept of perichoresis , or the mutual indwelling/interpenetration of the three persons in a dynamic, circulating movement, has offered rich analogies for human interdependence and relational community.” (Van Gelder en Zscheile p 104) Die mens wat na die beeld van God geskep is, is dus ‘n interfahanklike en verhoudingswese waar daar vir die individualisme van die laat modernisme feitlik geen ruimte is nie. Geen mens vertoon die volle wese van God nie. Slegs in die mensgeworde Seun van God het die volheid van God liggaamlik kom woon. “In this trinitarian perspective to be a person is to partiicipate in others’ lives, to have an identity shaped by other persons, rather than to be an isolated individual.”
Op hierdie punt is die Trinitariese verstaan van kerk wees belangrik en baie waardevol. “Ecclesiology – and mission – involves partaking in a shared, interdependent, common life as the body of Christ in which difference is not cause for division.” (Val Gelder en Zscheile p 107) Die implikasie hiervan is dat die kerk nie ‘n versameling individue is wat bymekaar kom sodat daar in hulle persoonlike geestelike behoeftes voorsien kan word nie en selfs nie om goed te doen in die wêreld nie. Die kerk se lewe word gekenmerk deur ‘n deelname aan God se lewe, wat niks anders kan wees as die lewe van God in die wêreld nie.
“Relarional trinitarian theology gives us a vision of God as a dynamic community of mutuality, openness, difference, and love that makes space for others to participate. These qualities define the image of God in which we are created.” (Van Gelder en Zscheile p 107) Wat sou gebeur as die kerk haarself begin verstaan as ‘n gemeenskap wat gekenmerk word deur eenheid, openheid, andersheid en liefde waarin daar ruimte is vir ander om juis met en ten spyte van hulle andersheid deel te neem aan God se werk in hierdie wêreld?
Wat sou gebeur as die NG Kerk, wanneer sy moet stem oor die wysiging van Artikel 1 van die kerkorde dink, aan hoe haar stem die Trinitariese beeld van God in God se wêreld gaan kommunikeer? Gaan haar stem ‘n stem van eenheid (mutuality), openheid, andersheid en liefde wees?
So bly ek wonder…
Middag Attie,
Ek sien die sluise van die hemel is nou weer oop oor Belhar – die keer onder rie vaandel van die wysiging van Artikel 1.
Gister het dit gehandel om die wat “nee” stem ruimte te bied vir die wat “ja” gestem het. Hiedie “teorie” gaan moeilik vlieg by die gewone lidmaat,; waarvan ek een is.
Vandag handel dit weer oor Art. 1 vs Triniteit. Ek staan vewonderd oor die verband wat getrek (probeer) word.
My kommentaar vandag is ‘n baie algemene opmerking: Dit wil vir my voorkom oor die afgelope aantal jare dat die NG Kerk ‘n baie “oop sienning” (by gebrek aan ‘n beter woord) het.
– Die wat aan die Satan glo moet ruimte laat aan die wat nie aan Datan glo nie.
– Die wat “nee” stem vir Art 1 moet ruimte laat vir die wat “ja” stem.
– Die wat nie saamstem met saambly verhoudings moet ruimte laat vir die wat dit wil doen.
– Dan is daar ook nog die gay debat ook waaroor ek terwille van goeie verhoudings, nie oor wil praat nie, behalwe dat daar ook ruimte moet wees vir albei.
– Dan is daar ook nog die kleindoop vs die grootdoop / nekeringsdoop / oordoop. Ruimte moet vir alle vorme van doop gelaat word.
Hoekom al die “ruimtes” wat vir alle idiologië, leerstellings, beginsels, ens . gemaak word.
My afleiding is dat die NG Kerk die dinge doen om te verhoed datvdie al kleiner wordende lidmaat getalle nie verder daal nie deur ruimte te laat vir alles en almal.
Ek vertrou egter my afleiding is nie reg nie. Ek wag vir dievdag dat die kerk ook besluit dat jy God kan aanbid, maar ook ruimte laat om enige ander god ook te aanbid – of is ons reeds daar?
Die kerk spandeer te veel tyd en energie aan Belhar, of dan Art 1 terwyl “Rome brand” en dit my liewe vriende is my bekommernis.
Johan, kan ons nie maar aanvaar dat ons nie met agendas en bymotiewe werk nie, maar dat ons eerlik oor hierdie dinge worstel nie. As ons mekaar deurlopend met ‘n gesindheid van agterdog bejeën, dan kom ons nêrens nie en dan is geen gesprek meer moontlik nie. Kan mens nie maar byvoorbeeld gesels oor hoe die kerk die beeld van die Triniteit na die wêreld kommunikeer nie, in plaas daarvan om mekaar te beskuldig van agendas en bymotiewe.
Terwyl hierdie saak behandel word is ons gemeente byvoorbeeld saam met verskeie ander gemeentes in die Moot tegelykertyd ook besig met ‘n wonderlike reis van die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes wat besig is om vir ons nuwe perspektiewe oop te maak en so gaan ons nie by “Rome wat brand” verby nie.