DIe wysiging van kerkorde Artikel 1 is in sekere kringe hoog op die agenda van dit wat tans besig is om in die NG Kerk te gebeur. Ek dink ek behoort van die begin af my kaarte op die tafel te sit. Ek is van mening dat lidmate van die NG Kerk “Ja” moet stem vir die wysiging van Artikel 1. Die redes waarom ek so sê, is die volgende:
Eerstens maak die nuwe Artikel 1 voorsiening vir belydenisse wat nog nooit in die kerkorde vervat is nie. Op hierdie stadium maak die Artikel net voorsiening vir wat ons ken as die Drie-Formuliere van Eenheid (Die Nederlandse Geloofsbelydenis; dIe Dordtse Leerreëls en die Heidelbergse Kategismus) Een van die wat nou genoem gaan word is die Apostoliese Geloofsbelydenis. Die Apostoliese Geloofsbelydenis is die belydenis wat bekend is by die meeste van ons lidmate omdat ons dit dikwels tydens eredienste bely. Die ander twee belydenisse is die belydenisse van Athanasius en Nicea. ‘n “Ja” stem sê maak hierdie belydenisse ook deel van die belydenisgrondslag van die NG Kerk.
Tweedens skep die wysiging van Artikel 1 ruimte vir diegene wat die Belharbelydenis as in ooreenstemming met die Woord van God beskou en wil bely. Lees voort “NG Kerk: Wysiging van Kerkorde Artikel 1. ‘n Mening.”